Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Mans genoeg vir nůg middernagfeeste


Not the Midnight Mass-Q-Lyn

Met: Graham Weir, Donal Slemon, Mzwakhe Kheswa and Herman Hardick
Regie: Megan Choritz
Musikale regie en verwerkings: Amanda Tiffin
Klank en ontwerp: Simon Ratcliffe en Craig Leo.

On Broadway, Somersetstraat, Kaapstad
Tot 27 September 2003.

Kobus van der Merwe

Na die komiese opening van Not the Midnight Mass se vertoning Not the Midnight Mass?Q?Lyn, in ’n stampvol On Broadway, is dit duidelik dat hier geen nagmaal gebruik gaan word nie. Inteendeel, heilige koeie mag dalk net geslag word.

En om net doodseker te maak hulle word nie met ’n ernstige kerkkoor verwar nie, skop die groep af met ’n verfrissende verwerking van Johan Sebastian Bach se beroemde Toccata en Fuga in d vir Orrel. Die verwerking bly getrou aan Bach se oorspronklike toonsetting, maar ’n gepaste tong-in-die-kies-ondertoon is net-net te bespeur. Die groep harmoniseer mooi en veral die soliede basparty bind die verweefde kontrapunt in die fuga goed saam.

Geen vertoning in Groenpunt se bekendste teater is sekerlik volkome sonder ’n goeie skoot camp-draakstekery nie. Daarvan bied die groep heelwat, maar nie in oormaat nie. In ’n toonkrullekker item “Masculine women, feminine men” lewer hulle prettig kommentaar op gender-kwessies en die omgeruilde rolle van mans en vroue in die een en twintigste eeu. Die lewendige tempo en dinamiese styl van die lied word aangevul met bypassende koreografie (slap polse en al).

’n Hoogtepunt op die program is beslis die bekende “Cotton fields”, waarin Mzwhake Kheswa sy omvangryke register ten toon stel. Mzwhake het ’n lieflike baritonstem met ’n besonderse liriese kwaliteit wat mens waarlik hoendervel gee, veral in die hoŽr passasies.

Met die roerende “Gee jou hart vir Hillbrow” word daar hulde gebring aan Johannes Kerkorrel. ’n Effens oordramatiese vertolking doen egter diť eenvoudige ballade onreg aan. Die komiese aard van die res van die program veroorsaak ook dat enkeles in die gehoor — giggelend — die ernstige lirieke ironies interpreteer.

Die groep lewer ook ’n verwerking van Queen se “The show must go on”. Om egter Freddie Mercury se skoene vol te staan in ’n formidabele lied soos diť, vereis van selfs ervare kunstenaars stembande van staal. Effens wankelrige begeleiding en enkele intonasie-probleme saboteer ongelukkig Weir se soloparty, die effektiewe interpretasie ten spyt.

In die hedendaagse vermaaklikheidsbedryf, veral in die genre ligte musiek, waar kits-popsterre gemaak word en onoorspronklikheid en eentonigheid heerskappy vier, rus daar groot verantwoordelikheid by kunstenaars om kreatiwiteit aan die dag te lÍ. As dit by die vertolking van ander kunstenaars se musiek kom, moet die aanbieding daarvan opwindend en vars wees. In lewende optredes moet die uitvoerders nie slegs tegniese hindernisse baasraak nie, maar boonop vermaak.

Die Not the Midnight Mass-Q-Lyn-viertal kwyt hul goed van diť veeleisende taak deur die musikale nommers met humor te deurspek. Een van die snaaksste oomblikke was sonder twyfel die nabootsing van ’n groep ouetehuis-bewoners wat al te stuitig bob op Tom Jones se “Sex Bomb” gevolg deur die ewe vermaaklike “Kiss” van Prince.

Ook “When Doves Cry” van Prince kom aan die beurt. Die nabootsing van slaginstrumente is hier besonder realisties en mens kry waarlik die gevoel dat ’n volle rock-orkes die sangers ondersteun. Dis ’n duidelike teken van hul vernuf as verhoogkunstenaars.

As een van Suid-Afrika se mees gevestigde sanggroepe het Not the Midnight Mass al vele metamorfoses ondergaan. Mag hulle die grense van lewendige a cappella-optredes bly verskuif.

19 September 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.