Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die tabernakels se klankbaan

Erns Grundling

Ek is jaloers op sangers. Hulle kan ’n loopbaan bou op covers, dit selfs as treffers lys op hul twin cab bakkies. Deksels!

Die musiekbedryf is een van die min plekke waar mens met covers kan wegkom. Sou ek as joernalis besluit om ’n kollega se artikel te cover, kom dit neer op plagiaat. Openbare vernedering en die verlies aan vaste inkomste sal maar die minste van my probleme wees.

En sou ek dalk dieselfde kollega se girlfriend cover (al is my bedoelings edel), sal ek my beslis in tamatiestraat bevind. Giep van Zyl en sy feesbestuur sal sonder twyfel afkeurend frons as Klerksdorp byvoorbeeld besluit om die Aardklop-model te cover.

Ook in die letterkunde sal skrywers nie daarmee kan wegkom nie. Sal Lina Spies haar van Engfrikaans kan weerhou as sy vir Jackie Nagtegaal moet cover?

Op so ’n weerbarstige taalnoot kan ’n mens bespiegel oor ’n gepaste Afrikaanse woord vir cover (net om die Engfrikaans-freaks bietjie te laat relax …). Hmmm, dalk deksel?

Moenie my verkeerd verstaan nie, ek het nie ’n probleem met covers wat goed vertolk word nie. Amanda Strydom doen ’n hoendervleis-vertolking van Leonard Cohen se “This Waltz” op haar nuwe CD.

En ou Stevie het Neil Diamond se aspirasies om by Caesar’s Palace op te tree, bokveld toe gestuur met sy destydse Beautiful Noise-vertonings.

En hoewel die gedagte “Theuns Jordaan killed the Beaufort West star” (met apologie aan Presidents of the United States of America) nou die dag vlugtig by my opgekom het op reis deur Gert se valley in die Karoo, het ek dit dadelik na die brein se Recycle Bin verban.

Ek grap net: Theuns kies deurgaans puik covers - die feesprogram noem hom dan selfs ons eie Bryan Adams …

Wat my moer eintlik pluk, is hierdie doef-doef-dreuning van die gratis Tente-area op die feesterrein. Die tabernakels se klankbaan. ’n Fel aanslag op die ore; dis verdomp ongenaakbaar. Die desibels is plein onbedagsaam - mens kan skaars die uitsending van jou gunsteling Schuster-movie op die M-Web-skerm volg.

Van Schuster gepraat, ek sien Charles van Beeskraal (RIP) sak nou in Voorry, glo Suid-Afrika se “enigste rugby-band”. Lekker betyds vir die Węreldbeker; ek hoop hulle het ook ’n paar songs gereed om moontlike teleurstelling in Perth te verwerk.

Doen bietjie ’n deksels-opname as jy dalk verveeld word of jou gunstelingvertoning uitverkoop is. Tel die aantal keer (per uur) wat jy “Ou Ryperd”, “Da-idi” of enigiets van die Campbells uit die tabernakels hoor weergalm.

Nugter weet wanneer die volk se pot gaan swig onder die kakofonie van klingende deksels …


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.