Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Nagtegaal se sang vanjaar stiller

Jean Meiring in gesprek met beoordelaar Francois Smith


JM: DagsÍ, Francois. Vertel asseblief van jou betrokkenheid by die tweede Nagtegaal-wedstryd. Die meganiek daarvan. En van die olie van vreugde en/of verdriet. Wie was jou mede-oordeelvellendes?

FS: Ek en die skrywer Jeanne Goosen was verantwoordelik daarvoor om ’n kortlys saam te stel - ons moes dus die sifting doen vir die groot kanonne. Die kortlys is dan beoordeel deur PG du Plessis, prof Salome Louw, Henry Mylne, Peter Voges, en Jeanne Goosen was die deurlopende beoordelaar. Die veronderstelling was dat ek en Jeanne elkeen ons handvol bestes kry en deur konsensus ’n hanteerbare kortlys saamstel.


JM: Vertel vir ons van die statistiek. Hoeveel tekste het op die “in”-rakkie beland. Hoeveel is ernstig oorweeg? Hoeveel was hartstillend goed? En hoeveel het die Huisgenoot na Shakespeare laat lyk?

FS: Daar is 36 tekste ingeskryf, 16 daarvan deur debuutskrywers. Ons kortlys was ’n skamele sewe tekste, wat miskien ’n aanduiding is dat die algemene gehalte nie watwonders was nie. Maar op die kortlys was immers, benewens die wenners, name soos Temple Hauptfleish, Hans Pienaar, Schalk Schoombie en Marga van Rooy.


JM: Was die tweede uittog ’n sukses? Wat is die redes hiervoor?

FS: As jy net na die aantal inskrywings oordeel, was vanjaar ’n mindere sukses. Verlede jaar is 90 tekste ingeskryf. Vanjaar was daar ook geen kabaret-inskrywings nie. Ek dink dit het met bemarking te make. Het genoeg mense deurentyd geweet van die prys? Lyk nie so nie. Waarom is Gys de Villiers se Aardklop-treffer Suip nie vir die prys ingeskryf nie?


JM: Waarheen van hier? Is die formaat die regte een om goeie nuwe tekste die lig te laat sien? Daar’s sekeres - soos ek - wat dink dat ’n meer interaktiewe, kundige-geleide, werkwinkel-gerigte proses beter tekste sal oplewer. Wat sÍ jy?

FS: Ek dink vanjaar moet die organiseerders sorg dat die prys voortdurend onder die aandag gebring word. Mense moet nie daarvan vergeet nie - hou dit in die nuus. Die slypskool-ding? Wie sal betaal? En sou jy byvoorbeeld vir ’n romankompetisie voorskryf dat die deelnemers eers leer skryf? Daar is talent. Ek dink die uitdaging is om mense te laat glo dit is die moeite werd om vir die toneel te skryf.


JM: Vertel ons van die wentekste. Wat maak hulle geslaagde dramas?

FS: Die wenteks Straties tref jou eerstens met sy sprankelende dialoog. Braam van der Vyfer weet hoe sy karakters praat. Hy laat jou skater, maar terselfdertyd betrek hy jou by sy karakters - ’n klomp wit plakkers buite Pretoria - se dilemma. En dis aktueel, nŤ. Wat die debuutwenner betref, was die taalvaardigheid vir my ’n versperring, maar iemand soos Henry Mylne het die potensiaal daarvan raakgesien. Hy reken Jacobs se drama is ’n soort Trainspotting - liefde, dwelms, seks wat letterlik ontplof. Gelukkig is daar ’n groterige beoordelaarspaneel van teaterlui wat die “vertaling” tussen teks en verhoog kan doen. Maar ek was ook beÔndruk deur Schalk Schoombie se Wetters - hopelik word hy nog opgevoer. Deel van die oogmerke van die prys is om ’n databank van dramas daar te stel - daaraan moet ook aandag gegee word. Die kompetisie lewer meer as net die wentekste op.


JM: Wat het jy vir Pieta Pampelmoes te sÍ wat Írens op die platteland in matriek is en die afgelope twee jare puik presteer by toneel-eisteddfods en haar hand aan ’n teks wil waag? Of aan die tante in Uitenhage met die puik storie wat sy al jare met haar saamdra, vas oortuig dat dit ’n tepeltrillende tableau sal uitmaak? Hoe maak hulle seker hulle stap volgende jaar met die lourierkrans en die sjekkels weg?

FS: Die kompetisie is oop vir enigeen, en aan die inskrywings merk jy mense verstaan dit ook so. Die Pompelmoese en Jannewaries skryf in - niks keer hulle nie. Maar as jy wil wen, moet jy weet waarvoor jy jou inlaat. As jy onseker is, woon ’n skryfskool by. My ervaring is ook dat daar weinig tekste is wat die skrywer se taalvaardigheid oorstyg. Met ander woorde, as die skrywer nie ’n ordentlike sin kan skryf nie, kan hy ook nie ’n drama skryf nie. En wees maar versigtig om Bybelverhale te probeer dramatiseer.


JM: Baie dankie, Francois, vir jou tyd en vir jou insigte. Finis, soos Plautus sou kon gesÍ het.

19 November 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.