Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Viva Green Man Flashing!

Ingrid Lehmensich

Green Man Flashing
Teks: Mike van Graan
Regisseur: Clare Stopford
Spelers: James Ngcobo, Michelle Douglas, Sechaba Morojele, André Sameuls en Charlotte Butler
Markteater, Johannesburg
Tot 20 Februarie 2005


Foto: Charlotte Butler (links) en James Ngcobo

Nes met Mike van Graan se debuutdrama by die Grahamstadse kunstefees verlede jaar, kry sy stuk Green Man Flashing staande ovasies, en met reg. Hierdie is tegelyk 'n sterk politieke én menslike drama.

Van Graan ondersoek op fassinerende wyse wat die effek van mag is wanneer dit mens skielik te beurt val. Veral in sy visier is Suid-Afrikaanse politici. Die vraag is hoe die verkryging van mag die mens se morele standaarde beïnvloed, waar mens die streep trek tussen reg en verkeerd.

Green Man Flashing handel oor 'n getroude paartjie, Aaron Matshoba (James Ngcobo) en Gaby Anderson (Michelle Douglas), wat uit ballingskap terugkeer na Suid-Afrika. Aaron begin werk vir die heersende politieke party, terwyl Gaby by die huis bly om na hul seun om te sien.

Mettertyd raak Gaby ongelukkig, want sy voel sy sien haar man te min. Dit ontstel haar dat sy hom meer gesien het toe hulle in ballingskap was, maar dat hul huislike lewe veel armer is noudat hulle in die sogenaamde land van melk en heuning is. Aaron voel weer dat hy sy arms stompies moet werk vir sy land.

Hulle skei, maar na 'n tydjie is Aaron weer terug in haar lewe. Hy wil 'n kontrak met haar aangaan om haar stil te hou oor iets wat tussen haar en 'n hooggeplaaste in die politieke binnekring gebeur het. As dit op die lappe sou kom, sou dit erg nadelig wees vir dié hoë kokkedoor, asook vir die nuwe bestel.

Van die begin af is die spel aangrypend en verveel nie 'n enkele oomblik nie.

Gelukkig maak Stopford van gesoute akteurs gebruik, want hierdie 90 minute lange stuk is duidelik nie maklik nie. Daar is heelwat dialoog, en die akteurs verlaat nooit die verhoog vir 'n ou blaaskansie nie. Selfs al het 'n akteur nie 'n spreekbeurt nie, sal hy nie net sit en toekyk nie, maar sal hy stilswyend teenwoordig bly in die spel.

Soos wat die neiging deesdae in die teater is, is Stopford se stel minimalisties, met net vyf stoele, 'n bad, en 'n stortgordyn - wat dan skielik instaan as 'n televisieskerm!

Van Graan het hierdie verhoogstuk gebaseer op Suid-Afrika, maar mens wil die hoop uitspreek dat hy en Stopford die stuk oorsee sal neem. Green Man Flashing kan betrekking hê op enige land en is van hoogstaande internasionale gehalte.



LitNet: 26 Januarie 2005

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.