Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Londen a cappella

Naomi Meyer

Wat die Fitzwilliam Museum in Cambridge, die kasteel in Praag, Newgrange Begraafplaas in Ierland, die Tate Modern Kunsgalery in Londen, Venesi se kanale, die Bordeaux-streek in Frankryk en die Temple Expiatiori de la Sagrada Familia in Barcelona gemeen het?

Die begeleide toer.

Die begeleide toer is bietjie van ’n dobbelspel: soms is dit ’n goeie idee, ander kere nie.

Dit help as die gids op sy stukke is (en Engels verstaanbaar kan praat). Meestal is dit ’n gawer ervaring as mens nie reeds die betrokke dag twintig begeleide toere deur sestien Joodse sinagoges beleef het nie. Onafwendbaar gaan mens dit soms ongelukkig tref. Daar gaan tye wees dat ’n mens onderskat gaan voel, asof die gids dink dat hy inligting vir die kleuters voor hom moet verteer en dit deur ’n tregter vir hulle moet voer in draderige massas. Die teenoorgestelde is ook moontlik: ’n gids moenie aanneem dat almal wat na hom luister, reeds met hulle derde doktorsgrade in Kunsgeskiedenis besig is nie.

Verlede week in die Natural History Museum in Londen het ek ’n sonderlinge goue middeweg beleef. Die gids was ’n onderhoudende verteller en ek was vatbaar daarvoor om na hom te luister. Daar was net een vangplek: ek was die enigste een op toer.

Dis ’n eienaardige ervaring om alleen saam met ’n gids deur ’n museum te stap. Dis soos om ’n personal trainer by die gym te h, soos om ’n sielkundige te gaan spreek, om ’n gigolo vir die aand te huur. Kortom, dis ’n blootstellende en interaktiewe ervaring. As ’n mens ’n boek lees, kan die skrywer jou ten minste nie in die o kyk en lees hoe jy hm lees nie. Hy kan homself hoogstens verbeel dat hy dit kan doen. Die leser beskik darem nog oor daardie klein bietjie mag.

Die gids op my enkel-toer, daarenteen, kon my konsentrasie en gesigsuitdrukkings waarneem. Agterna was ek uitgeput. Ek het myself beloof dat ek Londen voortaan sonder begeleiding sou aandurf.

Hoe naef kan een mens wees! Dis onmoontlik vir my om Londen op my eie te beleef. Ek is Suid-Afrikaner, ek praat Afrikaans. Londen is vervuil van gidse wat ek per ongeluk verstaan. Hulle bly hier; ek nie. Hulle beskik oor kennis wat ek van buite af waarneem.

Terwyl ek die grasie en eenvoudige lyne binne Westminster se moltreinstasie bewonder, hoor ek toevallig Afrikaanses rondom my kla oor vertragings op die Jubilee-lyn.

Wanneer ek my in ’n pain du chocolat verlustig in my afgesonderde enklave by Covent Garden, beweeg drie manne in Springboktruie verby en lewer kommentaar op Spaanse meisies in die omgewing. Onmiddellik is my aandag in ’n rigting gekanaliseer. Die dag het soos braakland om my gel. Hier en daar was daar sandduine, soos op skilderye van Kolmanskop. Maar ek kon self die patrone in die sand bepaal. As ek wou, mag daar ’n murasie wees waar ek dit wou skets. Nou word die Spaanse meisies egter onvanpaste bome op my oorspronklike skildery. My prent is besoedel deur hulle teenwoordigheid. Hierdie stukkie Londen was my eie, totdat iemand oomblikke gelede oor die lyne ingekleur het.

My Afrikaanse gidse praat nog baie.

Voordat ek na Karen Zoid by UKkasie gaan luister, bons kommentaar oor haar soos lig in ’n prisma: die Janis Joplin-ding is oud, sy het konflikterende messages, sy het ’n groot lesbiese aanhang in Bloemfontein, dis jammer sy is nou “ontdek”, want dit was meer special in die ou dae.

Die Afrikaanses gesels ook oor Laurika Rauch: haar musiek is “oud”, sy sing ’n treffer ’n minuut, haar liedjies klink nou al almal eenders.

Ons gaan woon in elk geval albei van hulle se shows by. Ek sit in die gehoor saam met almal wat eerder na Zoid kom kyk as na die rugby se nadraai, ek luister na Rauch saam met dronkes wat gedurende die vertoning sleeptong op hul selfone praat.

Ek l kunsmatige verbande tussen die twee: dalk is Rauch ’n tipe Koos du Plessis en Zoid ’n Koos Kombuis. Stemme uit verskillende eras. Ek skrap die parallel so vinnig soos wat dit by my opkom. Dis belaglik om hulle met mekaar te vergelyk. Omdat ek Suid-Afrikaner is, beteken dit nie ek gaan wees soos al die Afrikaanse “gidse” in Londen, of hulle soos mekaar nie. Net omdat ek lanklaas Afrikaanse musiek gehoor het, beteken dit nie nou dat alle vertakkings op dieselfde rivier voed nie.

Daar is maar n raakpunt tussen die twee kunstenaars: albei ontketen emosie.

Zoid steek tong uit vir die wreld, sy huppel op die verhoog rond, sy maak jou patrioties en laat jou terselfdertyd lag vir waar jy vandaan kom. Dit maak nie regtig saak nie, want die Afrikaners was lanklaas so plesierig.

Rauch sing met ’n stem wat van ’n mens se kleintyd af al ’n pad saam met jou loop. Sy sing haar eie liedere, maar plaas ook haar stempel op ander kunstenaars se musiek: “Kinders van die Wind”, “Lisa se Klavier”, “Victoriabaai”. Sy skink “Nuwe Wyn” in haar “Huisie by die See”.

Ek gaan weer op ’n begeleide toer en hierdie slag is ek nie alleen nie. Ek beleef UKkasie se shows saam met vriende wat lank reeds onder my vel ingetrek het, maar ook saam met vreemdelinge wat op ander planete as ek woon. Vir ’n kort rukkie is ons almal op dieselfde eiland. Ons beleef dieselfde toer, ongeag ons verskillende interpretasies daarvan.

Want dis wat ons gidse ons toelaat om te doen: hulle is kunstenaar genoeg om ons toe te laat om hulle te lees soos ons dit wil. Hulle perk nie in nie, hulle laat jou verbeelding vry.

Stef Bos sou s dat vroue hier aan die mag is: ons gidse is naamlik onderskeidelik Karen Zoid en Laurika Rauch. Hulle vt my plekke. Noem dit emosie, noem dit nostalgie, noem dit irrasionele denke, noem dit afstand. En gooi dan die definisies en woorde weg, toonset eerder die atmosfeer.

By UKkasie beleef ek Londen ’n paar salige minute lank a cappella.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.