Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Jannie en die Tannie besoek Die Agterplaas in Melville

Vince Pienaar

Vir baie mense is "Melville" daai stukkie pad teen die bult op tussen die Roxy Rhythm Bar en Campus Square bo by die Universiteit Johannesburg. Die locals verwys na hierdie strook as "nuwe" Melville en hier is die plekke waar die meer yuppierige, jonger mense rondhang: Catz Pajamas en Oh! (as dit jou orintering is); en vir die 4x4-brigade wat wil wys hoe tough hulle kan wees, is daar Cool Runnings net om die hoek van Roma af.

Ou Melville is daardie deel van Sewendestraat wat bo by die klein sirkeltjie begin (waar die openingstoneel van 7de Laan geskiet is), daar by Nuno's. Deesdae is Nuno (? tweede-generasie Suid-Afrikaanse Portugees wat Afrikaans praat soos 'n boerseun, want dis wat hy is) self weer terug by die restaurant en dis goed om hom daar te sien. Oorkant die straat is waar Miro jare gelede Fullstop oopgemaak het en (min of meer) Melville se sypaadjiekultuur gevestig het. As jy soos dryfhout in 'n stadige rivier teen die bult afgly, is daar allerhande interessante kuierplekke tot onder by De La Crme - ook een van die oorspronklike Melville-landmerke - naby waar Die Mixer was. Die klein groentewinkeltjie is nog daar en Freddie se haarkapper ook. (Die plaaslike mans is maklik om uit te ken. Hulle is die ouens wat Freddie se spesiale snit dra wat hy in omtrent 1975 ontwerp het: 'n square cut, hoog-bo-die-ore style wat jy orals kan bespeur.)

Vir die meeste mense eindig Melville net hier, maar Melville is heelwat groter as net d twee bekende strate. Dit is 'n woonbuurt wat 'n groot aantal woonhuise insluit - nie net die opgegradeerde bankierswonings wat per vierkante meter omtrent so duur is soos 'n strandhuis by Bantry Bay nie - maar ook huise met donker voorkamers en geroeste dakke en bejaarde inwoners wat daar was voordat die SABC daar gevestig was, in die dae toe die mense nog uit die area probeer wegkom het. Dit is hierdie mense wat nog steeds die running battle met die owerhede voer oor die geraas en jolyt wat in en om hulle voorstoepe gebeur.

Een blok onderkant De La Crme se hoek loop Sewendestraat dood teen 5de Laan en as jy mooi kyk, is daar 'n stel trappe wat tussen die rotse skerp afdaal na 6de Laan en skielik is jy in die stil, residensile wreld wat die plaaslike Melville-inwoner geniet, en net hier aan jou linkerkant is die gastehuis, Die Agterplaas, net hier by jou.

As jy vir ontbyt daar aankom, sal jy by die groot kombuistafel langs die stoof sit en luister hoe die blokraaimeester, Lochner de Kock, aan 'n klompie toegewyde volgelinge die laaste paar woorde van vandag se raaisel uiteensit, jy sal jou ontbyt ontvang van 'n vriendelike Badia, en jy sal tuisgemaak word deur gasheer Jannie du Toit. As jy ooit vir Jannie skakel, sal sy foon in sy melodieuse, hoogs gepoleerde Afrikaanse stem, "Die Agterplaas, goeie mre", beantwoord word, want hierdie is sy hoofstroom besigheid.

As jy in die aand daar aankom vir 'n vertoning, sal jy dadelik dieselfde gasvryheid ondervind, gewoonlik onder die leiding van Hanna, maar Jannie sal ook daar rond wees ingeval hy kan help met die dra van 'n stoel of die skuif van 'n tafel.

Dit is laat winter, en nogal 'n koel aand, wanneer ek daar aankom om die show Jannie en die Tannie te sien. Ek vind vir Christa Steyn op die groot voorstoep met haar glasie sjerrie en haar stoute glimlag - asof sy aan iets dink wat sy nie met my of enige iemand anders gaan deel nie - selfs miskien iets gedoen het wat sy beslis nie met my gaan deel nie.

Dit is nie die eerste keer dat ek Steyn en Du Toit saam sien optree nie (in die twintig jaar wat hulle nou al saam is, het ek hulle al op verskeie kere op die verhoog gesien, mees onlangs met Nagkantoor, die briljante verhoogstuk geskryf deur PG du Plessis wat fokus op Koos du Plessis se lewe en musiek), maar dit is altyd opvallend dat senuwees nie eintlik 'n groot rol in hulle lewens speel nie.

Is sy opgewonde, senuagtig, afwagtend? Is daar darem net 'n bietjie van 'n bewerigheid in haar hande? wil ek weet.

"Oor wat?" vra sy.

"Die show," s ek.

"Watter show?" vra sy, opreg verbaas, verstaan vir eers nie my vraag nie, dan lag sy. "O hrdie show! Nee, hoekom?"

Ek speel met die gedagte om haar daarop te wys dat die show grootliks oor "Die Tannie" gaan, dat haar centre stage reg in die kollig is, dat sy nie meer agter haar klavier kan wegkruip nie, dat haar vertolking van die Tannie die show maak of breek. "No reason," s ek en sluip druipstert weg.

Ek is 'n bietjie laat en die voorkamer is besig. Ete word nie gedurende die vertoning bedien nie, so mense beweeg rond met borde en koffiekanne.

Ek kry 'n plek op die ou bank naby die verhoog, dan word ek geskuif na die kombuistafel toe om te eet (boeremense eet mos nie op hulle skote nie) en hoor dat Louis van Rensburg werk aan die musiek vir die sitcom Gabriel. Hy s dit gaan nogal goed wees. Gaan dit nie maar nog 'n Oepse Daisie wees nie? wonder ek. Hy s dit is skreeusnaaks en nou twyfel ek rs - skreeusnaaks is 'n woord wat my bangmaak. Ek praat liewers met Louis oor musiek (dit is immers waar ek hom as meesterklas beskou) en hy probeer weer op sy geduldige manier vir my die verskil tussen 'n jazz-chord en 'n gewone chord te verduidelik.

Ek is net betyds terug by die groot rusbank om die begin van die show te vang.

Wanneer ek Jannie du Toit sien werk, kan ek nie help om terug te dink aan die eerste keer wat ek hom op die verhoog gesien het nie. Dit was by Club 58 en hy en Laurika Rauch het 'n stuk gespeel waar hulle saam dieselfde kitaar speel, sy die linkerhand, hy die regter, baie snaaks. Ek kan nie die liedjie onthou nie, maar ek kan onthou hoe indrukwekkend en professioneel hulle was.

Wanneer "Die Tannie" op die verhoog verskyn is dit tegelyk voorspelbaar en ook totaal bevredigend. Dit is presies wat ek verwag het: die pienk rok wat te styf oor die heupe sit en die stukkende zip wat half oopgetrek is, die effekleurige onderrok wat orals uitsteek; maar ook die simbole wat vir 'n tannie op reis tog so belangrik is: die flask met die koffietjies, die gekookte eier wat sy noukeurig afdop en eet, die stoute stukkie sjokolade versigtig gekoester. Ek sit en wonder of Die Tannie meer pragtig uitgebeeld kan word sonder om te erg te wees en besluit sy is presies soos wat sy moet wees.

Jannie du Toit kom op die verhoog en speel "Ek hou van die Nooientjies" van Jan Pohl, maar, soos ek verwag het, gaan die show oor Christa se vertolking van die ou vroutjie en dis duidelik dat Jannie 'n ondersteunende rol speel.

Christa is onverbeterlik. Toe sy as jong predikantskind alreeds as begaafde musikant gedentifiseer was, was "komediant" sekerlik nie een van haar opsies nie, maar terwyl ek sit en kyk, word ek bewus daarvan dat sy vaardighede aan die dag l wat die stand-up comic maar van kan droom. Haar interaksie met die gehoor en Jannie is al die tyd reg op die rand van te veel, maar sy kry dit reg om net-net aan die regte kant van die afgrond te beweeg, perfek by haar gehoor ingestem.

Musikante leer seker oor die jare hoe om die gehoor te "voel". By die Irish Club in Linden speel 'n vioolspeler wat lyk of hy totaal van die gehoor onbewus is. Maar selfs hy s dat dit nie lekker is om te speel as daar min mense is nie. Is dit omdat musikante so intens bewus is van die vibe van die gehoor dat iemand soos Christa hulle so goed kan bewerk? Daar is immers baie voorbeelde van musikante wat great komediante geword het - Victor Borge (wat "inflationary language" geskep het; won-derful wat two-derful word en dies meer) en Sammy Davis Jr maar net twee van hulle.

Ek het so 'n teorie dat talent, hoe oorvloedig ook al, nooit genoeg is nie. Daar is nog altyd die kwessie van ondervinding - en dit koop jy met bloedsweet en tyd, en niks anders nie, en terwyl ek sien hoe sy haar gehoor om haar pinkie draai, weet ek dat ek 'n vertoning sien wat Christa selfs vyf jaar gelede nie vir 'n oomblik sou oorweeg het nie - en sy is op haar beste.

Jannie is die eerste wat erken dat hierdie show oor "Die Tannie" gaan, en wanneer Christa met een of ander truuk uitkom wat nie in die script is nie, lag hy net so lekker soos die gehoor saam.

Tog is die hoogtepunt vir my 'n liedjie wat Jannie doen: "Le Prochain Amour" van Jacques Brel. Jannie is nie iemand wat kortpaadjies soek nie en ek weet dat hy aan die Franse taal werk - nie die uitspraak nie - hy leer om die taal te praat, want hy wil 'n Jacques Brel-show doen: miskien 'n bietjie over the top, maar hierdie song laat my uitsien na sy Jacques Brel-show.

Na die vertoning word Louis van Rensburg oorreed om twee songs te sing om die aand mee af te sluit.

Voor ek huis toe gaan, groet ek vir Jannie en Christa wat uiteindelik by 'n bord kos uitgekom het.

"Hoe voel jy nou?" vra ek haar.

"Oor wat?" s sy en smile di smile. Ek weet nooit of sy ernstig is en of sy my been trek nie.

Nota: Jannie en die Tannie is in Oktober oorsee op toer; Jannie en Christa gaan ook saam.


'n Paar skakels:
Jannie du Toit en Christa Steyn (en meer inligting oor die toer)
Die Agterplaas-gastehuis
Jacques Brel
Victor Borge
Sammy Davis Jr



LitNet: 20 September 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.