Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Organiseerder Niel le Roux laat ’n klompie voëltjies uit die Nagtegaal-hok

Jean Meiring het Niel le Roux, organiseerder van die eerste Nagtegaal KKNK-kompetisie vir Nuutgeskrewe Verhoogtekste, gevra om enkele blywende indrukke oor dié taak van Herkules wat hy vanjaar verrig het, neer te pen.

Die Nagtegaal KKNK-kompetisie vir Nuutgeskrewe Verhoogtekste het vreeslik gewoon verloop — té gewoon na my sin! Nogtans was ek verstom oor die aantal drama-inskrywings: 92. En baie teleurgesteld oor die min kabarettekste.

My verklaring vir laasvermelde feit is dat die musiek volledig bygevoeg moes wees, en dat voornemende skeppers/komponiste/kabaretskrywers net nie genoeg tyd gehad het nie. My ander verklaring is dat ’n skrywer wat in die kabaretkategorie wil deelneem, nie noodwendig self die musiek kan komponeer nie, en dat alhoewel ’n medeskepper daarvoor betrek kan word, die onervare nuweling-skepper nie noodwendig weet wie om daarvoor te nader nie.

Die feit dat die volgende kompetisie heelwat vroeër — tydens KKNK 2003 al — geloods gaan word, en die feit dat volgende jaar se kompetisie nou reeds in die pers as ’n voldonge feit aangekondig is, mag dalk veroorsaak dat meer kabaretinskrywings inkom.

Ek was verbaas dat daar vroeg in die kompetisie reeds heelwat tekste opgedaag het en dat daar deurgaans ’n invloei van inskrywings was. Uit ondervinding weet ek dat daar gewoonlik ’n stortvloed inskrywings nét voor die sperdatum opdaag. Die rede vir dié abnormaliteit vanjaar het my al suf laat dink.

’n Klein interessantheid is dat ’n Stellenbosse student laat die Saterdagaand, die dag van die sluitingsdatum, na Hermanus, waar ek woon, gejaag het om ’n kabaretteks af te lewer. Hoe jammer dat dié berge versit nie gewen het nie.

’n Ander interessante aspek is dat die meerderheid deelnemers hul werke wou terughê. Om wat mee te maak, wonder ek? En het almal nie stiffies of genoeg stoorplek in hul rekenaars nie?!

Die lekkerte vir my was dat niemand, maar niemand, behalwe ek geweet het wie ingeskryf het nie. Die beoordeling was totaal anoniem. Ek was ook werklik beïndruk deur die vooraanstaande name uit die letterkundewêreld in die algemeen, die dramaturgie, die teater en die joernalistiek wat ingeskryf het. Ongelukkig sou dit oneties wees om diesulkes se identiteite te openbaar. Dink net aan die openbare vernedering vir so iemand dat hulle nie die paal vir die top tien gehaal het nie!

Daar was ook ’n groot gros totaal onbekendes wat ingeskryf het, vir wie ek effens jammer voel dat ’n gevestigde dramaturg gewen het: ’n totaal onbekende wenner sou uiteraard as inspirasie dien vir ander ontluikende dramaturge. Jammer tog daar is nie geld vir ’n afsonderlike debuut-wenstuk nie.

En die heel interessantste vir my is dat ek my beoordelaars se insig, voorkeure en ingesteldheid so goed ken dat ek, met die uitsondering van een (wat ek nog nie ontmoet het nie), uit die kortlys presies reg voorspel het wie watter teks as wenner sou aandui. Punte is soos volg toegewys: Eerste plek kry 10 punte; tweede, 5; derde, 3; vierde, 2; en vyfde, 1.

Al was die administrasie van die kompetisie sieldodend, sal ek die taak wéér onderneem, omdat ek enige kompetisie wat teaterverwant is, met passie ondersteun, want dit plaas die fokus op die afgeskeepte Suid-Afrikaanse teater. Verder is ek ook graag betrokke by alle aksies van die KKNK, want ek glo dat hierdie Karoofees die volk nie net van teater bewus maak nie, maar ook ’n liefde daarvoor kweek.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.