Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Tussen Vlaamse pillow talk en simple abundance doen die Stellenbosch Woordfees iets reg

Jackie Nagtegaal

Dis Dinsdag 4 Maart. My bloed het steeds Tassenberg-traces van Wingerdstok. Maar die Woordfees is aan die gang. Kobus! speel by Mystic Boer. En ek is after all hulle mŠinste groupie. Ek convince my moederlief om die pad aan te durf Stellenbosch toe en so die fees te begin op ’n kulturele noot. En natuurlik om vir Kobus! in action te sien. Ek probeer die groupie-netwerk te franchise. All ages.

Die show is ongelooflik. Francois Blom lees ’n paar poems. Hy sing dat die bloed uit sy mond loop soos heuning. Hulle performance kry dit reg om ’n lady van postveertig in ’n pienk linnehemp (my ma) te laat headbang op “Die Hoenderman”. En al wat jy kan doen is om ’n vodka shot by die bar te kry en ’n toast te drink, en saam met Kobus! te basuin: “Dit was ongoddelik super fokken main!”

Ja. Dis ’n goeie begin. Volgende was dit die Filosofiekafee by die Dorpstraat Teaterkafee. Skrywers en filosowe praat oor “wie?”, “wat?”, “waar?”, “waarom?”, “hoe?” en “wanneer?”. Die ses woorde waarop alles gebaseer is. En dit is immers die wůůrd waaroor ons fees hou. Ek wonder of iemand Írens gereken het dis ’n Bybelfees. Heel moontlik, as baie mense nie eens geweet het daar was ’n fees nie.

Die Filosofiekafee word goed aangebied. Die seremoniemeester, Ronnie Belcher, is op sy stukke. Willie van der Merwe praat oor wie. Briljant. Baie wyn volg. Baie woorde volg. Baie filosofiese grappies volg. Baie interessant. Dit eindig net voor twaalf. Die party skuif aan Mystic Boer toe.

Teen Saterdag is daar erg verwarde studente op die dorp. Totally confused oor hoekom party strate afgeblok is. Party van hulle is nÍrens genoeg om te dink dis vir die Argus. Go figure. Daar’s al posters op vanaf Januarie. Maar die meeste mense kyk verby die posters. Verby ’n hele fees. Maybe is daar mense in Oudtshoorn wat ook elke Aprilmaand verwilderd is deur die duisende mense, en nie eens weet dis ’n fees nie.

Okay, dis seker taking it too far. Maar wat my bekommer, is die feit dat dit meestal grys mense, en mense wat sterk op pad is om grys te word, wie die woord vier. Die res vee meestal hulle gatte daaraan af, of weet nie eens daarvan nie. Behalwe vir die Mystic-musiekfees. Al die bands. Miskien is dit goed genoeg. Dis steeds woorde. Net met backtracks en/of guitar solos.

Die ver-van-grys mense wat wel daarvan weet en effens geÔnteresseerd is, is afgeskrik. Want enigiets gekoppel met die “woord” en skryf is gesloot. Heilig, soos die Bybel, en met ’n “No Entry” sign.

Ek bly saam met ’n mooi, slim, blonde girl wat baie van pienk t-shirts hou wat cartoons op het. Ek het haar gevra om saam met my na een van die skrywerspraatjies toe te gaan. Sy weier. Sy reken sy gaan nie inpas nie. Te juvenile lyk. Fair enough, miskien is dit net haar eie insecurities. Maar dis ’n algemene geval. Dan vra hulle hoekom woon so min jongmense die fees by? Omrede daar een of ander elite konnotasie gekoppel word daaraan. Gots man, daar’s skaars boereworsrolletjie-stands!

So sluit hulle die “volk” uit. Veral die jonger deel van die volk. En die geskrewe woord is miskien amper extinct oor vyftig jaar. Want dan is Kannemeyer en sy garde nie meer hier nie. En as ek om my kyk by die Woordfees, sien ek bittermin substitutes. Dit is ’n ongesonde setup, met geen balans. Waar is die middeweg tussen “Bakgatboeke vir Babbelbekkies” en die “Skrywersgala”?

Die Woordfees is grootliks daar vir boeke. Maar daardie wÍreld is so snobisties en geslote dat ’n mens teater en musiek moet kry om ’n Woordfees moontlik te maak. Ek weet toneel en musiek is ook woorde en deel van ’n celebration, maar so word die punt gemis. Die shows kyk meeste mense by die fees, en ’n week na Wingerdstok, gedurende die MP3-festival en net voor Kaktus op die Vlaktes, is musiek miskien oortollig.

Ek sÍ nie ’n mens moet ’n paar Leon Schuster-movies speel in plaas van Korreltjie Niks Is My Dood nie — gots, asseblief nie! Die ander feeste cater daarvoor. Wat die Woordfees juis nice maak, is seker die feit dat dit meer gesofistikeerd is.

Elite of nie, met of sonder housemate, gaan ek toe Skrywersgala toe. Kry daar darem ’n paar verlore vriende. Die aand is effens uitgerek, maar wel die moeite werd. Dalene Mathee praat oor een van haar bosboeke. (Later die volgende dag wonder ek en ’n vriend of haar volgende boek se naam nie moontlik Stef Bos gaan wees nie. Watch this space.)

PJ Philander lees amper sy hele bundel voor. Highlights was daar wel deur Andrť P Brink, Etienne van Heerden en Tom Lanoye. Ek kry amper ’n orgasme om na Tom te luister. En so word die woord getransformeer vanaf elite na erg seksueel. Dit eindig met Antjie Krog. Sy lees voor uit Met woorde soos met kerse dat jy shivers kry. All in all was dit ’n goeie mix. Die seat raak bietjie hard. Iris Bester se stem hipnotiseer jou soos net RSG kan. As jy dit reggekry het om vir ’n paar smoke breaks uit te sneak, was dit fantasties.

Saterdag is onmenslik warm. Wie die hel dit so warm georder het vir ’n letterkundige fees is effens kens. Ek kies koers na die ouditorium in die biblioteek om ’n film te kyk (en vir die aircon). Jan en Jorie. Oor die lewe van Jan Rabie en Marjorie Wallace. Ek exit soos ’n kite. Who cares about the heat? Dis waarlik mooi. Ek is nie eers meer moeg nie. Amper soos om ’n E te doen. Ek en twee vriende drink ’n drink op die film en op simple abundance. Elke mens behoort dit te sien.

Daarna is dit tyd vir Antjie Krog en Tom Lanoye met Die stemme agter Mamma Medea by Protea Boekwinkel. Martie Meiring gesels met die twee. Ek is heeltemal te bevooroordeeld om iets daarvan te sÍ. Deels omdat ek net die hele tyd dink aan Lanoye se pillow talk (alhoewel dit ’n no-win situasie is) en omrede ek nog nie Mamma Medea gesien het nie. My kaartjie is reeds gekoop, en ek wag nou maar vir die KKNK.

’n Mens moet ’n paar goed ongelukkig mis. Ek moes Eva mis vir Filosofiekafee, ens. Maar keuses moet jy maak en ’n fees is net sů lank.

In die geheel was dit interessant, enriching en lekker. Genuinely lekker. Selfs sonder Kobus!, vodka en Tom Lanoye. Die algemene vibe was cool. Hoop net dat daar teen volgende jaar meer ver-van-grys mense ook by Protea ’n draai maak en nie net by Mystic Boer of Bohemia nie. Daar waar die fees begin en eindig.

Ek dink dis die volste wat ek die Mystic Boer nog ooit gesien het. Ek wonder of dit alles vir die woord is of nie. Ek doen soos ek aan die begin gedoen het. Stap bar toe. Order ’n vodka. Kyk na die hordes. Gots, die Woordfees moet iťts reg doen.

Daar is selfs ’n aantreklike digter op die dansvloer ...

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.