Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Suid-Afrikaanse teaterlui maak Londen eersdaags Hollands

Jean Meiring

Die trane het vrylik gerol toe Thembi Mtshali voorverlede maand haar bekroonde eenvrou-vertoning A Woman in Waiting in die Oxford Playhouse opvoer. Daarn het die emosioneel uitgemergelde gehoor orent gekom en hierdie besonderse Suid-Afrikaanse aktrise etlike minute staande toegejuig.

A Woman in Waiting, wat Mtshali se eie, buitengewone lewensverhaal vertel — van skamele huisbediende tot ster op die verho van die Wes-Einde en Broadway — en wat verlede jaar met een van die skaarser-as-hoendertande “Fringe First”-toekennings by die Edinburgh-fees bekroon is, is die eerste van etlike Suid-Afrikaanse produksies wat vanjaar in Engeland op die planke gebring word.

Di stuk is eerlik en gestroop van (byna) alle pretensie. ’n Sekere Afrikaanse resensent het egter gelyk gehad toe hy daarop wys dat sommige van die verhoogtruuks — soos veral die voorstelling van Mtshali se afwesige, dog alomteenwoordige, ma deur ’n reuse tent van ’n rok wat oor die verhoog sweef — so effentjies uit voeling is met die eenvoud van Mtshali se lewering. Nogtans is Mtshali en regisseur Yael Farber se skepping iets waarlik besonders.

Wat ook gewis is, is dat baie mense ’n sakvol oogtande sou inruil vir hierdie bliksemstraal van ’n aktrise se talent, energie en robuuste jeugdigheid. (Vanaf die tweede ry in die Playhouse het ek haar — vr die strekking van haar verhaal my anders laat besef het — nie ’n dag ouer as dertig gereken nie. Sy is een en vyftig.)

Die onbetwiste emosionele hoogtepunt van die vertoning is wanneer Mtshali onbegeleid en droewig ’n lied aan die wit kleuter rig wat sy destyds opgepas het en weliswaar grootgemaak het en wat nou op ’n Casspir in die townships rondry en haar en haar kinders vanaf die veilige kant van ’n geweerloop aankyk. Later sien sy hom in die gehoor in die Mark-teater, aangedaan tydens ’n opvoering van Ipi Tombi  

Mtshali se toer deur die Engelse provinsies is onlangs afgesluit. Op 11 Junie maak Mtshali haar stem diep; die stuk open in The New Ambassadors-teater in die Wes-Einde. Volsirkel.

’n Swaeltjie maak egter geen somer nie — veral nie in Londen nie, waar somers maar skaars en goeie teaterstukke volop is. Onder aanvoering van die Suid-Afrikaanse Ho Kommissariaat bereik ’n swerm Suid-Afrikaanse swaels — n straks ’n paar volstruise — binne enkele weke die koue en bek-en-klouseer-beduiwelde Brittanje. Verlede Vrydag het Londenaars vir die eerste keer in feitlik iedere moltreinstasie die aantreklike geel-oranje-en-groen plakkate te siene gekry wat hulle uitnooi om Suid-Afrika te vier. ’n Eenvoudige en hoogs effektiewe stukkie kopieskryfwerk: Celebrate South Africa.

Teater vorm ’n belangrike deel van hierdie besonder uitgebreide kuturele toonvenster, wat in April en Mei in Londen ontsluier word.

April-maand stroom Londense teater-aficionado's vir ’n tweede maal na die herstigte Globe-teater — neffens die spiksplinternuwe Tate Modern Art-museum n die effens meer gevestigde Teems-rivier — om Welcome Msomi se welbekende en welberese Umabatha, the Zulu Macbeth te sien, in Zoeloe met Engelse bo-skrifte.

Umabatha het in die vroe sewentigerjare ontstaan, en het reeds die wreld vol getoer. In 1997 was Msomi en sy geselskap nie alleen in Londen as deel van die daknatmaak-seisoen van die Globe nie, maar het hulle ook ’n uitgebreide toer van die VSA onderneem.

Die kritiek wat dr teen die stuk uitgespreek is, is dat dit verkeerdelik as ’n verwerking van Macbeth voorgestel word. Dit is inderdaad, volgens Msomi, die verhaal van Shaka Zulu; Macbeth is meer verwysingspunt as subteks of raamwerk.

Of hierdie verwysingspunt werklik nodig is, is ’n belangrike vraag.

Waarom moet Suid-Afrikaners hulself altyd in terme van die een of ander buitelandse kulturele baken tipeer? Dis tog ’n tipe Huisgenoot-mentaliteit: Steve Hofmeyr, ons eie Bruce Springsteen, of iets in dier voege. Ja, daar is sterk argumente aan die keersy, maar ’n mens wonder tog of ’n eenvoudige titel soos Shaka nie sou deug nie. Ja, wel, dan sou die Globe seker hul skouers ophaal   En die agttal vertonings wat op 18 April begin, is reeds byna uitverkoop.

Ook deel van die aanbod is ’n ander mis-dit-nimmer Suip!, die heel onkonvensionele musiekblyspel oor ’n vuisvol “meths”-bejoekse Kaapse bergies. (“Wat? Julle het ’n blyspel oor ’rough sleepers'?” s-vra ’n Engelse vriend volslae verstom. “Only in South Africa  ”)

Suip! is in gelyke maat skreeusnaaks n ’n tranetrekker. Heinrich Reisenhofer en Oscar Petersen skep al jare bietjies-bietjies aan hierdie liriese, ironiese werk, ’n sielvolle huldeblyk aan die Moederstad. Die Tricycle-teater in Kilburn, waar di stuk opgevoer word, is al as ’t ware ’n stukkie Suid-Afrika in Londen: Kat and the Kings is maar een van die ander Suid-Afrikaanse stukke wat onlangs daar opgevoer is.

Ook twee ander stukke word by die Tricycle opgevoer. Ellis Pearson (die nar in die fliek Paljas) en Bheki Mkhwane se A Boy Called Rubbish en Squawk word as moderne Suid-Afrikaanse fabels bemark, ewe gerig op volwassenes as op kinders. Eersgenoemde is ’n hedendaagse Aspoestertjie-verhaal: ’n seun, in sak en as weens sy tirannieke stiefmoeder, ontdek sy eie menswaardigheid. In Squawk word ’n vredesliedkompetisie in die koninkryk van die vols gehou, en elkeen wil sy eie stem hoor.

Sekerlik een van die hoogtepunte op die fees se teaterprogram vind op 27 Mei plaas: ’n spesiale gala-aand met musiek, teater en komedie word in die reusagtige Royal Concert Hall gehou — ’n tipe boerekonsert met tafetta en ho hare. Janice Honeyman span saam met die Royal Shakespeare Company-regisseur Greg Doran, wat in 1995 Titus Andronicus in die Mark-teater opgevoer het. Hulle het die benydenswaardige taak om Antony Sher, Nigel Hawthorne, Richard E Grant, Hugh Masekela en Pieter-Dirk Uys te regisseer.

En na afloop van die fees sluit ’n ander Suid-Afrikaanse diva haar by Mtshali in die Londense teaterwreld aan: Evita Bezuidenhout (ons eie Dame Edna?) se toer begin in Junie, ook in die Tricycle.

Voorwaar ’n stewige dosis doepa vir Suid-Afrikaanse teaterliefhebbers in die Engelse hoofstad; kulturele biltong om aan te herkou.

boontoe / to the top


NOT FOUND