Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kraai die teater koning op die land se mishoop?

Naomi Maartens

“Wat is die posisie van die skone kunste in die land?” noem ek die onderwerp aan Marthinus Basson oor die telefoon toe ek die afspraak maak.

“Kak,” antwoord hy. “Watter dag pas jou?”

Ek ontmoet hom by die Oude Libertas-teater in Stellenbosch, saam met die hele span akteurs wat oor ’n halfuur sal begin repeteer. Terwyl ek na ’n kamer agter die verhoog beweeg, vra ’n man wat ’n luidspreker op die verhoog opstel waaroor die onderhoud handel. Dieselfde dialoog volg verbatim, maar di slag is dit nie Marthinus Basson wat die antwoord gee nie. Dit lyk of hy nie die enigste een is wat so voel oor die kunste se posisie nie.

Liefde en logika

Hy moet begin dink aan sy nonaftrede, s hy, as ek hom vra hoekom hy dan nog by die kunste in die land betrokke is. Hoe gaan hy medies na homself kyk en sulke dinge?

    As ek dt moet doen, moet ek beslis uit die kunste uit. En dis nou die afgelope drie jaar wat ek elke slag vir myself s: “Gaan, gaan, gaan,” maar dan kom daar ’n projek op en dan val ’n mens vas. En as ’n mens een keer in die teater ingekom het en jy’s baie lief daarvoor, is dit baie moeilik om logies daaroor te dink.

    Want ek dink dis ’n enorme voorreg om betrokke te wees by die kunste. Dis een van die min werke waar jy te doen het met hede, verlede, fantasie, werklikheid, die donkerste dele van die mens se gees, die ligste dele van die mens se gees en ek dink daar’s min ander werke wat daardie omvang het waar jy kan speel met kennis of beweging, ritme, klank en tyd. En omdat ek heel per toeval in die kunste geindig het, is dit amper vir my nog moeiliker om heel per toeval daar uit te val. Dis opwindend om teks te kry, dis opwindend om te sien wat jy uit mense en uit jouself kan kry. Dis ’n ewigdurende kompetisie op ’n manier.

Totdat jy omval

Hy gaan voort:

    Dis een van die goed wat jy kan doen totdat jy omval. As jy ’n aktiewe sportman is, moet jy een of ander tyd ophou. Met die kunste — die teater — is dit ’n kwessie van hoe ouer jy word, hoe ryper raak jy. Dis vir my persoonlik een van die grootste tragedies in die land, dat as jy begin kyk na hoe om mense aan te wend, dan is daar so bitter min van hulle oor. Daar is so min om van te kies, want daar is nie meer regtig ’n bedryf nie. Dit het halfpad te doen met die klomp wat almal televisie toe gevlug en groot geld gaan maak het en gewoond geraak het daaraan, en die ander deel is dat daar op die oomblik nie eintlik befondsing is vir die kunste nie.

    So daardie rypwordingsproses is hier amper vernietig. As jy na Europa toe gaan, en jy sien die mense wat elke dag op die verhoog staan — sommige van hulle tot 86 jaar oud — en nog altyd speel, dan gee dit ’n heeltemal ander kwaliteit aan die werk. Hier by ons is daar ’n klomp jongmense wat ’n merk wil maak en hulle speel met wonderlike entoesiasme, maar dis baie selde dat jy rypheid op die verhoog kan kry. En ek dink dis ’n moerse gemis.

    Ek dink nie ek het op hierdie stadium regtig met ’n alternatief vorendag gekom nie. Ek is nie geskool in televisie nie, so dis nie asof ’n mens soontoe kan gaan nie. Ek dink in elk geval nie televisie is op hierdie stadium so opwindend nie; dis nie asof daar meer ’n interessante dramareekse gemaak word nie. Dis meer sitkoms en die sitkom-styl is iets wat ek nog altyd probeer vermy het op die verhoog. So die keuses is nie so breed nie; so ’n mens is ook maar vasgeval in wat jy maar moet. Maar ek sal dit so stel: ek beskou myself regtig as ongelooflik bevoorreg om in die kunste te kan werk. Dis ’n ongelooflik opwindende werk.

Die boodskap is waaroor die drama gaan

Ek vra of hy reken ’n teaterstuk moet ’n boodskap h. Hy antwoord onmiddellik.

    Wel, ek moet s ek persoonlik voel dis waaroor drama gaan. Dis hoe dit ontstaan het. Dis hoekom dit daar is, in die eerste plek. ’n Deel daarvan is vermaak, maar ’n deel daarvan is letterlik opvoeding. Die Griekse dramas is almal geskep omdat ’n boodskap oorgedra wou word; nuwe idees word oorgedra aan die publiek. Om die waarheid te s, niks daaromtrent het eintlik verander tot heel onlangs nie. Trouens, die publiek is betaal om teater toe te gaan. Soos wat ons tot heel onlangs nog geborgde kaartjies gehad het. Vir elke R30 wat iemand neergesit het om teater toe te gaan, is daar R30 deur die staat neergesit om daardie produksie moontlik te maak. In die geval van opera, drie keer meer as die onkoste van die persoon se sitplek. So in ’n sin, deur daardie verantwoordelikheid aan te gaan teenoor die kunste, het dit ges jy het belang en jy wil h mense moet luister.

Die drama se boodskap hoef nie logies te wees nie; dis ook deel van die funksie

Wat van die “boodskap” van dramas?

    Ek dink die produksies wat ek die sterkste oor voel, was dit wat iets te s gehad het. En dis nie altyd in ’n logiese sin nie, soms ook heel onlogies, soos Boklied. Dit het ’n heel belangrike funksie vervul binne my persoonlike lewe en ek dink dit het ’n belangrike rol gespeel by ’n fees soos Oudtshoorn ook, waar dit in kompetisie gaan met die aanvaarde norme. Dis ook deel van teater se funksie. So dis nie altyd dat dit iets konkreets s nie — dit kan ook iets heel vaag s, wat mens nie ’n honderd persent weet wat dit is nie — maar tog word die grense verskuif. Mense voel anders: f hulle word kwaad, f dit lok reaksie uit. En ek dink dis wat teater behoort te wees. Dit behoort reaksionr te wees, op een of ander manier. Ek sou s geborgde drama behoort reaksionr te wees. Ek dink nie geborgde drama behoort gemaklik te wees nie. Selfs die Griekse komedies het ’n boodskap gehad — selfs al was dit satiries en het dit gespeel met die realiteite van die samelewing.

    Daaraan het ons ’n tekort. Ons het hopeloos te min skrywers en die rede hoekom mense nie skryf nie, is dat daar nie geld daarin is nie. Dit is ongelukkig jammer, maar dit is soos wat dit is. Wat moet ’n stuk s? Ek dink nie mens kan voorskriftelik daarmee omgaan nie. Ek dink ’n stuk moet s wat hy wil s. Hopelik s dit iets van so ’n aard dat dit die moeite werd is om na te luister — ’n mens wil tog nie na niks luister nie.

Skrik hom disnis vir die man op straat in Suid-Afrika

Hy vertel as wie hy Jan Alleman sien (die een wat in Suid-Afrika die teater sou kon besoek).

    Die man op straat hier in Suid-Afrika verskil natuurlik enorm veel van die man op straat in Belgi, waar ek nou onlangs gewerk het. Die man op straat in Belgi sal hom doodskaam as hy nie na die teater toe gaan nie — en as hy nie kan praat oor wat daar aan die gang is nie. Want as hy in die kroeg staan en sy bier drink — soos alle Belge drink na enigiets wat hulle doen — dan moet hy tog iets h om oor te praat en daardie iets is baie keer die teater. Dis hoekom daar enorm veel jong Belge is wat in die teater sit, want dis ’n belangrike vorm van sosiale uitdrukking. Ek het dit heel interessant gevind, byvoorbeeld: daar is nie raves nie en daar is nie groot disko’s nie. Dis alles praatkafees of dan dansplekke, klein soos hierdie vertrek. Mense voer gedurig debat met mekaar — f oor die politiek, f oor die ekonomie, of dan oor teater. Hulle het altyd iets nodig om oor te praat en in daardie sin vervul teater dan ook ’n baie belangrike funksie. Hier is miskien te veel afleiding, daar is te veel stres en te veel paniek, maar ek moet s as ek dink aan die algemene man op straat hier in Suid-Afrika as ek my broer gaan besoek of oor Kersfees in die karavaanpark saam met hom gaan bly, dan moet ek s ek skrik my disnis vir die algemene man op straat.

Hy sit vorentoe en s nadruklik:

    Dit is so bar in hierdie land. Die hele ding draai rondom geld en drank en drank en geld en plesier en besittings en ek vind dit heel hol.

Hulle wou te toeganklik raak; kuns moet uitsonderlik wees

Daar is al gepraat van die teater se weird en wonderful, wat die algemene publiek nie begryp nie. Moet die teater toeganklik en verstaanbaar wees?

    In daardie sin moet ek s dis vir my tragies, want dan het die 35 jaar se bestaan van die streeksrade totaal gefaal. En ek dink deel van die rede hoekom hulle gefaal het, is dat hulle te hard probeer het om toeganklik te wees. As jy kyk na wat gebeur het by die Nico onder Kruik toe die Hofmeyr bestaan het, was daar ongelooflike produksies waarby mense reg om die blok probeer inkom het. Die Nico het geopen en ewe skielik moet dit finansieel aanvaarbaar wees en daar moet plek wees vir die mense om te gaan sit en die goed het al meer populisties begin word. Dit het gel tussen volksteater en geindig by populistiese teater. Ordinr. Daar is niks meer uitsonderlik daaraan nie.

    En ek dink dis waarheen kuns tog poog — dit probeer uitsonderlik wees. Net soos wat die sportman gaan probeer om hor te spring as wat enigiemand voor hom nog ooit gespring het, is dit wat die kunste konstant mee besig is. Die meeste van die tyd val hy plat op sy gesig as hy daardie een oomblik wel oor die lat gaan, jy weet. En ek dink teater moet poog om uitsonderlik te wees en ek moet s, die produksie wat ek die afgelope tyd die meeste geniet het, was Anna van Wyk. Maar ek sou dit nie kon doen as ek Boklied nie gedoen het nie. Dit was asof Boklied iets losgeskud het in my wat my laat voel het ek kan ook uitdagend wees as regisseur binne ’n normale teks, in stede daarvan om met te veel piteit met teks om te gaan.

    Ek moet s, ’n mens raak benoud as jy dink Orkney snork nie is waar dit eindig. Dan sou ek s ek is diep bekommerd. Maar ek dink mense word nie meer genoeg blootgestel nie, ek dink daar is nie meer reisende groepe nie, daar is nie meer ’n kultus rondom akteurs nie — wat als bydraend is tot die faktore hoekom mense teater toe gaan. Hulle wil tog iemand sien na wie hulle opsien of wat ’n rol uitstekend vertolk — en al is dit dan ook snobwaarde, ek dink dis ’n wonderlike enjin om ’n mens vorentoe te dryf.

Omdat jy sterk genoeg glo in wat jy doen

Dis vir hom tg opwindend as iemand sy kuns verstaan. Hy s hy het met twee mense gepraat wat nog nooit in die teater was nie en wat Anna van Wyk gaan kyk het.

    Hulle het gn probleem gehad het om die metafore te verstaan nie, of die abstrakte bewegings, of die feit dat ’n man in ’n rok is — en nooit vir ’n nkele mblik aan homoseksualiteit gedink het soos wat die kritici graag daarna sou wou kyk nie — maar hom bloot aanvaar het as ’n verteenwoordiger van iemand wat nie meer bestaan nie. Dit was regtig vir my opwindend — dat jy ’n ongeletterde persoon — as jy dit so kan noem — so ver kan neem, as jy sterk genoeg glo in wat jy doen.

Hy sug oor die volgende onderwerp

    Ja, swak bywoning is ook ’n vreemde ene. Dis vir my baie interessant hoe goed voor ’n mens se kop gegooi word. Daar is vir my ges die bywoning van Johnny Cockroach was swak en ek weet dit was nie. Daar was stukke wat veel beter gedoen het as byvoorbeeld “kom-l-en-fok-my-teater” soos Boy Band, wat sommige aande gespeel het vir sewe mense in die Operahuis. Ons het vierhonderd mense ’n aand gehad. So daar kan nie ges word dis swak nie, nie direk na Kersfees en Nuwejaar nie.

Oor die algemeen dink Marthinus daar is baie faktore hoekom mense toneel swak bywoon: ’n stad se infrastruktuur en die akteurs se verlies van status, noem hy as voorbeelde.

    Dis baie moeilik om in die stad rond te kom. Ek, byvoorbeeld, besit nie ’n motor nie. So ek gaan nie teater toe in die aand nie, want dit kos my ’n honderd rand ’n aand om veilig by die huis te kom. Die treindienste is afgryslik. Ek bedoel — daar’s nie ’n gemaklike infrastruktuur waar mense met gemak kan rondbeweeg en gaan vir ’n drankie na die tyd in ’n plek by die teater of naby die teater of ’n keuse het nie.

    Die kunstefeeste, daarenteen, dink ek vervul ’n baie belangrike rol en daar kry jy gehore. Ek dink nie enigiemand doen toneel om mense uit die gehoor te hou nie. Ek dink elke mens wat werk, werk ernstig omdat hy die teater wil vol h.

    Dis miskien soms moeiliker om daar te sit as ander kere. Maar ek dink as ’n mens bietjie verder kon dink as die feeste, of meer gereeld die feeste kon rondskuif, daar meer van die topproduksies van die feeste kon rondbeweeg deur die land, sou ’n mens definitief weer ’n gehoor kon opbou. Dan kan jy die fees gebruik as ’n goeie bemarkingspunt, waar status gebou word. En daar vervul tydskrifte soos Insig en De Kat baie belangrike rolle, want hulle bou status. En in die Engelse pers kry jy nie ekwivalente van hulle nie. Daarvoor haal ek my hoed vir hierdie tydskrifte af; hulle bou nog status vir die kunste. En die mense lees dit tog en die mense praat tg daaroor. Daar kom tog ’n buzz. En die goed gaan beter deur word of mouth as deur resensente. Resensente vind ek in elk geval tot ’n groot mate ongelooflik onverantwoordelik. En selfsugtig soms. En ’n mens s dit nie om goed te praat wat swak is nie, maar baie kere praat hulle sommer net tjol, jy weet.

Die vicious circle van bywoning: as mense nie van ’n stuk gaan hou nie, maak dit daardie stuk nie minder belangrik nie

    Dis uiteraard ’n vicious circle om te praat van bywoning. Jy kan nie altyd net goed doen om tweeduisend mense te wil inh op ’n aand nie. En as jy kom by kuns is die raamwerk nie so honderd persent duidelik soos by ’n besigheidsbesluit nie. As mense nie van ’n sekere stuk gaan hou nie, dan maak dit daardie stuk nie minder belangrik om te doen nie.

    En dis waar die ekonomie van die ding so swaar l. Ek voel die grootste sondebok in die hele nuwe bestel is dat teater moet verantwoordelik wees vir sy eie inkomste. Want dan het jy met die skerpste sensuur te doen. En dit is uiteraard moeiliker om die kunste te borg, want hulle het geen sigbaarheid op die televisie nie. Daar is nie advertensies nie en ek dink dit maak dit veel moeiliker.

    En ek is regtig bekommerd oor die befondsingstruktuur. Ek is verskriklik bekommerd oor die manier wat die regering hiermee omgaan. Ek hoor daar is nou ’n nuwe witskrif wat aanvaar gaan word wat begin anders kyk na die kunste, maar soos dit op die oomblik lyk, kan ons maar net sowel porno op die verhoog gaan sit. Ek is seker meer mense sal dit kom kyk. So dan word jou keuses baie beperk en baie banaal.

Hy weet nie wat sy posisie in die bedryf is nie.

    Ek dink as ek ’n keuse gehad het, sou ek graag in die posisie wou wees waar ek kan werk met talentvolle mense en om hulle te help waar ek kan om hulle rigting te gee. As ek kyk na jong regisseurs daar is soveel, soveel van hulle wat net nie die geleenthede gaan h nie. Ek was ongelooflik gelukkig om in die posisie te wees waar ek vir twintig jaar baie stadig kon ontwikkel. Ek het baie laat begin regie doen — op 33 eers — maar ek was binne ’n raamwerk waar, vir iemand wat totaal onseker was oor wat hy wou wees of wat hy wou h van die lewe, ’n mens kon ontwikkel en dan was ek ook bevoorreg om te kon werk met mense soos Neels Coetzee, Antoinette Kellerman, Jannie Gildenhuis, Keith Grenville, Michael Atikinson en Dawid Minnaar en om van produk na produk saam met hulle te kon gegaan het.

Kontinuteit

En die kwessie van kontuniteit met die akteurs?

    Dit is belangrik. Daar is ’n vorm van kontinuteit en dis deur middel hiervan wat jy agterkom waar l jou swak punte, waar is jou goeie punte, wat kan jy uit hierdie een slaan, wat kan jy nie uit daardie een kry nie want dit is ongelukkig soos met enige liefdesverhouding: daar word ’n chemiese reaksie tussen ’n akteur en ’n regisseur vrygestel. Jy hoef nie noodwendig vriende te wees met die mense nie, maar jy kan fantasties saamwerk. En die mense kry nie altyd die geleentheid daarvoor nie. Dit maak dit baie moeilik vir hulle om te ontwikkel en te verryp en hopelik te verdiep.

Wat is sy verbintenis en agtergrond met Breyten Breytenbach?

    Man, Breyten het ek letterlik geken van papier af tot ek eendag ’n oproep gekry het en hy het ges ontmoet my; hy het ’n stuk geskryf en ons het gekyk of ek dit sou doen en hoe ek dit sou doen. Dit is hoe diep my verbintenis met Breyten gaan.

    Sedertdien het ek ongelooflike respek vir hom ontwikkel. Ek weet duisende mense dink hy is geen skrywer vir die verhoog nie, maar dan kan ek ook terugs vir die mense wat so dink: hy skryf inspirerend.

    Hy forseer jou om op ander maniere te dink. Hy forseer jou om lateraal te dink, nie rasioneel nie.

    Daar is hierdie miskonsep in hierdie land dat alles ’n verhaal moet wees. Daar is soveel verhale om te vertel en mense s so graag hulle het ’n verhaal om te vertel, maar daar is soveel ander vorme van teater om te ontgin. En ek dink Breyten se manier van opleiding — hy is nie opgelei in drama nie en hy het goddank nie ’n eng begrip van drama nie — tap in ’n heeltemal ander ontwikkelingspunt in. Dis vir my opwindend om saam met hom te werk. Dis ook frustrerend en ons baklei ook. Hy het nou onlangs vir my ’n email gestuur en ges los my ’n bietjie uit. Maar ek vind dit opwindend om met hom te werk, want hy gee jou geleentheid om meer kreatief te dink as wanneer ’n mens ’n blote storie vertel.

    Skryf is soms ’n verskriklike harnas, jy weet, en in daardie proses maak jy dit nie noodwendig vir die publiek maklik om meer intutief te dink nie. En ek dink dis waaroor die kunste langtermyn gaan. Om nie altyd met die rasionele brein te werk nie, maar om lateraal te dink. Daaruit kom tog al die grootste spronge. Ek dink die kunste is ’n soortvan ’n voerbuis vir laterale denke. Teater kan dit definitief vervul en dis een van die goed wat ek sou dink fantasties kon wees — as die regering eerder 43 miljoen sou spandeer aan die kunste en nie aan bewapening nie. Ek dink ook dit s veel oor ’n land wat sulke besluite neem. Die kunste is definitief een van die meer helende dinge. Dis vir my soos nasionale paaie en gesondheid en behuising, en dis miskien nou regtig ’n baie kitsch ding om dit te noem, maar ek dink regtig kuns is ’n huis vir die gees. En die musiek is lopende water. Dis wat ek regtig glo, dis wat dit vir my is. So ek sou graag hierdie geld veel eerder op ’n positiewe manier aangewend wou sien as op ’n negatiewe manier.

“Ervaar u die verhoog se inkleding en die toneelstuk self op gelyke voet?” wil ek by hom weet, gedagtig aan sy betrokkenheid by albei.

Dit is vir hom onskeibaar:

    Ek is genoodsaak om sowel regie as ontwerp te doen.

    Gelukkig dink ek relatief visueel. Ek het maar per toeval in die teater beland; ek sou veel eerder ’n skilder wou wees — maar het dit nooit geword nie. Maar ek dink heel visueel. Vir my kom ’n oplossing baie keer eenvoudig visueel. Die twee gaan hand aan hand. Ek dink enigiets wat jy in ’n kaal ruimte sit, of jy iets daar sit of niks daar sit nie — dis van kardinale belang. Hoe jy ’n woord gebruik of hoe jy nie ’n woord gebruik nie, is ook ’n vorm van ontwerp. In daardie sin is die twee goed totaal verknog. Daar’s nie vir my ’n verskil nie. As jy moet keuses maak, sal ek s jy kan nie drama maak sonder akteurs nie. Maar ek is seker jy kan toneel maak met net ’n stel ook.

Sou hy voornemende akteurs aanmoedig om drama te studeer?

Hy dink bietjie en s dan ferm:

    Nee. Ek sny my keel af deur dit te s, maar wrom op hierdie stadium? Daar is veel werk wat gedoen moet word om strukture in plek te kry. Daar is nie geselskappe nie. As mense alleen op ’n verhoog wil gaan staan, kan hulle dit doen. Dis van kardinale belang dat daar geselskappe moet wees. Drama verskil van musiek, want as jy musiek studeer is dit een tot een. Maar in drama is dit ’n akteur saam met ’n klomp ander akteurs. Met ’n gehoor. Dis ’n collective. Daar moet ouer, jonger en middelslag-akteurs wees. Hulle moet saam dinge uitbaklei en iets nuuts skep. Maar voordat daar nie geselskappe is nie, sou ek s daar is nie ’n pad vir ’n akteur nie. Die wat nie mooi is nie, eindig nie in ’n soap nie. En vir ’n soap is looks en talent dieselfde ding. ’n Persoon leer nie toneelspeel in ’n soap nie, dis ’n skill wat jy aanleer. Jy speel dieselfde karakter vir die volgende dertig jaar. Net omdat ’n persoon vyf jaar lank dieselfde rol speel en ’n goeie inkomste daaruit verdien, maak dit nie van hom ’n akteur nie.

’n Akteur moet jy kan knie en brei en omvou

    Akteurs is iets anders: akteurs moet jy kan knie en kan brei en kan omvou — jy kan nie met een karakter dwarsdeur die lewe loop nie. So dis ’n heeltemal ’n ander dier. Op die verhoog kan iemand wat vet en dik is ongelooflik sexy wees, terwyl dit op ’n doek selde werk. Sodra iemand geld steek in ’n groot company sou ek s doen dit anytime. Maar hoekom sal iemand rugby speel as daar nie ’n Springbok-rugbyspan is nie?

Oor Afrika-elemente in die teater?

Dit hang vir hom af van hoe dit gedoen word.

    Die briljante jong Brett Baily kombineer hoogs suksesvol Japanese Butoh Teater met Xhosa rituele ; so dit hang af hoe mens dit kombineer en wat jou visie is. Ek dink net nie mens besef altyd in hierdie land dat selfs die mees banale goed wat jy aanvang, deurdrenk is van kombinasies hiervan nie. Ons is nie heeltemal Europees nie, maar ons is ook nie heeltemal Afrika nie, en daar is wonderlike konflik wat hieruit voortspruit. Skrywers het nog ’n lang pad om te loop as hulle vir die teater skryf, maar dink dan nou aan Reza de Wet en Breytenbach, wat albei fantastiese werk doen ... En selfs as jy partykeer moet forseer — maar dis die enigste manier wat jy kan vorentoe — forseer dan.

Kunste: Sirkus of verantwoordelikheid?

Vandag dink hy die kunste is ’n sirkus.

    Die feeste is ’n vorm van sirkus — jy eet jou disnis en ontmoet jou vriende en drink jou pap en tussen-in pas jy nog ’n klomp shows in — maar dis eintlik fantasties.

    Ek wonder net of die kunstefeeste weet daar’s ’n enorme verantwoordelikheid teenoor die kunste. Hulle speel ’n verskriklike belangrike rol in die oorlewing van dit wat oorgebly het. Ek dink hulle behoort meer saam te dink en ek dink daar behoort nog feeste te kom: in Pretoria, Stellenbosch of Kaapstad en Durban. Hulle behoort saam te dink en topproduksies rond te skuif, landwyd.

    Dis vir my baie belangrik dat kunstenaars in kontak kom met mekaar se werk. Omdat daar nie meer ’n kunsteprogram is nie, weet mense nie genoeg nie. Daar is min kommunikasie. Dis moeilik om te sien wat doen swart teater, omdat jy dit nooit sien nie. Die feeste is ook eksklusief: as ek nie soontoe moes gaan nie, sou ek nie op my salaris kon bekostig om dit by te woon nie. Dit moet meer toeganklik gemaak word. Die geld uit die lotery moet beskikbaar gemaak word hiervoor. Maar hoe meer geselskappe en hoe meer mense begin skryf, hoe beter. Ek kan nie vir jou s hoeveel talent ek oor die afgelope sewe jaar sien verlore gaan het nie: hordes en hordes. Dit maak jou gek. Of puik akteurs sit in soaps vas en hulle kan nie daar loskom nie. Iemand moet langtermyn dink en invest in ’n company.

Toe is die onderhoud verby. En die man met die siniese woorde ruk die deur oop en kan nie vinnig genoeg na die verhoog hardloop om te werk met die akteurs wat reeds gretig op hom wag nie.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.