Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Tranetrekker sonder sentiment

Carin van Vuuren

K
Teks en regie: Hennie van Greunen
Spelers: Trix Pienaar en Margit Meyer-Rodenbeck
By die Volksbladkunstefees in Bloemfontein
Julie 2004

K was die besliste tranetrekker op die fees, want in almal van ons se lewens is of was daar 'n ma.

Trix Pienaar lewer een van die beste vertolkings wat ek die afgelope tyd van haar gesien het. Sy slaag uitstekend daarin om humor en erns geloofwaardig te vermeng. Sy is sterwend aan kanker, 'n ma en 'n vrou wat nie duld dat haar buurvrou wil selfmoord pleeg nie.

In die laaste drie weke van haar lewe veg sy dapper om elke oomblik sinvol te lewe, genot te put uit die oomblikke wat nog vir haar beskore is, haar buurvrou aan die lewe te hou, haar dogter se hart terug te wen en haarself as vrou vir haar dogter te wys.

Margit Meyer-Rodenbeck is haar ambisievolle, professionele dogter wie se hart in ys geset is. Haar oorgang van 'n afsydige, beterweterige dogter na 'n medelewende en begrypende mens wat haar skanse laat ineentuimel, is oortuigend en aangrypend.

Sy neem haar ma kwalik dat sy haar behandeling opgeskort het en nie verdere versorging wil hÍ nie. Onder die blaam lÍ ook 'n verwyt van emosionele afsydigheid en 'n stille blaam dat haar pa dood is en haar ma oorleef het. Sy word egter gekonfronteer met iemand wat sy nie ken nie. Die siek vrou in haar ouerhuis is 'n dansende, konfronterende vrou, nie net 'n ma wat haar dwing om haar eie waardes en gevoelens in die oŽ te kyk nie.

Van Greunen gebruik lirieke van Lesley Ray-Dowling om sy karakters se binnewÍreld met welslae te skilder. Die ma kies vir haar, haar dogter en haar oorlede man elkeen 'n liedjie wat hulle lewens simboliseer, en gedurende die laaste dae van haar lewe dwing sy haar dogter om daarin vas te kyk: sy skryf dit op haar mure.

Hulle konfronteer mekaar oor die verlede en sien mekaar se naakte waarhede raak. Die stuk is aangrypend en eg. Dit verval nie in sentiment nie, want dis vol humor en deins nie weg van kru waarhede en konfrontasie nie.

Van Greunen se regie is knap, met slim gebruik van die ruimte, 'n effektiewe aanwending van tempowisseling en komiese verligting en 'n aangrypende einde wat nie 'n enkele gehoorlid die teater sonder 'n traan in die oog laat verlaat het nie.



LitNet: 17 Augustus 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


NOT FOUND