Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Groen man is bloedrooi vermaak

Braam van der Vyver

Green Man Flashing
By die Grahamstadse Nasionale Kunstefees
Deur Mike van Graan
Regie deur Clare Stopford
Lokaal: Gimnasium
Tot 9 Julie 2004.

Green Man Flashing het die PANSA/UCT-dramaskool se teksskryf-toekenning vir 2003 gewen. Aangesien die beoordeling op die lees van tekste gegrond word, duik die vraag onmiddellik op of die teks op die verhoog gaan werk. Die geselskap wat die teks aangedurf het, bestaan uit verskeie groot name. Dus het die resensent met hoë verwagtinge by die teater opgedaag.

Die teksverduideliking het dit as ‘n politieke riller beskryf. Die aantal rillers wat op die planke gebring word, het in die televisie-era afgeneem. Met al die tegnologie wat televisie bied, is dít ‘n verklaarbare verskynsel.

Voordat die eerste spreekbeurt geuiter is, was dit duidelik dat die dramaturg voor ‘n hele paar groot uitdagings was. Gelukkig was hy opgewasse vir hulle almal.

Die temas van verkragting en politieke inmenging is so aktueel as kan kom. Die verband met die eskapades van ‘n sekere Suid-Afrikaanse ambassadeur is ooglopend. In die stuk is ‘n senior minister die sondebok, en sy oortreding is ook seksueel van aard. Die slagoffer is egter ‘n wit politieke aktivis van weleer. Die toneel is reg vir groot konflik.

Van Graan slaag met ‘n eenvoudige teks daarin om die potensiaal van al die temas gepas te ontgin. Die statiese verhooguitleg blyk glad nie ‘n probleem te wees nie. Stopford se regie en Jennifer Steyn se briljante spel druk kort-kort die spanningslyn in die rooi. Vusi Kunene blink ook uit in ‘n sterk span spelers wat Charlotte Butler insluit.

Green Man Flashing is ‘n uitmuntende produksie wat reg laat geskied aan ‘n moeilike genre

 

LitNet: 16 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

 

 

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.