Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Is ja! Die regte doepa om van die Krismisgeaas te ontsnap

Krisjan Fourie

Ek is nie iemand wat sommer net kan sit en luister hoe iemand sing nie. Veral met backtracks. Ek meen, daar's al klaar te veel Nadines en Robbies na my sin wat gehore met hulle lieflike tapes vermaak.

Jody Abrahams laat my egter weer moed skep.

Na 'n uiters suksesvolle speelvak op die Baxter se planke is Is Ja! nou te sien by die Kalkbaai Teater.

Dit vertel die realistiese verhaal van 'n sensitiewe siel wat moes veg om die verhooglewe te oorleef. Vir 23 jaar, om presies te wees.

Dis die aand van sy laaste optrede, en Abrahams probeer sin maak van die rofie ride waarop sy loopbaan hom gevat het. Die roete van boggherol tot Broadway, met al die good, bad en beautiful dinge ingeweef.

Abrahams skitter deurgaans as sanger, en sy vertolking van die verskillende tipes musiek en fyn humor los teatergangers op 'n hele paar plekke stomgeslaan.

Natuurlik is die span agter die produksie 'n groep mense wat dopgehou moet word. Met 'n string suksesvolle produksies agter hulle wys Fusion Productions weer eens hulle staal.

Diaan Lawrenson (vervaardiger) en Kirstie Suttner (regisseur/vervaardiger) het met die briljante Steven Simm (skrywer) geslaag om deur die hele toetie van emosies te draf. Die tegniese versorging is deur Gert du Preez gedoen, wat met 'n relatief eenvoudige stel wondere verrig.

Simm wys duidelik dat hy hom kan toespits op die medium waarin hy op 'n gegewe oomblik werk. Baie skrywers sukkel om die verskil tussen 'n TV en 'n teater verstaan. Hy nie.

Is Ja! kan tot 17 Desember in die Kalkbaai Teater (skuins oorkant die Brass Bell) gesien word. Kaartjies kos R175 en sluit 'n 3-gang-ete in. Besprekings kan by 073 220 5430 gemaak word.

My advies: Gryp 'n lekker bottel wyn, moker 'n paar nice mense in die mix, en ontsnap van die Krismis-koors. Dis in elk geval deesdae te gevaarlik om te gaan swem. Ondersteun dus die teater eerder as die haaie.



LitNet: 26 November 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.