Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sm met Jesus op ’n meevoerende trein

Willemien Brummer

PlayGround: Jesus Hopped The “A” Train, deur Stephen Adly Guirgis
Regie: Lara Bye
Met: Vaneshran Arumugam, Bo Petersen, Andrew Brent, Tshamano Sebe
en Graham Weir
Datum en plek: 18 Mei in die Baxter-teaterkompleks.


Dis Angel Cruz, ’n arm boorling van Puerto Rico, se eerste keer in die tronk. En dis nie sommer nige tronk nie — dis ’n tronk in die hartjie van New York bevolk met reeksmoordenaars, sadistiese tronkbewaarders en honger tronkebroers wat met wolwe-o agter “tronkmaagde” aankwyl.

Die rede vir Angel se nuwe woonplek? Omdat hy die wedergebore Reverend Kim wat hom voordoen as “die seun van God”, geskiet het nadat di sy beste vriend, Joe, “gebreinspoel” het.

“All I did was shoot him up the ass,” verduidelik hy vir sy aanvallige, dog idealistiese prokureur, Mary Hanrahan. As hy werklik die seun van God was, sou hy homself tog gered het.

Omdat Angel voor haar skuld erken, wil Hanrahan eers vir hom ’n ander prokureur kry. Maar dan begin sy met hom identifiseer, en sien sy ’n kans om met sy vryspraak die sege van haar andersins vaal en oninspirerende loopbaan te behaal. Om te wen moet sy egter vir Angel leer lieg — iets waarin engele nie uitblink nie.

Die keerpunt kom wanneer die eerwaarde in die hospitaal sterf en Angel in ’n enkelsel langs die psigotiese reeksmoordenaar Lucius Jenkins beland. Lucius haal graag uit die Bybel aan, maar in dieselfde asem vertel hy hoedat hy ’n minderjarige seun se penis afgesny en dit vir hom gevoer het.

Net voordat Lucius in Florida tereggestel word, ervaar Angel na ’n laaste gesprek ’n soort Damaskus-bekering. Die “skille val van sy o”, en hy begin die wreld sien deur die rooskleurige bril van die wedergeborenes. Dit is egter nie goeie nuus vir sy hofsaak of vir Hanrahan se loopbaan as prokureur nie.

Hoewel die akteurs hul tekste deurlopend by hulle hou in hierdie vierde aflewering van die Baxter se PlayGround-reeks, kwyt hulle hul uitstekend van hul taak. As jy in gedagte hou dat hulle slegs ’n week se oefentyd gehad het, was di uitvoering in alle opsigte ’n lofwaardige poging.

Bo Petersen (as Hanrahan) en Vaneshran Arumugam (as Angel) verdien veral uitsondering. Petersen, wat al in twee vorige PlayGround-teksvoorlesings haar staal gewys het, het nie net ’n onverbeterlike New York-aksent nie. Sy ken heelwat van haar woorde uit haar kop, en vandat sy op die verhoog kom, vergeet jy wat jy sien is nie ’n finale produk nie.

Arumugam se aksent is minder geolie as Petersen s’n, maar hy leef hom tot so ’n mate in sy rol in dat jy hom enigiets vergewe. Die uitstekende tydsberekening, oortuigende karakterisering en oorgawe waarmee hy die rol van Angel vertolk, maak jou jammer gehore kon die stuk net een keer te siene kry.

Bye se regie is subtiel, en met ’n minimum van dekor, beligting en ander rykmansteater-bykomstighede. Sy kwyt haar goed van haar taak om die aggressiewe, hou-in-die-maag-styl van die stuk aan die gehoor oor te dra. Wat belangrik is, is dat dit teatergehore in staat stel om vir ’n uur of langer alle vooropgestelde idees ter syde te stel. “The temporary suspension of disbelief,” soos ’n dramadosent uit my verlede dit altyd gestel het.

Want vir ’n uur of wat was ek op ’n Sondagaand in ’n enkelsel in New York waar ek amper die sout op Angel Cruz se vel kon ruik.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.