Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Tweespaltvermaak

Cor Scholtz

Dr Jekyll and Mr Hyde

The Cape Comedy Theatre Company
Opgevoer deur Jeroen Kranenburg, bygestaan deur Godfrey Johnson op die klavier
Klein Libertas Teater, Stellenbosch
16 tot 18 Oktober.

Die grieselrige verhaal The Strange Case of Dr Jekyll and Mr Hyde van Robert Louis Stevenson kry in die hande van die Nederlands-gebore akteur Jeroen Kranenburg lewe op die verhoog. In dié verwerking vermeng Kranenburg elemente van melodrama en vaudeville om afwisselend met jille en grille sy kleinerige gehoor vir ongeveer ’n uur lank vasgenael te hou.

Henry Jekyll, geneesheer en amateur-farmakoloog, is die stereotipiese Engelse heer. Uit verveling met die alledaagsheid en fatsoenlikheid wat die lewe van dié argetipe veronderstel, formuleer hy ’n doepa wat die skadukant van sy psige in ’n geheel nuwe fisiese gedaante tot uiting laat kom: Edward Hyde is die verpersoonliking van Jekyll se onderdrukte Freudiaanse id, dié keer volkome bevry van die sedemeester-superego.

Hyde partytjie tot laat en Jekyll sit die volgende oggend met die hangover. ’n Aanvanklik simbiotiese verhouding verbrokkel toe ’n lyk of twee in die stegies van Londen opduik. Uiteindelik is Hyde Jekyll se ondergang toe dit al moeiliker begin raak om hierdie bose gedaantewisselings te beteuel.

Jekyll en Hyde is onderskeidelik die apolliniese en die dionisiese in die menslike psige. Stevenson waarsku dat die hedonis en dronkaard in elkeen van ons net wag vir ’n tikkie aanmoediging om verwoesting te saai.

Kranenburg se oorrompelende vertolking maak egter van dié Victoriaanse sedelessie ’n besondere teaterervaring. Soos hy ook met sy eenman-vertoning as Oscar Wilde bewys het, is hy volkome tuis in die milieu van laat negentiende-eeuse Engeland. Die twee Britse aksente waarmee hy Jekyll en Hyde laat praat, is — ten minste vir my ore — in die kol en hy laat aan beide die komiese en tragiese elemente van die verhaal reg geskied.

Ook die tegniese aspekte van die produksie is afgerond: musiek en beligting skep die nodige stemming vir die karakters se dramatiese metamorfoses.

Hoewel hierdie glad nie grensverskuiwende teater is nie, is Dr Jekyll and Mr Hyde steeds die moeite werd om te gaan sien bloot vir die vermaaklikheidswaarde van dié klassieke verhaal en die uitstekende spel van Kranenburg.

24 Oktober 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.