Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

LitNet by die KKNK!

Feesgangers by vanjaar se Klein-Karoo Nasionale Kunstefees kan gerus die eerste naweek ’n draai kom maak by die Boekeparadys in die CP Nel Museum op Oudtshoorn.

LitNet se SkermEngel Projek — in samewerking met News24 — sal feesgangers van Saterdag 29 Maart tot Maandag 31 Maart in die Boekeparadys op ’n kreatiewe wyse trakteer.

Ons beeldskone SkermEngel sal met die hulp van ’n skootrekenaar, projektor en groot skerm ’n interaktiewe screen saver skep, met gedigte uit die Groot Verseboek 2000.

Tydens boekebekendstellings sal uittreksels uit die betrokke skrywers se werk ook op die skerm verskyn. En wees gerus op die uitkyk vir ’n paar bekendes wat ’n wysheid of twee op die skerm gaan kwytraak. ’n Powerpoint-skyfievertoning oor LitNet se doen en late sal ook tydens die projek vertoon word.

Die gewilde LitNet-boekmerke sal gratis onder die publiek versprei word, en die veeltalige “Plak waar jy wil”-plakkers — wat verlede jaar in samewerking met die Taalsekretariaat vir groot kreatiewe plesier gesorg het — is vanjaar weer by die fees.

In samewerking met die feeskoerant, Krit, sal daar ook elke dag op LitNet se brieweforum — SêNet — ’n feesindruk van 400 woorde deur ’n bekende feesganger wees. Na die KKNK kan LitNetters, wat dalk noodgedwonge die fees moes misloop, ook uitsien na ’n paar pittige en aweregse feesverslae.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.