Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Faan se Trein stoom hierdie week deur Kaapstad!

Persverklaring

Dertig jaar nadat Faan se Trein oorspronklik in Kaapstad opgevoer is, is dié bekroonde toneelstuk nou weer hier vir toneelliefhebbers beskore.

Dié splinternuwe opvoering, onder leiding van Albert Maritz, is by vanjaar se KKNK met die Kanna Herrie-toekenning bekroon nadat die gehore dit as die gewildste produksie ingestem het. En op sy beurt het Paul Eilers, in die titelrol, met die Kanna-toekenning vir beste akteur weggestap.

Nou gaan ‘n ruimhartige borgskap van Sanlam help om speelvakke by verskeie kunstefeeste en teaters in ander dele van die land moontlik te maak, onder meer van 14 tot 16 Junie in die ouditorium van die Hoërskool Durbanville.

Besprekings vir dié opvoering is reeds oop. Belangstellendes kan vir Trudie 082 565 1401 of Elsa 082 578 8655 skakel.

Die rolverdeling bestaan uit van dié bekendste Afrikaanse akteurs soos Paul Eilers as Faan, met Johan Botha as Faan se pa, Ou Frik, en Johan Malherbe as die dominee. Ander rolle word vertolk deur Sophia Hugo (Truia), Ivan Zimmermann (dokter) en Wilma Schoeman (dokter se vrou), Hannetjie Smit (dominee se vrou), Deon Lotz (sersant) en Viljé en Martiens Maritz as die seuns.

Die inheemse werk, geskryf in die vroeë sewentigs deur die bekende dramaturg (en nou Hertzogprys-wenner) Pieter Fourie word nog steeds deur teatergangers met deernis onthou. Die storie van die Oosthuizens is eenvoudig, maar in hul eenvoud simboliseer hulle genoeg basiese lewenswaardes. In Faan se pittige humor lê die tragedie opgesluit wat enige mens aan die hart sal gryp. Faan sien die ‘bulldozers’ as die verpersoonlikking van alles wat sy beskermde bestaan bedreig. Sy en Ou Frik se stryd is die kern van ‘n lewensgetroue verhaal, deurspek met die idiome en atmosfeer so eie aan sy milieu.

Paul Eilers het as jong man by die legendariese Johan Fourie-toneelgeselskap aangesluit wat gelei het tot ‘n uitgebreide loopbaan as akteur en radio-omroeper. Eilers het die rol van Faan met insig en ‘n nuwe aanslag aangepak en maak sodoende die rol sy eie.

Met Sanlam se borgskap sal Faan se Trein ook by die Innibos-kunstefees, Nelspruit (29 Junie – 3 Julie), die Staatsteater, Pretoria (6 – 9 Julie), die Volksblad-kunstefees, Bloemfontein (12 – 17 Julie) en die Aardklop-kunstefees, Potchefstroom (27 September – 1 Oktober) opgevoer word.



LitNet: 13 Junie 2005

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.