Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die kalf moet it


Martie Meiring praat met Jean Meiring (geen noue verwantskap nie) oor die Suidoosterfees, wat op 3 en 4 Oktober by die Skiereilandse Technikon plaasvind. Ook word ’n aantal koeitjies en kalfies oor die kunstefeeste in die bre uitgeruil.


JM Nog ’n kunstefees, kan ’n mens die sinici hoor sug. Ng ’n fees! Waarom die Suidoosterfees?

MM Mense moet maar sug. Feeste gaan daar nog baie van kom. Dis ’n wreldtendens. Die Suidoosterfees voorsien in ’n bepaalde nismark en is ook plek-aangewys, naamlik die Kaapse Vlakte-omgewing.

JM Hoe het jy by die fees betrokke geraak? Wat is jou rol daarin? Jy’s mos ook by Aardklop betrokke, n?

MM Uit hoofde van my Aardklop-betrokkenheid en ook as deelnemer aan die gedagtes rondom die nodigheid vir so ’n fees. Ek is ’n interfering direksielid.

JM Waar het die idee van die fees ontstaan?

MM Twee jaar gelede by Christa van Louw en die vroue van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans. Die idee het gegis uit die begeerte om ’n nouer band tussen alle Afrikaanssprekendes te bewerkstellig. Die uitgangspunt was dus om Afrikaans as grondtaal te vestig in ’n fees in ’n omgewing waar Afrikaans die dominante taal is, maar waar ander Afrikaanse feeste nie toeganklik is nie.

JM Wat maak hierdie fees anders, of beter, as al die ander?

MM Suidooster se andersheid l daarin dat dit as ‘t ware ’n uitnodiging is van die een deel van die Afrikaanssprekende wreld aan die ander deel. Om ’n soomlose verbintenis te maak tussen mense van kleur en sogenaamde wittes. Ook, het ons gedink, die ontploffing van talent in die sogenaamde bruin wreld moet bekend gestel word. Maar ons wou ook dat die Modderdamweg makliker deur die Noordelike voorstede oorgesteek moet word en daarom het ons die werklik indrukwekkende Skiereilandse Technikon gekies as venue vir hierdie fees.

JM Dink jy die Suidoosterfees, en die ander grotes, bou werklik aan die fondasies van ’n toekomstige sterk teater? En hoe?

MM Kunstefeeste word nou ernstig gedaag om sterk teater aan te moedig en te bedryf. Suidooster sal beslis aan hierdie ideaal ook werk. Vanjaar is juis een van die belangrikste Afrikaanse toneelstukke in die kanon, Kanna hy k Hystoe, as vlagskip aangepak.

JM Wat opwindends is in die teateraanbod?

MM Suidooster (of soos hy reeds genoem word, Sedoos) het ’n balans gekies tussen erns en ligte vermaak; die teenwoordigheid van wit, bruin en Xhosa is belangrik. Sinergie met ander feeste is geskep: Jan en Jorie van die Kalfiefees gaan ook na Aardklop voor dit by Suidooster aangebied word. Omdat hier ook na gehoorontwikkeling gekyk word, is die klem uiteraard op komedie eerder as op baie ernstige drama. Engelse stukke, soos Joe Barber en Peter Voges se stories, asook Miss Kwa Kwa, is spesifiek gekies om die begrip tuis te bring dat Sedoos ’n Afrikaanse fees is wat graag sy deure na buite oopmaak en almal wil innooi. Natuurlik is daar ook die prikkelende Jakes Gerwel-gesprekkereeks wat spesifiek kyk na nierassigheid en nie gaan skroom om ‘76 en ‘94 sterk onder die loep te neem nie.

JM Dit wil vir my soms voorkom asof die (Suid-) Afrikaanse feesindoenas — en ek s dit met al die respek wat verskuldig is — hulself so met die rug teen die muur beskou dat hulle nie by die venster kan uitsien nie. Weet die mense wat in SA die kunstefeessepters swaai van ander feeste — klein en groot, soms ordinr, soms uiters raar — wat die wreld oor plaasvind? Sal dit nie ’n goeie belegging wees vir al die groter feeste om geld in ’n katjie te gooi en ’n jongelied in die plaaslike bedryf oor die waters te stuur om ’n spul sulke feeste by te woon en dan terug te rapporteer nie?

MM Die feesindoenas, soos jy s, weet van en besoek nogal wat in die wreld gebeur. Terugvoering, interaksie en sinergie is aan die bod en toenemend sal jy vind dat ’n wisselwerking van in- en uitvoer van produksies gaan plaasvind. Die jongelied waarvan jy praat behoort eintlik regtig te konsentreer om die standaard van tekste, regie en goeie teaterbestuur te verbeter. Ons vind dat jong inskrywings dikwels sulke fantastiese begrotings aanvra dat ons in feesbesture die indruk kry dat hulle (die jonger deelnemers) nie eintlik regtig ernstig is nie.

JM Die insulariteit van die Afrikaanse feeste verstom my telkens. Ja, goed, daar’s geen Afrikaanse rolprentbedryf nie, maar is dit nie al hoe meer rede om wyer te kyk en ’n warboel wonderlike films elders uit Afrika by ’n fees te wys nie? Om die pragtige, fyn webbe van elders te sien nie? En om dan moontlik in die proses uit te vind hoe ’n land soos Senegal daarin slaag om talle films per jaar in ’n plaaslike taal soos Wolong te maak.

MM Veral die MNet Afrika-films is reeds by feeste vertoon, maar dis duidelik dat die rolprent as genre by kunstefeeste nog ’n vraagteken is. Tans is dans byvoorbeeld die genre wat sterk ontwikkeling toon in die toename in gehoorgetalle. Omdat ons ook glo en dankbaar is dat spesifieke filmfeeste aan die toeneem is by goedingerigte lokale, sal dit dalk die aangewese ding wees om film en verhoog voorlopig geskei te hou. Maar dat “Afrika” ’n groter teenwoordigheid by ons feeste moet kry, is nie altemit nie.

JM As jy moes terugsit en jou o krities moes kaats oor die afgelope tien jaar se verwikkelinge in die Afrikaanse teater — die geboorte van die feeste, die grotes en die talle luidrugtige kleintjies — wat sou jou oordeel wees? Sou jy stilweg ween of boertig lag? En waarom?

MM Ween sou ek nie. Boertig, miskien bietjie lag. Maar darem dankbaar wees dat ons darem nog feeste kan hou — al is dit om ’n Miss Oesfees of ’n halfwas musiekfees iewers te hou. Die kunstefeeste wat ernstig is, besef dat dit ’n lewensvatbare en — verskoon die toon — noodsaaklike kunsevenement is. Onderling word gesprek met mekaar gevoer; sinergie word nou ernstig aangepak. En die verantwoordelikheid om in die afwesigheid van ’n ingeligte en hulpvaardige owerheidskanaal en bron op te tree maak juis dat baie noulettend na die kunsteontwikkeling omgesien moet word. Ons taak is om gehoorontwikkeling te doen, om te voorsien in die toenemend verarmende kulturele identiteit van al die groeperinge in ons samelewing. As dit klink asof ons wat met kunstefeeste doenig is, ons nogal ietwat aanmatig, so be it. Feit bly, die kalf is in die put. Die kunstefeeste wat hul sout werd is, moet daardie kalf uitgrawe.

21 Augustus 2003

boontoe / to the top


NOT FOUND