Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Rooiligteater

Charles J Fourie

Die ondergrondse rooiligwÍreld van die sekswerker, prostituut, hoer, geisha, of dan gesellin soos sy voorstedelik beter bekend staan, was al die onderwerp van menige kunspleging. Hetsy visueel, literÍr of musikaal is sy al in al haar fasette van mens en muse wees besing deur van ons grootste kunstenaars deur die eeue. Om nie te praat van die talle hedendaagse dokumentÍre films, kletsprogramme en tydskrifartikels wat al oor en rondom die lewe van die “arme gesellin” en die mens agter die mens in die bedryf gedokumenteer is nie.

Vir die oningewyde en oningeligte skyn sy ’n vreesaanjaende toonbeeld van sosiale en morele verval in ons samelewing te wees. Ironies genoeg, en ten spyte van die talle aanslae op haar nederige beroep, is sy al met ons so lank soos die gebruik van kleredra is. Selfs die Katolieke Kerk had op ’n stadium sy eie pouslike bordeel, om nie te praat van Salomo se harem nie. Of was hy nou met elk van sy honderde vrouens getroud?

Regisseur Corey McLeod vertel dat hy in Drieankerbaai woon en daagliks met Somersetweg, Groenpunt, langs ry en nog altyd gewonder het oor die verhale wat die sekswerkers op straat en in gesellinagentskappe kan vertel. Vandaar die grootse inspirasie om saam met die aktrises Chan Marti en Rishina Ratnam van die agentskappe te besoek en met die dames te gaan gesels. Die resultaat is ’n werkswinkelproduksie genaamd Sweat on Somerset wat tans te siene is by die Nico on the Side.

Uit die staanspoor word ons meegedeel dat die produksie ’n dokumentÍre ondersoek na die lewe van die gesellin is, wat ongelukkig te veel aansluiting vind by die oppervlakkige artikels wat mens teŽkom in vrouetydskrifte en jou dus voorberei vir ’n sedeles oor die armsalige bestaan van die prostituut.

Op die verhoog het ons te make met twee sekswerkers, Kirsty en Rolene, en die talle ander karakters met wie hulle in aanraking kom, soos die kliŽnte en natuurlik hul baas, die Sweed. Verrassend genoeg stap die twee jong aktrises, Chan Marti en Rishina Ratman, nie net die stap nie, maar praat hulle ook die praat van hul karakters - so oortuigend dat jy vir ’n oomblik voel jy sit in ’n regte gesellinklub iewers in Parow of Constantia.

Die twee sekswerkers se onderskeie verhale en hoe hulle in die bedryf beland het, vorm die grondslag vir die vertelling van die toneelstuk, met heelwat anekdotes oor kliŽnte en die bedryf self. Veral snaaks was die beskrywing van die betrokke gesellinklub wat op ’n stadium ’n departement van die Universiteit van Kaapstad kon gewees het weens die aantal vrouestudente wat op diť manier hul studiegelde betaal het.

Ook die enkele anekdotes rondom die daaglikse bestaan en die kompetisie tussen sekswerkers was baie snaaks, maar ongelukkig het mens die tragiese verhaal van die twee dames al te veel gehoor. “Ek kon nie ’n werk kry nie ... my kind het skoene nodig ...” Dis hier waar die toneelstuk te kort skiet en nie nuwe lig werp op ’n reeds geykte onderwerp nie.

Ook die vertellinge rondom die tipes kliŽnte, meestal mans, wat van die dames se dienste gebruik maak, is deurspek met die een clichť na die ander. Is dit regtig net besigheidsmanne wat daarvan hou om vasgebind te word en met die karwats bygekom te word? En sukkel net dronk mans om orent te staan?

Mens wil glo die oppervlakkige beskrywinge is seker so deur werklike sekswerkers aan die kreatiewe span weergegee en dis ongelukkig waar dit eindig. Die regisseur en aktrises kon die gegewens eerder verder geneem en gepoog het om werklik agter die kap van die byl te kom. Die “intieme” verhouding tussen die sekswerker en die kliŽnt moet tog ’n veel meer komplekse een wees as wat in die produksie voorgehou word.

’n Aspek wat ook grootliks misgekyk word, is die argaÔese verhouding tussen mans en prostitute, en die seksuele intrige van ’n sogenaamde kontemporÍr bevryde samelewing wat egter steeds afhanklik is van sy dames van die nag. Ook die diverse kulturele netwerk van die prostituut se bestaan word nagelaat. Wat het geword van die Asiatiese kliŽnte wat gesellinklubs so graag vanaf hul skepe aandoen?

Die slotgedeelte, waartydens Kirsty agter die geslote deure van ’n voorstedelike herehuis gaan kuier waar seksuele psigoterapie die neiging is, was net so vervelig en oninsiggewend. Miskien moet die kreatiewe span so ’n bietjie gaan delf in die Markies de Sade se Philosophy in a Bedroom as hulle wil weet hoe dit gedoen kan word sonder om ’n oppervlakkige sedeles te preek.

Toevallig het die dramaturg, Deon Opperman onlangs tydens die Grahamstadse Kunstefees ’n meer suksesvolle vertelling rondom die lewe en lot van ’n gesellin op die planke gehad met sy toneelstuk Whore; en nouja, mens wil nie werke vergelyk nie, maar as dit op die inhoud afkom slaag Opperman veel beter daarin om meer van die gesellin se ondergrond te ontbloot.

Chan Marti en Roshina Ratnam moet egter alle lof kry vir hulle spel, want soos die dames wat hulle op die verhoog vergestalt, werk die twee ook hard vir hulle geld en besit hulle hope talent waarvan ons nog baie te sien gaan kry in die toekoms.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.