Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Maal voort, susters!

Kobus van der Merwe

Reality Mince

Elke Sondag- en Dinsdagaand by On Broadway, Somersetstraat, Kaapstad.

Met die intrapslag is dit duidelik waarom die manne van Mince Kaapstad se gewildste fopdos-paar is: Hierdie girls het styl. In uitrustings van Hip-Hop en Gavin Rajah, en met haarstyle wat die mees byderwetse dames onder Kaapstad se hoëlui groen sal maak van jaloesie, steek Keiron Legacy en Lilly Slaptsilly in Reality Mince die draak met die voortslepende realiteitstelevisie-gier.

Hul dinamiese vertoning bestaan uit ’n aantal kort musikale sketse met uitstekend gekoreografeerde danspassies en effektiewe beligting. Mince slaan die spyker op die kop met hul verpersoonlikings van gay idole soos Eartha Kitt, Judy Garland, Ute Lemper en selfs Britney Spears.

In Reality Mince word dié musikale nommers afgewissel met vooraf-opgeneemde sketse. “Stop Idols”, “Big Bother” en “Surliva” dryf die spot met gewilde reekse wat tans op televisie speel. Hulle kom ook die hoekie-vir-eensames-agtige internetklets-gier by. In dié kort sketse, wat herinner aan die styl van droë Britse reekse soos Smack the Pony, stel die talentvolle duo ook hul vernuf as akteurs ten toon.

Maar al het dié twee die kuns van lipsing vervolmaak, is dit hul stand-up komedie wat werklik vermaak. ’n Fyn balans word gehandhaaf tussen vlymskerp satire en skurwe humor.

Wanneer dit die gehoor se beurt is om onder hul geslepenheid deur te loop, is die ongemaklikheid leesbaar op elke senuweeagtig-glimlaggende mondhoek. So betree me Legacy dan die verhoog in ’n nousluitende, deursigtige wit kabaai. Agter die waas is ’n eina bikini net-net sigbaar. Die vertrek word gevul met ritmies-flikkerende strale lig. Haar wulps swaaiende heupe verlok die skreefoog-gehoor. Sy glimlag verleidelik en maak dan oogkontak met ’n man in die voorste ry. Hy skuif ongemaklik nader aan sy vrou. Met haar smeulende blik steeds op hom gerig, stap me Legacy pronkend nader en haal ’n visitekaartjie uit haar bikini-bostuk. Teësinnig neem hy dit by haar. Sy glimlag effe verleë as haar mond die woorde “call me” vorm soos sy die verhoog verlaat. Hy lag, duidelik verlig.

Een van die komiese hoogtepunte van die vertoning is beslis Slaptsilly se weergawe van ’n Carol Burnett-skets. Wynglas in die hand en aan ‘t stook aan ’n sigaret, lewer sy ’n baie oortuigende interpretasie van die grappige Burnett. Haar uitstekende vermoë om die nabootsings haar eie te maak, beïndruk deurgaans.

Met die afsluiting getuig die Mince-paar se tydelike “ontmaskering” van hul veelsydigheid as verhoogkunstenaars wanneer hulle hulself as twee boy-band-lede voordoen. Maar dit is veral die dramatiese voorlaaste skets wat mens bybly — ’n besoek van Her Imperial Majesty, die koningin van alle fopdossers. Legacy se perfek gegrimeerde gesig is dié slag pruikloos; haar boodskap is treffend: fopdossers, oorspronklik van ’n ander planeet, oorleef jare lank al op aarde met die doel om die onbevooroordeeldes onder die mensdom te vermaak. Of soos hul leuse dit so mooi opsom: “To live and let live until we cannot walk in stilettos any longer.”

Reality Mince is ’n mallemeule van kleurryke fopdos-vermaak — net die regte terapie vir hierdie teaterganger se blou Sondag.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.