Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!

Genadeskoot dawer nie deur elke vesel van die opvoering nie

Francois Smith

Klik hier vir meer detail

Toorberg, ’n verhoogverwerking deur Malan Steyn van die roman van Etienne van Heerden.
Regie: Juanita Swanepoel.
Stelontwerp: Marthinus Basson.
Met: June van Merch, Marko van der Colff, Johann Nel, Morné Visser en ander.
Tot 24 Mei in die Kunstekaap-teater.

Wen kaartjies na 21 Mei se vertoning! Stuur dadelik 'n e-pos na zani@litnet.co.za en staan die kans om 'n dubbelkaartjie na hierdie vertoning te wen!

Van Etienne van Heerden se roman Toorberg is dit veral Abel Moolman se genadeskoot op die kleine Druppeltjie du Pisani wat in my geheue bly galm. En onbewustelik het ek verwag dat Malan Steyn se verwerking daar sal eindig – dit is in ‘n sekere sin die begin en einde van die roman, die sleutelmoment. En dit is dan presies waar hierdie opvoering eindig, met daardie kardinale moment waarin die Moolman-familie en die Skaam-familie, die bruin Riete, die lewendes en die dooies, om die boorgat saamskarrel en wag op daardie skoot wat die verlede en die toekoms in sal weergalm. Sonder dat enigeen daarna sal weet wie werklik die skoot gevuur het. Wie was aandadig? Wie was onskuldig?

Malan Steyn en Juanita Swanepoel trek Van Heerden se verwikkelde verwewing van stemme verhoogmatig – en vir ‘n kindergehoor! – saam deur skerper op die speurelement te fokus. Die intrige stuur dus strakker op hierdie “primordiale moord” af, en die gebeure wentel nouer om die ondersoek van magistraat Abraham van der Ligt: Was daar ‘n moord? Wie is skuldig?

Hierdie toegewing is kennelik deels beïnvloed deur die vraag oor wat vir die deursnee-matriekverbeelding boeiend en/of verteerbaar sal wees. (Die opvoering is vernaamlik gerig op graad 12-leerders wat Toorberg as voorgeskrewe boek het.) In die lig hiervan is dit ook nie ‘n verrassing dat die opvoering ‘n multimedia-karakter het nie, hoewel daar na my gevoel op hierdie terrein meer gewaag kon word, veral om aan die magies-realistiese karakter van die roman gestalte te gee. Maar geld was sekerlik ook ‘n bepalende faktor.

In van die reklame vir die opvoering bestempel die produksiespan Marthinus Basson se stel as sou dit in die “voorstellende styl” wees, met ander woorde, al die verskillende ruimtes is van begin tot einde teenwoordig, en die gehoor moet met geringe hulp van rekwisieteverskuiwings en beligting die verbeeldingspronge na toneelwisselings maak. Die stel is treffend en effektief, en die boeiendste aspek daarvan is dat net die voorgrond belig word en dat die diep agterverhoog in duisternis gehul is. Dikwels kom karakters en/of stemme – hoofsaaklik gestorwenes – vanuit die donkerte na die lig. Die verhoog (die hede) het op dié wyse as ’t ware ‘n onbewuste, ‘n verlede, waarvan jy bewus gehou word deurdat daar figure en stemme daaruit opdoem en daarin verdwyn. Dit is juis hierdie meespeel van verlede en hede, van lewendes en gestorwenes, wat die roman, en in ‘n mindere mate die toneelstuk, se vraag na besit, mag, skuld en onskuld so verwikkeld en aangrypend maak.

Met die opening het talle tegniese haakplekke die impak belemmer, maar wat miskien ‘n groter haakplek is, is dat van die akteurs hul karakters nie ‘n werklike teenwoordigheid gee nie. Al die verskillende Abels word nie die magsfigure wat hulle veronderstel is om te wees nie, en Karien Polley raak as Ella Moolman soms onhoorbaar, haar spel bloot geaffekteerd. Dit is gelukkig nie die geval met Johann Nel as die magistraat nie, hoewel sy uiteindelike “verswelging” deur die geskiedenis wat hy moet ondersoek, nie behoorlik toneelmatig uitgedra word nie. Dit is ook te betwyfel of Faruq Valley-Omar as Slams, die towenaar, as verteller oortuig. Veral sy woordgebruik kom ongeloofwaardig voor.

Maar daarteenoor sorg Leon Kruger se vertolking van Waterwyser du Pisani vir een van hierdie opvoering se besielende momente.

En per slot van rekening is dit dan ‘n stuk wat sy momente het, en as hierdie sprankeling hegter gebind kan word, en die akteurs veral aan hul hoorbaarheid werk, kan dit ‘n produk word wat op ‘n verrykende wyse naas die roman beskou kan word.

Maar daardie genadeskoot dawer nie deur elke vesel van die opvoering nie. Dit het deels te make met die feit dat die roman hom nie sommer laat verwerk nie, maar deels is dit bloot ‘n tegniese kwessie, naamlik dat dit in die opvoering met ‘n klappergeweertjie gedoen word. En hoe kan jy so ‘n ou skootjie in die videobenewelde bewussyne van tieners laat weergalm? Veral as jy die klappervonke ook nog uit die vleuels kan sien spat. Dit behoort met klankeffekte gedoen te kan word: ‘n .303-skoot wat teen klip en krans klap, deur verlede en hede suis, en deur elke hart ruk.

  • Lees Francois Toerien, produksieleier van die opvoering, se onderhoud met Etienne van Heerden

  • Lees ook die resensie in The Argus

    Klik hier en wen!
    Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!




    LitNet: 16 Mei 2005

    Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.