Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Trek ons laer of boer(ewors) ons vooruit?

Erns Grundling

Die groot geskarrel is op hande. Tentpenne word haastig maar noukeurig ingeslaan, oorlaaide Nissan-bakkies kruip kordaat na hul noodwendige bestemmings — dapper pakdonkies op wiele.

Ooms en tannies marsjeer rond soos wafferse generaals, kabels word gelê, vlae en baniere hys lugwaarts. Opdragte word uitgedeel, bevele word basuin. Plastiekstoele skuif besitlik rond, gebiede word sekuur afgebaken, draagbare kakhuise staan op aandag.

’n Luidsprekerstelsel word getoets met die hipnotiese doef-doef en brabbeltaal van “Da-idi” en “Ska-rumba”. Die migraine (Aard)klop-klop aan die deur, ’n prematuur babalaas. O die (hoof)pyn-gedagte!

Hier is opwinding in die lug, snuf in die neus, ’n jagsheid ...

Is jy gereed vir Aardklop, liewe leser? Is jou lewer verseker, jou bankbalans solvent? Jou spitsore reeds immuun? Vrees jy die kollektiewe gedruis van hordes feesgangers, wat nes sywurms kronkel en knibbel aan die groot moerbeiblaar van die kunste?

Is jou ou ryperd opgesaal? Gee jy hom vrye teuels? Runnik hy gretig in die skemer, galop hy langs die walle van die Mooirivier? Is jou kaartjiekeuses reeds gemaak, kruisies getrek langs die produksies wat jy op die daaglikse sosatiestokkie wil inryg?

Of is jy bloot hier vir die heilige drie-eenheid van braaivleis, brannas en bier?

Die fees is oorweldigend, enorm. Amper te groot vir woorde (dankie Stef Bos!). ’n Tornado van kuns, kultuur en kuier. Is die grootste hiervan dalk die kuier?

Is kuns en kuier dan bedmaats? Lê hulle lepel, of draai die een stilletjies sy rug op die ander? Wie sal eerste die knie buig, en maak dit regtig saak?

Want die fees is ook ’n koorspen. Dis deel van die groter kulturele voorraadopname, ’n vurk in die pad. Vir die dapperes wat bereid is om bietjie te besin oor die toekoms van teater en die kunste in die algemeen. Die koers van die diskoers. Trek ons laer of boer ons vooruit?

Met die feesprogram se verskeidenheid wil mens glo dat ons tribe, waaruit dit ook al mag bestaan — verteenwoordigend van vele — op die regte pad is. Ons is immers almal getuies, medepligtig en dalk selfs aandadig. Maar genoeg gepreek vir eers, die braaivleis-osoon wink ... die Biermuda-driehoek is binne sig.

Dus: poeier die neusie, bult die spiere, wees flink en paraat: Aardklop is beslis nie vir sissies nie! Gaan mal, ruk die hoender, ry die kameel en wys jou inbors. Onthou wat Amanda Strydom sing: “Hou niks terug nie, die lewe is kort.”

Mag die gode jou bewaar — en bo alles: van brullende backtracks spaar ...



boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.