Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Enkele los gedagtes by ’n gesprek oor “Die Media vs die Kunstefeeste”

OpStage het vir professor Louise Viljoen van die Department Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch gevra om enkele gedagtes neer te pen na aanleiding van die debat op 12 Augustus op die Matie-kampus oor die verhouding tussen die kunstefeesete en die media.

Die debat oor kunstefeeste in Suid-Afrika is ’n komplekse een met vele kante. Veroorloof my ’n observasie van die kantlyn af wat waarskynlik nie veel gaan help met die oplos van die praktiese probleme waarmee die rolspelers in die kunstefeesbedryf te kampe het nie.

Na aanleiding van die (geregverdigde) waarneming dat kunstefeeste die neiging het om te ontaard in dronkenskap en brassery het iemand by die debat oor “Die Media vs die Kunstefeeste” gevra of die woord kunstefees nie ’n teenstrydigheid bevat nie. Hoort die konsepte kuns en fees hoegenaamd bymekaar en is hulle enigsins versoenbaar met mekaar?

Hierby kon ek nie anders as om te dink aan die Russiese denker Mikhail Bakhtin, wat onder andere in sy werk oor die geskiedenis van die romangenre geskryf het oor die Middeleeuse karnaval nie. Volgens Bakhtin was die Middeleeuse karnaval die teenoorgestelde van die somber, amptelike feeste en het dit aan mense die geleentheid gebied om hulleself tydelik te bevry van die gesag van die vernaamste magsliggame van daardie tyd, die Kerk en die Staat. Dit was ’n geleentheid waarby die gewone orde totaal en al omgekeer is: range, norme, voorregte, dogmas, gebooie en verordeninge is in so ’n mate opgehef dat die gewone mens by wyse van spreke die gesag van die koning of die pous kon uitdaag deur letterlik sy stert vir hom te wys. Dit was ’n geleentheid waarby die monoloog wat vir die res van jaar gevoer is deur die Kerk en die Staat, op vreugdevolle wyse uitgedaag kon word deur ’n roesemoes van verskillende stemme en deur ’n oneerbiedige gelag. Dit was dus ’n geleentheid waarby gevestigde grense oorgesteek is en verstarring teengewerk is. Bakhtin lÍ veral klem op die feit dat hierdie grensoorskryding ’n proses van groei en wording is.

Miskien gee Bakhtin se idees oor die Middeleeuse karnaval ons ’n nuwe perspektief op die brassery, partytjies en dronkenskap by kunstefeeste wat mense so ontstel. Dalk is hierdie verskynsel verwant aan die karnavalgees wat Bakhtin in so ’n positiewe lig sien. Vir baie feesgangers is die fees ’n ruimte waarbinne hulle die grense kan oorskry wat hulle in hulle daaglikse lewens inperk. Hierdie oorskryding van grense kan iets heel besonders wees wanneer feesgangers in die proses sekere grense in hulle denke en ervaring kan versit as gevolg van dit wat hulle by die fees ervaar. Die ervaring van kuns is juis een van die maniere waarop ’n mens tot die oorsteek van grense uitgenooi word. In hierdie opsig het die begrippe kuns en fees (in die Bakhtiniaanse sin) dus wel iets met mekaar gemeen. As feeste mense kan bring by ’n uitdaging en bevraagtekening van die verskillende monoloŽ wat vandag opnuut op ons afgedwing word deur eeue oue instansies soos die Staat, die Kerk, Geldmag (vul maar self in), het hulle, wat my betref, baie beslis ’n plek in al hulle uitspattigheid en onbesonnenheid. Volgens Bakhtin het alle vorme van baldadigheid ’n plek op die karnaval en is daar geen grense aan dit wat jy daar kan aantref nie.

Vir my is die gees van losbandigheid wat daar op feeste heers, iets onvermydeliks en moet dit ook tot op ’n bepaalde punt verduur word, al moet ek (preutserig) bely dat dit vir my minder plesierig is wanneer welvoeglikheid en medemenslikheid in ’n drankroes verdwyn. Dit is veral triestig wanneer die uitspattigheid lei tot verstarring en die bevestiging van bestaande denkpatrone eerder as die positiewe oorskryding van grense. Ironies gebeur dit dikwels dat die karnavalgees by feeste die monoloog van middelmatigheid en selftevredenheid bevorder waarbinne daar gerieflik binne die grense van die eie kraal geploeter word sonder ’n oomblik se nadenke of erkenning van dit wat ook anderkant daardie grense lÍ.

Kuns en fees behoort dus nie sulke uiteenlopende begrippe te wees nie. ’n Mens kan ongelukkig nie anders as om te sÍ dat hulle mekaar dikwels uitsluit in die vele feeste wat ons so graag vier nie.

Augustus 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.