Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Stercus Produksies bied aan: Moegoeman en die Afrikane

Persverklaring

Moegoeman en die Afrikane
Frieda van den Heever, Vuyo Mgijima, Floyed de Vaal en Stephanie Hough
Die produksie ondersoek, met behulp van satire, komedie en fisieke komedie, onder andere, die term Afrikaan deur vir Moegoeman (Militêre Operateur, EersteGraads, Onafhanklik, mEt MAgtigingsvlak iNternasionaal: reeks 23775), die regering se nuutste geheime wapen, op ‘n lewensgevaarlike sending te stuur om ‘n naburige despoot en outokraat permanent te verwyder, natuurlik stilletjies, maar redelik ondiplomaties. Moegoeman is opgelei tot vlakke wat ‘n recce sal laat bloos en James Bond na ’n WP-rugbyspeler sal laat lyk (maw Useless). Na vele avonture, en ondersteun deur sy Afrikaan’se en Afrikaanse span, kom ‘n paar gruwelike waarhede en dan ook onwaarhede op die lappe. Sy baas, Marina “Military” Masepo, is ook nie so onskuldig as wat sy voorkom nie, wat sorg vir meer skelmstreke as by ‘n regeringstendertoekenning.

Met vernuftige rekwisiete en ‘n spannetjie energieke akteurs word die hele Afrika vol getoer.

Sake word op ‘n spits gedryf as verskeie karakters ontbloot en ontmasker word, met verrassende resultate.

Die teks en regie is deur Gaerin Hauptfleisch, met Floyed de Vaal, Stephanie Hough, Vuyo Mgijima en Frieda van den Heever in die rolverdeling.

Moegoeman en die Afrikane is te siene tydens die Woordfees in die Klein Libertas Teater op 9 Maart om 18h00 en weer op 11 Maart om 14h00. Vir besprekings skakel (021) 8092859. Vanaf 14 tot 18 Maart is dit te siene by die Intimate Theatre in Kaapstad as deel van die Cape Town Festival.




LitNet: 09 Maart 2006

Wil jy reageer op hierdie inligtig? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.