Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Diť klipkous berg ’n blink pÍrel

Anthony Wilson, regisseur en medeskrywer van Perlemoen my Ghoen, ’n Perlemoenstorie, het met Jean Meiring oor diť opwindende nuwe projek gesels.


Ten geleide

AW Hierdie is ’n aaneenlopende produksie van die nuutgestigte Hawstonse Dramavereniging wat by die Kalfiefees gedebuteer het en eersdaags op toer gaan. Eers is dit die KKNK se Voorbrandfees (van 6 tot 12 September). Dis ook reeds aanvaar vir die Walvisfees op Hermanus (26 September). Dan gaan dit ook te sien wees by Die Burger Suidoosterfees by die Skiereilandse Technikon in Belville op 3 en 4 Oktober vanjaar.

JM Perlemoenstories? Wat op dees skulperige aarde is dŪt? ’n Gesmokkel en gesmous? ’n Uittarting van die Hawstonse gereg? ’n Watertand-gereg?

AW Perlemoenstories was die werkstitel van wat toe later die produksie Perlemoen my Ghoen, ’n Perlemoenstorie geword het. Dis ’n eietydse drama geskep uit die omstandighede rondom die perlemoenbedryf, wettig of andersins. Wanneer jy op die internet surf en jy gaan kyk wat uitkom as jy Hawston sou intik, kry jy omtrent net die negatiewe oor wat ek ervaar het as ’n wonderlike plek met wonderlike mense. Nou ja, stropers! Diť’s daar ook, maar Ö en dit is die groot MAAR Ö almal wat op Hawston woon, is nie by perlemoenstropery, of die bedryf daarvan, betrokke nie.

Hierdie was ’n manier om eerstens daai negatiewe beeld te probeer afbreek en te besweer, en tweedens om ’n spieŽl op te hou vir die gemeenskap van Hawston en die groter Suid-Afrika. So, ja, dit is ’n gesmokkel en ’n gesmous asook ’n uittarting van die gereg. Dis juis waarom Derrick, die polisieman wat die reg en die stelsel verteenwoordig, as die antagonis lynreg geplaas is teenoor Adrian, wat die toekoms van ’n familie en ’n gemeenskap verteenwoordig. Die produksie is tans so kontemporÍr, want daagliks nog word daar mense gevang. Daar word juis nou nuwe wetgewing rondom diť bedryf beplan.

JM Waar het die idee ontstaan? Hoe en deur wie is dit ontwikkel? Wat is jou eie rol daarin?

AW Om binne ’n bepaalde gemeenskap akteurs, tegnici en dramas oor en vanuit die gemeenskap te ontwikkel is nie vir ons ’n nuutjie nie. Dis ’n werksmetode wat ons vir jare al gebruik. Jy kan immers nie anders te werk gaan met gemeenskapsteater nie. Groot eksponente hiervan is wyle Ivan Sylvester en Peter Braaf van die Cape Flats Players, Robert Pearce met produkies soos Die Laaste Supper in Marabastad en Die Highbucks Gang. My produksies Die Afspringers en Marabastad “Kas”-Kenades het ook hulle grondslag in, en handel oor wat binne ons gemeenskappe gebeur.

Die idee om egter Perlemoenstories te doen, het by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans onder die leiding van dr Christa van Louw ontstaan. Na die stigting van die Hawston Kunste Ontwikkelingsforum is daar besluit op die skep van ’n drama rondom die perlemoenbedryf. Dit is juis die rede waarom die bemarking onder die voorlopige werkstitel Perlemoenstories gedoen is. VanweŽ my betrokkenheid by gemeenskapsteater in Eersterust, Pretoria, is ek opdrag gegee om navorsing te doen, saam met die groep ’n dramateks oor Hawston te skep en akteurs en tegnici op te lei om die drama op die planke te bring. Die Burger Suidoosterfees het die middele daar gestel om die aanvanklike ontwikkeling van die teks en die opleiding te verwesenlik. Die projek het onder die leiding van Karin Newman geskied.

JM Wie is die Perlemoenstorievertellers? Waar kom hulle vandaan? Wie het hulle gekies?

AW Die teks het tot ’n volwaardige drama ontwikkel en daar kan dus nie in die ware sin van die woord van storievertellers gepraat word nie, maar liewer van die akteurs. Die akteurs is plaaslik van Hawston en daar is tien van hulle. Aanvanklik het ons nie oudisies gehou nie, maar wel ’n vergadering waar alle belangstellendes deur die media en strooibiljette genooi is, net om die waters so ’n bietjie uit te toets.


Die Perlemoen my Ghoen-span saam met regisseur Anthony Wilson
tydens ’n oefensessie in Hawston

Omdat dit ’n projek was om werklose mense te bemagtig, het heelwat nie gekwalifiseer nie. Met die opleiding dun hulle uit tot tien. Die tien akteurs speel ’n verskeidenheid van sestien karakters. Met die opleiding, die navorsing en die teksskryf het die karakters hulselwers aangemeld en het die storie as ‘t ware homself vertel. Al die elemente waarvoor jy in ’n drama soek, het reeds in Hawston bestaan. Die uitvloeisel was nie ’n storievertellery nie maar, soos reeds vermeld, ’n volwaardige drama, Perlemoen my Ghoen, ’n Perlemoenstorie, met Pieter Fourie as teksadviseur.

JM Staan Perlemoenstories op sy eie? Of is daar ander projekte wat daarmee hand aan hand loop?

AW Perlemoen my Ghoen, ’n Perlemoenstorie is deur die Hawston Kunste Ontwikkelingsforum as een van vele projekte ontwikkel. Die idee van Perlemoenstories was om mense te bemagtig. Om hulle eerstens in die kuns van toneelspel op te lei. Dan ook as tegnici en om die produksie te bemark.

Die groep wat uit Perlemoen, my Ghoen gevloei het, staan nou as die Hawstonse Drama Vereniging bekend en hulle het ’n produk waar 80 persent van die opbrengs by alle vertonings aan hulle bemaak word. Hulle bestuur vorentoe self die produksie en die groep gaan self bepaal of Perlemoen, my Ghoen vorentoe ’n raklewe gaan hÍ.

Die ander 20 persent gaan na die Hawston Kunste Ontwikkelingsforum om te help met die ontwikkeling van soortgelyke projekte. Die Hawston Kunste Ontwikkelingsforum beplan ’n musiekblyspel op dieselfde resep. Daar is selfs ’n webwerf www.hawston.info geskep.

JM Het julle by wyshede wat iemand soos Andrť-Jacques van der Merwe deur Struisvogelstories opgedoen het, geleer? Wat was die vernaamste stuk advies wat julle so langs die weg, soos klippertjies, opgetel het?

AW Laat ek van meet af sÍ: EK, ANTHONY “Speedo” WILSON, HOEF BY NIEMAND AAN TE KLOP VIR ADVIES OF WYSHEDE MET DIE SKEP VAN GEMEENSKAPSTEATER NIE!!! Wat ek wel doen is: nŠ die drama geskryf is, sal ek dit vir iemand, soos die genoemde here in die bedryf, stuur vir insette, raad of dan net om as klankbord op te tree. In die township doen ons dit al jare lank! Ons skryf nie OOR ’n gemeenskap nie, maar VANUIT en DEUR hom. Ons produskies was nog altyd die gewete van ons gemeenskap.


Die stroper Krulle na ’n swemsessie in Hawston se waters

Onthou, ons kom uit protesteater waar die skrywer die gewete en die stem van die gemeenskap geword het. Hawston is soos Eersterust, Noordgesig, Eldorado Park, Kliptown, Enerdale, ensovoorts. Die enigste verskil is dat dit by die see is, gelukkige blikskottels!!! Dis my mense! Die probleme in Hawston is dieselfde soos in enige township. Ons was mos al die jare in dieselfde kamp gegooi.

Perlemoen, my Ghoen se teks is aan Pieter Fourie gestuur omdat ons iemand soos hy, ’n bekroonde skrywer, se opinie baie hoog aanslaan. Pieter moes dit as ’n klaargeskrewe teks ervaar. Sy raad was uiters waardevol en selfs hy het gesÍ dat die produksie bo kontreikuns uitstyg. Hy’t die titel Klipkous, my Ghoen voorgestel, omdat die produksie nie storievertel in die storieverteltradisie was nie, maar ’n volwaardige drama. Omdat die oudste naam vir perlemoen, naamlik klipkous, nie so bekend was nie, het ons (Pieter, Karin Newman en ek) besluit op Perlemoen, my Ghoen. Robert Pearce se insette was net so waardevol.

Struisvogelstories, terloops — miskien weet julle dit nie — is nie spesifiek vir die KKNK geskep soos almal nou dink nie. Dit was ’n konsert om mense wat ’n wynplaas in die Klein Karoo aangedoen het, te trakteer. Die kliŽnte kyk dan na die produksie terwyl hulle hul skemerkelkie geniet. Ek het as deel van die KKNK se Kunstekabinet by van die eerste opvoerings op die wynplaas gaan kuier.

Ek het aan Karen Meiring en RhodŤ Snyman gesÍ dat hulle die produksie as deel van die KKNK moet kry en dit is toe in die Voorbrandfees opgeneem. Wat my egter die meeste pla, is wanneer ons vergelyk word met wit skrywers omdat julle ons en ons werke nie ken nie. As jy wil vergelyk, gaan kyk na Robert Pearce, Peter Snyders, Melvin Whitebooi, Ivan Sylvester, Peter Braaf, Leonard Khoza, Willem Fransman ... die name en die werke is daar. Daar kan lankal nie meer gesÍ word dat ons nie ’n bydrae gelewer het nie. Gaan vra vir Marguerite Robinson waarom sy twee keer na Robert Pearce se Laaste Supper in Marabastad kom kyk het en waarom sy verlore was vir baie van die dinge wat op verhoog gesÍ is. Daar word ’n leksikon, ’n Afrikaans, in die township gepraat waarvan julle niks weet nie.

JM Wat van die herrie wat daar by vanjaar se KKNK ontstaan het oor ’n soortgelyke projek — dws ’n projek wat eweseer met onopgeleide akteurs uit die gemeenskap werk? Dink jy projekte soos hierdie is noodwendig die skyf vir aantygings van uitbuiting?

AW Ons is lankal verby die tyd toe Boere gedink het hulle kan ons soos sendelinge kom red. Ons het die kundigheid in eie geledere en dit is soms net die middele wat ontbreek. Ons praat anders, ons dink anders, ons sien die lewe anders en ons tree anders op. As jy nie van ons is nie, gaan ons jou bona fides altyd bevraagteken. Kom smous jy net hier? In Pretoria,van alle plekke, was daar mense soos Hannes Horne, Oom Breytie, Karel Trichard, Louis van Niekerk, wat ontwikkelingswerk gratis en verniet gedoen het in die hooggety van apartheid, want hulle harte was reg. Dit het oor die kuns gegaan en niks anders nie.

Met Perlemoenstories het die spelers nie net in ’n produksie gespeel nie. Hulle het alle aspekte van drama geleer en hoe om dit as produk te laat voortleef. Hulle besef dat die sukses van die produksie by hulle berus. Die Hawstonse Drama Vereniging — met ’n grondwet — is gestig. Hulle handel en onderhandel namens sy lede en hulle het die kundigheid op ’n holistiese manier ontvang. Dit was nie net in ’n produksie speel nie. Hulle is ’n skryfkursus, wat deurlopend deur die Afrikaanse Skrywersvereniging (ASV) gegee gaan word, aangebied. Dan is daar ook ’n lewensvaardigheidskursus deur Priscilla (een van ons eie), van die Grail-sentrum en ’n topkonsultant aangebied. Daar is meer lesse te leer by Perlemoenstories as andersom. As ek ’n clichť mag gebruik. Hulle is, nogal in die vissersdorpie Hawston, geleer om vis te vang. Nie te eet nie. Niemand is uitgebuit nie, want dis ons mense.

JM Wat is die toekoms van hierdie groep spelers? Skep julle nie onredelike beroepsverwagtinge nie?

AW Hulle is voorbereid op wat in die toekoms op hulle wag.

JM Een van die mooiste aspekte van David Kramer se Karoo Kitaar Blues was dat die deelnemers, wat ook geen formele opleiding gehad het nie, met soveel piŽteit hanteer is. Wat het julle gedoen om seker te maak dat julle dieselfde respek toon?

AW Respek is iets wat ons aan huis en aan moederskoot ontvang het. Jy kan op geen ander manier met mense werk nie. Maar wittes het dit makliker as ons. Dit is ook so dat ons nie maklik die respek van ons mense kry nie. Wit word maar nog altyd as die standaard gesien. Jy moet des te meer, harder werk en jouself bewys. Jy moet respek verdien en dit kan jy slegs kry as jy respek wys.

JM Baie dankie, Anthony, vir ’n uiters interessante en openbarende gesprek. Baie sterkte met jul toer. Ek sien terdeŽ uit daarna om die stuk te sien. Totsiens.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.