Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

G’n wonder Charlize onthou nie vir Benoni

Francois Tredoux

G’n Hierjy nie

Teks: Neels van Jaarsveld
Regie: Gaerin Hauptfleisch

Met: Jan Bester, Vicky Davis, Neels van Jaarsveld en Lindie Stander

Tegnies: Lindy Dowling en Anneke Senekal

Klein Libertas Teater, tot 15 November 2003.


Dis lekke’ om wit te wees, nog steeds. Veral in Suid-Afrika. En veral nog meer in die Noorde, want dan kan mens met ’n dik Transvaalse aksent praat, en jou ballas krap terwyl jy peanuts kou en bier drink in afwagting van die groot rugby-game.

Thinus Wolfaardt (Jan Bester) en sy vrou Cherise (Vicky Davis) woon iewers waar mens ’n Springbokvlag met die woorde “World Champs” sonder ironie in jou kroeg kan ophang. Thinus was nie Cherise se eerste keuse vir ’n huweliksmaat nie. Nou maak Cherise op vir daai foutjie deur met Thinus se beursie te gaan shopping doen.

Karel Venter (Neels van Jaarsveld) is Thinus se beste vriend, van skooldae af, toe hulle ’n dwerg ontvoer het. ’n Mens sou dink dat Thinus sou weet dat Karel net een testikel het, as hulle sulke close buddies is. Maar Karel deel dié stukkie inligting eers tydens hierdie rugbykyksessie, na aanleiding van wie weet wat - daar is eintlik geen motivering vir die onthulling nie.

Karel het ’n Indiër-girlfriend, Swarima Patel (Lindie Stander). Sy maak ’n vlugtige verskyning, in volle sari-mondering, met ’n proeseltjie sterk mutton curry, wat sy kook vir haar aanstaande skoonouers se besoek later dié dag. Sy klink soos Peter Sellers in The Party. En Karel begin soos sy Engels te praat as hy lank in haar geselskap was. En die Patel-rol kan maklik geskrap word sonder om die teks te benadeel - dis gratuitous, en net ’n verskoning om ’n paar Indiër-jokes te maak.

Die driemanskap word afgerond deur Adolf Bezuidenhout (ook Lindie Stander), wat klaarblyklik net die maniese deel van ’n “manic depressive”-persoonlikheid het. Waar Thinus en Karel nog effe skuldig sal voel as hulle kak sê, het Adolf geen gewete nie.

Die plot is dun - dis eintlik net daar om ’n paar issues aan die orde te stel: rassisme, homofobie, seksbeheptheid, die waarde van vriendskap. En dié issues word ook nie eintlik vreeslik geanaliseer nie - dis daar, dis deel van die karakters se leefwêreld, en hulle lyk nie te ongemaklik met dié feit nie.

Dis dalk my grootste kritiek teen die teks, die feit dat die temas nie een deurgetrek word na ’n sinvolle konklusie nie. Die konteks - laer middelklas, wit, Afrikaans - sou ’n interessante analise van enige van bogenoemde temas moontlik gemaak het. Maar miskien sou die pret dan in die slag gebly het.

En pret is dit gewis. Dis 70 minute se vermaak, gesaai met one-liners en uitstekende comic timing. Veral Neels van Jaarsveld is uitstekend met klein gebare en aksies wat sy talent as komiese akteur ten beste vertoon. Gaerin Hauptfleisch se regie hou vir Lindie Stander in haar Adolf Bezuidenhout-inkarnasie net duskant histeries. Vicky Davis se klein rol verg nie baie van haar (reeds geprese) talente nie, behalwe dat sy beide terterig en moreel naïef moet wees. Jan Bester het met opening night partykeer gelyk asof hy nie heeltemal betrokke is by die gebeure nie, behalwe toe hy hopscotch moes speel.

Dis ’n stuk wat wonderlik behoort te werk by enige van die Afrikaanse kunstefeeste. Dit verdien vol sale, en gehore wat fluit en hulle voete stamp aan die einde. Die teks sal nie voorgeskryf word vir Dramakundestudente nie, want dis nie kitchen sink realism nie. Dis eerder Boksburg-Benoni-hyperrealism.

19 November 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.