Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Taliep en David se Ghoema: Deel 2

Lize Odendal

Taliep Petersen en David Kramer Sy het David Kramer in Kaapstad oorkant haar sitgemaak en geis dat hy moet vertel hoe mens die woorde vir songs skryf. So tussen die gelag oor die ou volksliedjies en filosofering oor Suid-Afrika se geskiedenis het Lize n man ontdek wat nie bang is om n ding te vertel soos hy is nie. n Man wat passievol glo in die helende krag van musiek en die kreatiewe proses.

David l effe vorentoe: Jy weet, fluister hy vertroulik, daardie songs was kodes. Hulle het glad nie gegaan oor die dinge wat die mense gedink het hulle gaan oor nie ... Ek sien voor my die FAK-mense hul hande in die lug gooi en bloos. Heerlik. Elke joernalis lewe vir sulke scoops.

Ja, en ...? por ek hom aan. Soos ...? Ek hou my pen gereed en wag dat hy die le spasies invul.

Wel, stel jou voor jy sing Vanaand gaan die volkies koring sny, koring sny, en vanaand gaan die volkies koring sny ... As hulle nie van koringsny sing nie, waarvan dink jy praat hulle regtig?

Ek vergeet skoon dat ek eintlik n onderhoud met David moet voer oor Ghoema, die musiekblyspel wat in November deur hom en Taliep Petersen by die Baxter-teater in Kaapstad op die planke gebring word.

Die slawe het onder hierdie paternalistiese sisteem gewoon en gewerk, wei hy verder uit. Hulle is soos kinders behandel. En soos skoolkinders met hul onderwysers spot, so het hulle met hul base gespot. Hulle het kodewoorde gebruik: die baas was altyd Tata of Oompie en die nooi was Mema of Tannie. En water was n kodewoord vir n vrou se geslagsdele.

Ek begin lag soos n stout kind wat n gewaagde grappie op die skoolgrond gehoor het. Die rietjie wat in die water l en kinders moenie in die water mors nie, die ou mense wil dit drink ... Laat staan nog n suikerbos wat n naam vir n huis vir losse sedes was ... En die jakkals wat in die wingerd kom dwaal en die boer se goed kom steel ...

Ons por mekaar tot groot giggels aan. Maar dan word David ernstig. Hy het ver gaan soek na die ghoemaliedjies wat in die blyspel gebruik word. Bitter ver. In argiewe en op die internet, en gaan gesels met toeka se mense hieroor.

Die ghoemaliedjies is satiries. Hulle is uit en uit n gespottery met die dinge wat om die slawe aangegaan het. Het jy geweet dat hier in die jare 1700 die slawelosie niks anders as n staatsbordeel was nie? Sowat 75 persent van die slawekinders het wit pas gehad, vertel David.

Dit was hierdie geskiedenis wat hy en Taliep wou vertel. Die geskiedenis wat tog so maklik vergeet kan word. Want dis ook die geskiedenis van Afrikaans en van Afrikaanse musiek. Dis n lewende geskiedenis. Vandag word ghoemaliedjies elke jaar geskryf vir die Nuwejaarsfeesvieringe in die Kaap. En jy moet jou storie ken as jy dink dis maklik om sommer te weet waaroor dit gaan. Fyn luister is n voorvereiste om werklik hierdie kuns te waardeer.

Dis n moeilike ondewerp, erken hy, baie moeilik. Mense dink jy wil vingerwys en ou dinge opgrawe. Dat jy hulle wil laat skuldig voel. Dis hoekom hulle besluit het om nie n tipiese slawestorie te skryf oor n ou en meisie wat verlief raak nie. Hulle wou nie n slave story gemaak het nie.

In n revue kon hulle regte karakters uit die verlede gaan haal, rondspring tussen tydvakke en so n verweefde verhaal vertel wat meer sin maak omdat dit in n sekere mate meer eg is. En so kon hulle ook die musiek toelaat om die verhaal te vertel. Want eintlik, s hy, kon hy bitter min feite kry. Die meeste inligting is maar bespiegeling.

Ghoema het eintlik kort na District 6 al by hom en Taliep beslag gekry. Maar dit het jare se gemaal gekos voordat hulle gevoel het dis nou of nooit.

Jy weet, onthou hy, ek was clueless en vreesloos in my jeug. Ons het District 6 met 20 karakters op die verhoog gesit! Vandag is jy gelukkig as jy kan beskostig om vier hoofrolle te skryf ..., skud hy sy kop en glimlag.

Dit was Barney Simon van die Markteater wat dit aan hom uitgewys het dat hy nie n popster is nie. Jys n storieverteller, het hy vir my ges. En hys reg van my grootste invloede was Bob Dylan. Ekt nooit geweet eks snaaks nie. Ekt dit eers op die verhoog agtergekom.

Hy s hys eintlik niks anders as n stand-up comedian nie. Dis hoekom hy nog iewers in sy agterkop speel met die idee van n Royal Hotel musical. But its the journey, tob hy. Hy dink nie dit gaan gou op die verhoog wees nie.

Ek hou daarvan om te torring aan n song. So n draad te kry en dan te torring en te torring tot hy n lang draad vorm en begin sin maak, verduidelik hy die kreatiewe proses.

Ek begin meestal by die lirieke. Dis nie altyd so n goeie idee nie, want mens verval in slegte gewoontes. Jy moet elke song eintlik anders benader. Partymaal moet die melodie eerste kom. Ek kan nie klavier speel nie en dan gaan sit ek aspris voor die klavier om te speel. Daai accidents wat gebeur, is wat die beste songs maak.

Hy gesels oor hoe moeilik dit is om snaaks te wees. Enigeen kan n rympie skryf wat oppervlakkig ha-ha is, s hy. Maar om snaaks te wees, om mense te laat lag ... Dis baie makliker om mense te laat huil.

En dis hier waar die balans van n goeie musiekblyspel l. Daars ritme, ligtheid en donkerte, gekskeerdery en tragedie.

n Goeie revue moet kan asemhaal, verduidelik hy; mens moet vinnig met stadig kan afwissel.

Dan het hy sy s ges. Eintlik is hy n man van min woorde. Skamerig ook. Ek vra maar die gewone volgende vrae.

Die volgende musiekblyspel? Daarvan weet hy nog nie. Hy wil terug Namakwaland toe, musikante gaan opspoor en hulle opneem, want hulle word baie min. Dalk n boek skryf. Hy werk aan n play vir tieners.

En skielik vat die onderhoud weer vlam.

Weet jy hoe n groot rol het speserye in ons geskiedenis gespeel? gesels hy weer geesdriftig voort, en ek stap ure later uit die restaurant uit met deuntjies wat in my kop maal. En giggel weer soos n tiener: al slaan my ma my drie maal op my kop, dan staan ek op en kom ek weer ...

Mens is nooit te oud om te leer nie.





LitNet: 1 November 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.