Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

RAU se Keiser poedelnaakkaal

Ingrid Lehmensich

Die Keiser/The Emperor
Regisseur: Alby Michaels
Wits-teater, Johannesburg
28-31 Julie 2004

Dis ook maar goed dat hulle net vir 'n week opgetree het, want as dit nie was vir die kostuums, stel en beligting nie, het RAU se jongste play, Die Keiser/The Emperor, by die Wits-teater in Johannesburg platgeval.

Dis nou maar so dat die sukses van 'n toneelstuk ongelukkig nie alleen deur fantastiese kostuums (te danke aan Anne Bailes), innoverende grimering, of 'n mooi stelontwerp (Hansie Visagie) gedra kan word nie. 'n Toneelstuk se sukses hang van die akteurs se spel af, en van die regie.

RAU se Keiser/The Emperor het mens laat dink aan 'n skoolkonsert met 'n moerse budget.

As ons hier in Suid-Afrika byvoorbeeld Die Vrot Pampoen-Toekennings gehad het (iets soos die Amerikaanse Raspberry Awards) sou regisseur Alby Michaels dit loshande gewen het.

Net omdat dit 'n klassieke stuk is (gegrond op Hans Christian Andersen se sprokie Die Keiser se Klere, en later verwerk deur Bartho Smit in Die Keiser), beteken dit nie dat die akteurs hoogdrawend en geaffekteerd moet praat nie.

Ek weet, ek weet: dit is deur RAU-studente opgevoer - dus het hulle nog nie so baie ondervinding nie - maar dis hier waar die regisseur 'n bietjie leiding moes gegee het. Dit is immers waarom daar repetisies is. Verlede Woensdagaand het die akteurs nie net binnensmonds gepraat nie, hulle het ook vergeet om te projekteer. Derhalwe moes mens maar heeltyd jou ore spits om alles te kon hoor, wat nogal taamlik uitputtend was.

Met ernstige temas soos regeringskorrupsie, apatie, die misbruik van mag en ook klasseverskille, is Smit se Die Keiser nie net relevant vir vandag nie, maar ook op so 'n wyse geskryf dat dit veronderstel is om komies te wees. Ongelukkig was Michaels se weergawe net snaaks vir die ouers van die akteurs en hulle maatjies.

Ag nee wat, RAU!



LitNet: 06 Augustus 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


NOT FOUND