Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kanna hy kô Woordfees toe dié naweek

Kanna hy kô hystoe, een van die belangrikste Afrikaanse dramas, en geskryf deur Adam Small, is eerskomende Saterdag (8 Maart) in die HB Thom-teater (18h00), Stellenbosch. In die rolverdeling is Denise Newman, Basil Apollis, Liandé Snell, Irvine van der Merwe, June van Merch, André Sameuls, Cindie Sampson en Euodia Samson. Royston Stoffels is die regisseur.

Ilse Oppelt, wat die medeskrywer is van en die hoofrol vertolk in Die Joseph en Mary Affair, het weens persoonlike redes onttrek. Die Joseph en Mary Affair sou op 8 Maart (18h00) in die HB Thom speel. Woordfeesgangers wat reeds kaartjies vir hierdie vertoning gekoop het, kan dit nou gebruik om Kanna te gaan kyk. Daar is geen verskil in pryse nie en Die Joseph en Mary Affair-kaartjies dien nou as toegang vir Kanna hy kô hystoe.

Diegene wat nog nie kaartjies vir Kanna hy kô hystoe gekoop het nie, sal moet gou maak. Na die oorweldigende reaksie by die Suidoosterfees se première verlede week is dit duidelik dat teatergangers lank gewag het op die tuiskoms van Kanna.

Dit is ook heel van pas dat Kanna by die Woordfees opgevoer word. Hierdie fees fokus vanjaar op die Sestigers en die vernuwing wat dié beweging gebring het. Adam Small is dié belangrikste swart Sestiger.

Enkele ander veranderinge in die Woordfeesprogram is dat André P Brink deelneem aan die debat Het ons nog iets nuuts om te sê? (7 Maart, 18h00, HB Thom) en nie meer Jakes Gerwel nie. TT Cloete moes onttrek van die Woordfees weens sy eggenote se ernstige siekte. Ook Wilma Stockenström sal nie meer te sien wees in Skrywersgala (7 Maart, HB Thom, 19h30) nie.

Die Woordfees vra verskoning vir enige ongerief. Vir enige navrae en besprekings, skakel (021) 8083573.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.