Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Francois Toerien trap soms oor die fyn lyn

Denene Erasmus

Die Francois Toerien Show
Sketskomedie met Francois Toerien, Lorraine Burger, Esther von Waltsleben, Martelize Kolver en Alton Ungerer
Teks deur Francois Toerien
Spelleiding deur Juanita Swanepoel
Opgevoer by Klein Libertas Teater, Stellenbosch
9 tot 12 Junie 2004

Die Francois Toerien Show is na die sukses wat dit verlede jaar behaal het, terug op die planke met ses nuwe sketse. Die vertoning bestaan uit 'n wye verskeidenheid komiese kamees. Sommige van die sketse is baie snaaks en ander banaal.

Francois Toerien spot met alles en almal en hy trap 'n paar keer oor die fyn lyn tussen wat snaaks is en mee gespot kan word en wat nie, maar dit blyk duidelik uit een van die korter sketse dat hy wel van dié feit bewus is.

Een van die meer banale sketse handel oor 'n vrou se jaarlikse besoek aan 'n ginekoloog. Die grappe wissel van die tipe wat die gehoor ongemaklik laat proes tot dié wat mens laat skaterlag. As jou gehoor simpel genoeg is om vyf, ses keer in 'n ry te lag vir die woord klitoris, hoekom dit nie uitbuit nie?

Een van die korter sketse dryf die spot met die fliek Phone Booth. Die resultaat is skreeusnaaks. Enige persoon wat al ooit in Stellenbosch verblyf gesoek het, sal dié skets geniet wat handel oor hoe belaglik die eiendomspryse (veral in verhouding tot spasie) in Stellenbosch is.

Francois Toerien en Martelize Kolver lewer puik komiese spel. Die ander spelers kwyt hulleself ook goed van hul taak, maar is nie deurgaans altyd so snaaks as wat hulle probeer wees nie.

Elke gehoorlid sal sekerlik haar gunsteling en "minder gunsteling" hê onder die sketse. Die Francois Toerien Show is beslis nie vir oorsensitiewe kykers nie en ook nie vir mense wat nie 'n grap kan vat nie.

As u gaan kyk en tydens die pouse lus voel om eerder te loop, moenie, u deursettingsvermoë sal beloon word!



LitNet: 23 Junie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.