Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Meester leer met satire sy les

Cor Scholtz

Die Meester
Drama deur MM Walters
Regie Juanita Swanepoel
Met Johann Nel en Pieter Retief
Klein Libertas Teater, Stellenbosch
30 Maart 2004
Ook by die afgelope KKNK

Satire is die kuns om deur middel van humor op ernstige sosiopolitieke kwessies kritiek te lewer. Wanneer dit slaag, word ’n belangrike boodskap op so ’n wyse oorgedra dat dit ook vermaak. Mimesis, hiperbool en ironie is die literÍre werkesels wat hiervoor moet sorg. MM Walters, digter, dramaturg, en oudonderwyser en -dosent, word alom gereken Afrikaans se grootste satirikus te wees. Gewoonlik het hy sy poŽtiese mes vir die dogmatiese en georganiseerde godsdiens in bundels soos Cabala (1967) en Apocrypha (1969) geslyp.

In Die Meester is die onderwerp van sy spot egter die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel oor die dekades heen. Hierin trek Johann Nel binne die bestek van omtrent ’n uur die mantels van ’n hele aantal karikature in die Suid-Afrikaanse onderwysgeskiedenis aan. Daar word heerlik die spot gedryf met die belaglikhede en verwronge waardes van ons onderwysstelsel, terwyl bytende kommentaar gelewer word op die heersende ideologieŽ wat die jeug van ons land se gedagtes oor die afgelope eeu gevorm het.

Diť stuk het dit oor min of meer twee tydvakke. Eers is daar die Afrikaner-nasionalisme se obsessie met die “volk”: die volk se geskiedenis, die volk se taal, die volkskultuur. En dan die huidige ministerie se beter deursetsyfers-georiŽnteerde beleid wat lei tot rekordgetalle eersteklas-matrikulante, maar eerstejaars op varsity wat nie behoorlik kan lees, skryf en reken nie.

Uiteindelik lÍ die swaartepunt van die stuk in die hede. ’n Satire se trefkrag maak daarop staat dat dit relevant en aktueel is. Dit is ook in die tweede helfte waarin ’n ernstiger toon bespeur kan word: dis nie meer maklik om ’n grap te maak oor die krisis waarin die onderwys verval het nie. Leerlinge word in die steek gelaat deur impotente uitkomsgebaseerde onderrig, onderwysers voel ontnugter in ’n ondankbare beroep en verlaat die land om dieselfde ondankbare werk ten minste vir beter vergoeding elders te gaan doen.

Hier het ek gevoel raak die stuk amper-amper prekerig, maar oor die algemeen is Walters se waarneming sekuur, sy vernuf met taal virtuoos: met ’n geoefende poŽtiese hand word rym dikwels ingespan om belaglikhede te ontbloot. Dis voorwaar ’n uitstekende teks, maar sonder die speeltalent van Nel (ťn Swanepoel se regie), vermoed ek, sou dit nie naastenby so effektief gewees het nie.

Die Meester laat mens ietwat pessimisties, maar vermaak nietemin met woord en spel.

Minister Asmal, as u vanjaar by die fees was, hoop ek u het een van diť meester se lesse bygewoon.



LitNet: 15 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.