Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Marmerstalletjie span kroon op fees-absurditeit

Erns Grundling

‘‘Die dood is te groot vir woorde,’’ sing Stef Bos. ‘‘Die dood begin by die voete,’’ skryf Breyten in die sestigs. ‘‘Leef hulle dood,’’ het Niekie van der Bergh volgens oorlewering by ’n vorige kunstefees gesê. Die dood word daagliks trots aangehaal deur miljoene voornemende sterwendes.

Hier by Aardklop word ons gedurig herinner aan die dood, die laaste noodwendige afskeid wat ons almal inwag. ’n Grafsteensanger beleef ’n noue ontkoming op die verhoog, mens steier om die ironiese implikasies hiervan te begryp.

Maar die absurdste herinnering aan die dood is sonder twyfel die stalletjie genaamd Elegant Granite, wat sy marmerware met groot fanfare en trots in Borcherdstraat uitstal.

Nou kyk, in my wandelinge tussen tabernakels vol tweedehandse klere, bedenklike speelgoed, Voortrekkerkappies, plastiekslange, Hello Kitty-ware en hordes ander tombolatafel-items, is grafstene die laaste kommersiële item waaraan ek sou dink.

Vir vanaf R1 800 kan jy vir jouself (of jou vriende, skoonma, gewese minnaar, troeteldier ens) ’n pragtige grafsteen aanskaf. Die tipes marmer is uiters eksoties, en word glo vernoem na hul oorsprong: Zimbabwe Black (eish!), Namibian Pearl en African Lilac.

Hoewel die stalletjie hoofsaaklik in marmer vir kombuise en badkamers spesialiseer, word daar meer as genoeg reklame vir grafstene gemaak.

Mnr Johan Naude van Leeudoringstad poseer by ’n grafsteen wat ene Ruger se naam dra, kompleet met die nodige datums. Ruger is ’n vriend van hom se geliefde hond wat nou al dertien jaar sy stert op die aarde rondswaai, en Naude het solank (op versoek) vir hom ’n grafsteen gemaak. Is Ruger al na die Diernamaals? ‘‘Ek het nog nie die vermetelheid gehad om te gaan vra nie,’’ antwoord hy.

Maar wat die kroon span op hierdie reeds absurde stalletjie, is sonder twyfel die rugbyvoorskote wat tussen die marmer hang. Jy kan jou gunsteling Curriebeker-span (met die bypassende kleur) dus saam met die reeds vermelde marmer aanskaf. Hoe rym dit?

As mens vir ’n week rondslinger op hierdie feesterrein, wil mens saam met Totius uitroep: ‘‘Die wêreld is my woning nie!’’ Gelukkig het die produksies en uitstallings die nodige ontsnapping gebied.

Nou het Aardklop 2003 ook ’n metaforiese dood gesterf. Soos met elke afskeid is daar hordes herinneringe wat voor mens opdoem.

Ek hoop Aardklop was vir iedere feesganger — op sy of haar eie manier — vreugdevol. Die Glyjakkals gaan nou eers ’n Bosveldburger en yskoue bier soek, en vir oulaas met ’n boerenooi fokstrot op backtrack-begeleiding ... Vrede vir almal!

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.