Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Jocasta se vlerke smelt

Francois Tredoux

Jocasta Rising
Teks en regie: Carol Michele Kaplan
Ontwerp: Peter Cazalet
Beligtingsontwerp: Kobus Rossouw
Musiek en klank: Andrew Michau
Videokuns: iaminawe
Artscape Teater
10 tot 31 Julie.


Partykeer moet mens vrede maak met jou eie paradokse, alhoewel dit moeilik is. Ek put byvoorbeeld intense genot uit die ikonoklasme van die postmodernisme en alles wat daarmee gepaardgaan, soos dekonstruksie en die verlies aan absolute waarhede. Tog vind ek al hoe meer dat ek, paradoksaal, diep in my hart ook ’n modernis is.

Dis dalk hierdie inherente teenstrydigheid wat my onvergenoegd laat ná Dinsdagaand se opening van Jocasta Rising by Artscape.

Closet-moderniste soos ek wil hê mense moet by hulle beloftes hou. En dit wat Artscape belowe, is nogal moeilik om gestand te doen: die promosiemateriaal sê dié nuwe teks deur Carol Michele Kaplan “is a powerful and irreverent retelling of the famous myth of Oedipus”.

Dis ’n hervertelling van die ou-ou storie, ja – maar van “powerful” en “irreverent” weet ek nie.

Die kopieskrywer se teks sê verder: “Upending the dramatic conventions and mythic presumptions of classical Greek tragedy, Jocasta Rising tells the story of Oedipus from his mother’s point of view, revealing the woman behind the myth.”

Ek voel effens in die gesig gevat omdat iemand iewers dink dat so ‘n op-hulle-koppe-omkeer van dramatiese konvensies sonder meer van hierdie teks ’n goeie toneelstuk maak. En omdat iemand iewers dink ons het dit nog nooit gesien nie – ons is nie heeltemal agter die klip nie, alhoewel Kaapstad maar net ’n groot plattelandse dorp is. Ons het vir Marthinus Basson, OK?

Ek het ook ’n beginselprobleem met die basiese premisse waarop hier gebou word: as jy iets wil sê oor die vroue in Oedipus se storie (of dit nou is om ’n feministiese statement te maak, of net om “irreverent” om te gaan met klassieke tekste), hoekom vertel jy dan “the story of Oedipus”, selfs al is dit “from his mother’s point of view”? Hoekom vertel jy nie eerder Jocasta se hele verhaal nie? Sny die klein, hardvogtige snotkop heeltemal uit die storie uit. If you want to be irreverent, then go all the way. En is Jocasta werklik só sentraal in die hervertelling as sy self eers diep in die eerste bedryf haar verskyning op die verhoog maak?

Die teks is te lank. Daar’s te veel woorde. Daar is dele van die teks wat kan werk, as die ander (baie) dele nie ook daar is nie. Dekonstruksie moet nie ontaard in óór-konstruksie nie.

Die teks is te pedanties. Verwys na die vrylating van “Hope” uit die tronk, by all means. Maar hou dit dan tog subtiel by daardie verwysing. Moenie die hele effek verongeluk deur aan te dring daarop om dan ook te sê: “When Hope was released from prison after 27 years, we danced in the streets with our knees raised high.” Ons sal die eerste verwysing vang, OK? En as ons dit nie vang nie, dan is dit mos deel van die “occupational hazard” van dramaturg wees – en postmodernisme sê juis almal hoef nie alles te vang nie. En die postmodernis in my hou nie daarvan om voor gepreek te word nie.

Die produksiewaardes is uiteraard hoog. Dit kan nie anders nie, met mense soos Peter Cazalet en Kobus Rossouw wat verantwoordelik is vir die ontwerps- en tegniese wonderwerke. Die geprojekteerde animasies en kunswerke het baie bygedra tot die treffende algehele atmosfeer van verbrokkeling en vervreemding.
Maar as Jocasta Rising al is wat ons kan wys as die produk van jare se sinvolle oneerbiedigheid teenoor heilige tekste van die kanon, en van ’n groot klomp geld wat Artscape spandeer het om die teks verhoog toe te bring, gee my dan liewer ’n “well-made play in three acts” wat nie probeer om enigiets te dekonstrueer nie.


 

LitNet: 16 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

 

 

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.