Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die KKNK- en Grahamstad-feeste — waar Boer en Brit (en swart en wit) deur die kunste (en kuier) verryk word

Erns Grundling

Jy hoor hulle van ver af. Die stemmetjies wat a capella sing, vol skril emosie. Sonder instrumente f backtrax. Maar hulle sing hul harte uit. Met gebakte hande en ’n verrinneweerde mussie wat oopgevou op die gras l en wag vir brons simpatie. Hulle is die straatkinders van ons twee groot nasionale kunstefeeste. Op Oudtshoorn sing hulle “Ska-rumba” en “Boesmanland”, op Grahamstad sing hulle die “Click Song” en “Shosholoza”.

’n Dekade terug was volbloedkunstefeeste regoor die land so skaars soos ’n internetkafee in die 80’s. Vandag kan mens skaars tred hou met ’n nuwe “fees-imperialisme” wat ons landkaart, lewers en ledige ure vul.

Dit is juis die onlangse bekgevegte oor die Volksblad-fees op SNet wat my genoop het om ’n paar gedagtes oor vanjaar se KKNK- en Grahamstad-feeste te deel, aangesien dit Suid-Afrika se twee groot nasionale kunstefeeste is.

Dit is nie soseer kommentaar, ’n terugblik of selfs ’n empiriese verslag nie. Die karwats is ook veilig weggebre. Noem dit maar ’n middernagtelike gebrabbel deur ’n feesvoos verslaafde vryskutglyjakkals. Al wat nou op Big Brother II wys, is die twee katte wat baklei (die wat whiskas eet, nie die in bikini’s nie), so daar is in elk geval niks beter om te doen nie ...

Oudtshoorn en Grahamstad is soos twee verskillende planete in dieselfde feestelike konstellasie, met die gemeenskaplike doel om die kunste uit te leef en te bevorder. Daar is egter ’n hele spul fassinerende verskille n ooreenkomste wat in die huidige Suid-Afrikaanse werklikheid interessant is om te ondersoek.

Op ’n basiese vlak is die verskil in seisoene, wanneer dit by die fees se aanbieding kom, relevant. Waar die KKNK gekenmerk word deur snikhete sonskyn (en ’n gebibber snags, veral in ’n tent), val die Grahamstad-fees saam met ysige winterweer. Dit het dus ’n natuurlike invloed op die onderskeie feeste se atmosfeer.

Die twee dorpies se geskiedenis en geografie verskil ook hemelsbreed. Oudtshoorn, in die hartjie van die Klein Karoo, net so neffens die Swartbergpas, het ’n ryk geskiedenis. Net buite die dorp is die Kango-grotte, wat beslis ’n natuurwonder is. Verder het ’n kleurryke karakter soos CJ Langenhoven ’n baie spesifieke identiteit aan die dorp verleen. En dan is daar natuurlik die volstruise en die geskiedenis van die veer-industrie.

Grahamstad is weer gele in die ongenaakbare landskap van die Oos-Kaap, en het self ook ’n geskiedenis om van kennis te neem. Dit is hier waar die Setlaars en Xhosas toentertyd oorlog gevoer het, en Egazini (Place of Blood) is stil getuienis van groot veldslae. Die legendariese Xhosa-leier Makana het ook teen die heuwel buite die dorp gewoon, terwyl die Setlaarsmonument en Rhodes-universiteit die invloed van Britse imperialisme saam met hul name dra. Tog was Grahamstad deur die jare ’n liberale en kreatiewe hutspot, en die nasionale kunstefees het veral in die donker jare van Apartheid ’n groot rol daarin gespeel.

Om die twee feeste beter te begryp moet mens natuurlik ook kyk na die borge. Waar die Grahamstad-fees vir jare ondersteun was deur Standard Bank as hoofborg, het di bank vanjaar sy borgskap aansienlik verminder. Daar was dadelik groot konsternasie toe di nuus bekend word en die doemprofete het hulself dadelik begin verlekker. Maar gelukkig het veral die Oos-Kaapse regering ingespring en gehelp dat daar vanjaar selfs meer mense was wat die fees besoek het. Die feit dat geld van regeringskant gekom het, het egter geen politieke demper op die fees geplaas nie. Trouens, die volgehoue en uitgebreide diversiteit van die vertonings was ontsettend welkom ...

By die KKNK speel Nasionale Pers, veral die koerant- en tydskrifafdeling Media24, ’n integrale rol in die fees se opset, veral wat borgskappe betref. (Dalk die Klein Karoo Nasionale Pers Kunstefees? Grappie, grappie ...) Waar die fees natuurlik ’n wonderlike platform is vanwaar die maatskappy se tydskrifte en koerante bemark word en ’n volgehoue Afrikaanse leserspubliek aangemoedig word, is dit natuurlik ook ’n viering en uitbouing van die kunste in Suid-Afrika. Verskeie ander borge, soos Sasol, Parmalat en ook die Wes-Kaapse regering (wie is hulle premier deesdae?), het ook oor die laaste agt jaar hul geldwaentjies bygehaak. Die KKNK verskil dus in di opsig van Grahamstad in die sin dat die Karoo-fees ook ’n spesifieke doel het om Afrikaans te bevorder en te laat juig (waarmee daar nie noodwendig iets verkeerd is nie). Grahamstad is weer meer eklekties ingestel en kom vanuit ’n totaal ander tradisie en milieu.

Vanjaar was nostalgie en retro ’n belangrike tema by die KKNK, waar die Grahamstad-fees nie ’n spesifieke reklameveldtog geloods het nie. Geliefde TV-karakters soos Haas Das, Liewe Heksie en Sarel Seemonster het ’n terugkeer op T-hemde, lamppale en reklame-materiaal gemaak. Dit was beslis ’n slim taktiese skuif om veral ’n jonger generasie te betrek, hoewel Haas Das se terugkeer nie sonder kritiek was nie.

Daar was heelwat vrae oor of dit gepas was om ’n ikon uit die vorige regime te gebruik as hoofsweep van ’n nasionale kunstefees se reklameveldtog. Iemand het selfs gevra of Haas Das nie dalk die Paashaas (Paas Das) is nie!

Dit was egter gou duidelik dat Haas Das meer as welkom was by die KKNK. En hier speel humor ’n groot rol, want dit bly die een kenmerk van die Afrikaanse dinamika. Solank ons in die taal kan lag, is dinge nog orraait. Ek is nou nog baie spyt dat ek nie haas-tig genoeg was om betyds ’n Haas Das T-hemp te koop nie — dr is nou vir jou ’n gaping in my versameling!

Mens kan tog ’n lansie breek vir nostalgie, want as ’n verteenwoordiger van die geslag wat grootgeword het met ’n televisie in die huis, is ’n terughunkering na ou helde van kinder-TV (bv Dawie die Kabouter, Brakkenjan en Niels Holgersson) een van die lekkerste tydverdrywe n aanknopingspunte na ’n paar glasies wyn.

As die KKNK iewers nog ’n “K” kon inpas by hul kenmerkende akroniem, sou dit beslis vir “kuier” gewees het. Kom ons span Caps Lock in: KUIER! As Alan Paton vandag nog in ons midde was, sou hy dalk “Braai the beloved country” oorweeg het as titel vir ’n roman. Maar die (soms oordrewe) kuierkomponent is natuurlik goed n sleg.

Vir baie mense is die KKNK, benewens die vertonings en kunste, die ideale plek om weer kontak te maak met ou vrinne en trawante. En dt kan mos nou nie sonder ’n grootskaalse gekuier gepaardgaan nie. Tog is dit asof die gekuier die laaste paar jaar al hoe meer begin toeneem het, tot op die vlak wat dit baie mense grensloos irriteer.

(Laat ek sommer hier dit prontuit stel: Ek sukkel self om matigheid voor o te hou as ’n fees eers op dreef kom; miskien het dt my aan die drink ... oeps ... dink gesit. Maar mens moet ook iewers seker maar ’n streep trek, want soms voel dit net asof die kuierkabaal die kuns self oorweldig, en selfs verswelg.)

Hoewel daar vanjaar by albei feeste meer polisieversterkings was, en misdaad kenmerkend afgeneem het, het daar beslis meer drank by die KKNK gevloei as op Grahamstad. En dit, vanuit ’n kuierperspektief (let wel: NIE KUNSPERSPEKTIEF NIE), maak die KKNK tegelykertyd lekkerder n slegter as die Grahamstad-fees. By Grahamstad is die vibe heelwat stiller — die wyntent maak byvoorbeeld reeds na 17:00 saam met die Village Green se stalletjies toe.

Saans kuier mens vanwe die koue eerder binnenshuis by plekke soos die Long Table Restaurant of die warm kaggels van Die Taphuis. As iemand met ’n redelik soliede Afrikaanse verwysingsraamwerk mis ek soms die uitbundigheid van die KKNK se kuiersessies, maar dis wonderlik om in Grahamstad te loop, wetende dat jy nie deur ’n dronk massa oorval gaan word wat al strompelend “Ou Ryperd” a capella sing nie. Of “Die Stem”. Dit gee mens ook kans om in rustigheid na te dink oor alles wat mens die dag beleef het. Die feit dat Grahamstad minder verkeer het as die KKNK, maak parkering makliker, maar sorg ook vir ’n totale aanslag van “car guards”. As mens elke dag op tien plekke stop (wat heel moontlik is tydens ’n fees) en vir elke car guard en hawelose bedelaar R2 gee, is mens se beursie beslis dolleeg teen die einde van die week. Maar dit vir eers daar gelaat ...

Mens kan baie kwytraak oor die vertonings wat by die twee feeste aangebied word, maar dit het die meeste resensente reeds gedoen. Hier volg kortliks ’n paar opmerkings en gedagtes wat sommer nou in my kop opkom — dit sal ’n tesis verg om gestand te doen aan al die vertonings en wedervaringe wat mens by die onderskeie feeste beleef:

  • Produksies by die KKNK, soos David Kramer se Karoo Kitaar Blues, Gert Garries (’n Baaisiekel-babelas) en Vatmaar, was uitstekend en verteenwoordigend van ’n meer “nasionale” identiteit. Hier is kuns en kwaliteit die hoofoorwegings, nie politiek nie. Om te sien hoe Tokas Lodewyk van Richmond ’n besielende riel kap tydens Kramer se vertoning is iets wat ek my hele lewe sal saamdra. Tog is die fees in sy geheel nog steeds te wit, hoewel die fees baie moeite doen om met die Voorbrandfees na omliggende gemeenskappe uit te reik. Hopelik sal produksies in die toekoms meer verteenwoordigend van die brer Afrikaanse gemeenskap wees, dus ’n “nasionale kunstefees” in die ware sin van die woord.

  • Die Grahamstad-fees het weens sy unieke fokus en geskiedenis uiteraard meer diverse aanbiedings wat toeganklik is vir verskeie kultuurgroepe. Dit was interessant om vanjaar te sien hoe ’n teaterwerk soos Tina Johnson se The Coolie Odyssey bv op ’n verfrissende manier kyk na die Indirs se geskiedenis in Natal. Nog ’n absolute meesterstuk was die legendariese John Kani se Nothing but the Truth, waarin hy self ook speel. Dit word beskou as een van die beste post-Apartheid-dramas nog, en vat Suid-Afrika die land se onlangse politieke geskiedenis n toekoms op ’n menslike en emosioneel treffende wyse saam. The Studio is ook ’n baie geslaagde inisiatief in die aangrensende township, en jy het nog nie ’n Grahamstad-fees beleef as jy nog nie by Potjie Grahamstown ’n draai gemaak het nie. Na afloop van ’n energieke vertoning deur die President Award Gumbooters en kunstenaars soos die Kutcha Marimba Band, word mens bederf met township-kos uit die boonste rakke. Isisqamba (spinasie, kool, mielierys en uie), Inyama (bredie) en roosterkoekies is van die disse waarin mens jouself kan verlekker.

  • Wat rockmusiek betref, het die KKNK met sy Tassenberg Stalteater en Kaktus op die Vlaktes vir ure se genot gesorg. So ook die jazz by Grahamstad, wat die fees op ’n hoogtepunt afgesluit het met ’n uitverkoopte vertoning deur die wit Zoeloe Johnny Clegg. Dit is baie goed dat die feeste twee verskillende markte stimuleer. Dagga-Dirk Uys verdien ’n medalje vir sy visie om blootstelling aan jong Afrikaanse rockgroepe te gee by vanjaar se Kaktus, en ook by die Stalteater. (Ek sit juis nou en luister na die Tassenberg 3 All Stars CD — ’n uitstekende album wat wemel van nuwe talent.)

  • Met die heengaan van die Martell Blues Rockfees op Grahamstad so ’n paar jaar gelede hoop mens tog dat rock-musiek weer ’n ordentlike terugkeer sal maak. Want by uitsondering is die meeste musiekvertonings (behalwe natuurlik die jazz en die eksperimentele New Music Indaba) by Grahamstad nostalgiese huldeblyke aan oorsese groepe en musiekstyle. (Dit was by die einste Martell-fees ’n paar jaar gelede wat ek ernstige “akoestiese trauma” in my regteroor (aldus die algemene praktisyn op Uitenhage) opgedoen het. Dit gebeur as mens van pure lekkerkry teenaan die luidspreker staan tydens ’n Valiant Swart-vertoning.) Van Valiant gepraat, hy was juis vanjaar terug op Grahamstad, en het ’n paar stomende vertonings saam met sy groep gehad binne Die Taphuis, wat die laaste paar jaar deur SAfm gebruik word as ’n lokaal vir lewendige optredes deur van die land se voorste kunstenaars.

  • As daar iets is wat uitstaan by die Grahamstad Kunstefees, en waarvan die KKNK beslis kan kennis neem, is dit die gratis straatteater. Vanjaar was daar weer drie puik gratis produkies, wat elk op sy eie manier ’n visuele skouspel was. Behalwe vir Ellis Pearson en Bheki Mkhwane wat geskitter het in The Hungry, was daar ook twee briljante oorsese produksies wat deel uitgemaak het van die straatteater. Freebirds was ’n multimediafees met samewerking tussen die Het Waterhuis van Nederland en Suid-Afrikaanse kunstenaars, met ’n sterk boodskap teen vigs. Die Yunnan Hua Deng Arts Ensemble, ’n dansgroep van China, het ook vir groot vermaak gesorg. Dit sal wonderlik wees as die KKNK bietjie bel in goeie straatteater, wat ’n wonderlike (gratis) alternatief sal bied vir die hordes gratis verho op die fees.

  • Op Grahamstad het William Kentridge, Dawid Minnaar en die Handspring Puppet Company weer eens vanjaar kragte saamgespan en ’n multimedia-operawerk, Confessions of Zeno, opgevoer. Hoewel die stuk gemengde reaksie ontvang het, was die meeste mense dit eens dat dit ’n visuele hoogtepunt en aanslag op die sintuie was. Mens hoop die Handspring Puppet Company maak dalk eendag ’n draai in Oudtshoorn met ’n produksie in Afrikaans f Engels. Nog ’n vertoning wat baie gewild was op Grahamstad, was die toneelstuk Chasing Chairs, waar Sue Pam-Grant en Marcel van Heerden die konflikte binne ’n huwelik op briljante wyse uitgebeeld het. Van Heerden was natuurlik op sy dag lid van die eksperimentele Afrikaanse musiekgroep, Koos, wie se een snit, “Cowboy”, op die Volvry-album gehoor kan word.

  • Die Boekeparadys was weer eens vanjaar di plek om te wees op Oudtshoorn, en dit was goed om te verneem dat die jong Jackie Nagtegaal se debuutroman, Daar’s vis in die punch, een van die topverkopers was. Van haar boek gepraat, die Huisgenoot Watergat moet ’n klop op die skouer kry vir ’n heerlike bekendstelling van haar boek tydens die KKNK. Dit was seker die eerste keer dat ’n Afrikaanse roman met ’n moerse rock-konsert (wat Karen Zoid, Sons of Trout en hope punch ingesluit het) bekendgestel is.

  • Dan was daar natuurlik die hele palawer met Steve Hofmeyr se resensie en die daaropvolgende skermutseling met Krit se redakteur, Jan-Jan Joubert. Ek gaan nou nie veel daaroor kwytraak nie, want ek was self op Krit se redaksie en het alles voor my sien afspeel. Daar is in elk geval al tot vervelens toe oor die hele voorval berig, en die verskillende stemme het ook hier op SNet weergalm. Dit is egter jammer dat so ’n voorval die hele fees as t ware gekaap het, toe daar eintlik soveel meer was om op te fokus. Ten minste was daar in die weke net na die voorval interessante debatte in die pers (en sitkamers!) oor die rol van resensente in kunsjoernalistiek. Wat die skoene betref, kan ek maar net ’n song van Valiant quote: “Die skoene moet jy dra ...”

  • Die KKNK was ook die plek waar die hele kwessie van backtrax, front trax en gerugte oor “mimiek” na vore getree het. Die hele issue word tans behoorlik op SNet uitbaklei. Persoonlik het ek nie veel van ’n erg aan backtrax nie, maar het nie soseer ’n probleem as iemand dit gebruik nie. Eintlik het ek vrede daarmee. Dit was egter nogal vreemd om die Afskop-konsert op die Oudtshoorn Sportterrein by te woon, en te sien hoe kunstenaars soos Patricia Lewis, Dozi, Kurt Darren en Theuns Jordaan stoksielalleen op daai moerse groot stage (wat ook vir Kaktus gebruik word) staan en hulle liedjies met backtrax sing. Eish. Daar was ’n swetterjoel mense wat Afskop bygewoon het — eintlik derduisende. Ek hoop regtig hulle maak volgende jaar ’n plan om ’n paar muso’s ook op die verhoog te kry. Daar is te veel briljante musikante in die land wat bars om te oorleef. Dit sal ook nice wees as van die muso’s ook hul stemme op SNet laat hoor; dit sal nog meer geloofwaardigheid gee aan die hele backtrax-debat — dit gaan tog immers oor hulle tantime, as ek die storie reg verstaan ...

  • By Grahamstad was die enigste ding wat bietjie van ’n opskudding veroorsaak het, ’n groot banier van SAfm waarop een van daai opgeblaasde sekspoppe was, met die onderskrif “It’s better live.” Maar dit was ook gou vergete, en ’n stokou oom het een aand lank na die pop gestaar en ges: “You know what is strange ... it has no feet!” Tot my verbasing het ek besef hy was reg!

  • Ek hoop ook dat daar in die toekoms meer Afrikaanse produksies na Grahamstad sal gaan. Dit was opvallend hoe baie Afrikaanssprekendes in die strate van Grahamstad rondgedwaal het, en ’n produksie soos Amanda Strydom se State of the Heart het goed gevaar met die kaartjieverkope. Dalk is ’n bietjie kruisbestuiwing tussen die twee feeste ’n goeie idee — dit hoef mos nie hul onderskeie identiteite te veel te raak nie.

    Albei feeste lewer ongetwyfeld ’n belangrike bydrae tot die kunste in Suid-Afrika. En dit is ook logies dat party mense die een bo die ander sal verkies. Ek stel voor dat mens ’n draai by albei maak, en self besluit. Gelukkig is daar twee wonderlike “padkafees” ’n ent buite beide feesdorpies wat enige terugrit huistoe die moeite werd maak. Die Nanaga Padkafee op die N2 buite Grahamstad het beslis die beste pasteie onder die son, en dit pla niemand om in die wye oop Karoo op Route 62 tot R8 vir ’n bier by die magiese Ronnie’s Sex Shop uit te haal nie.

    Die dae is verby dat Boer en Brit en swart en wit moet swaarde kruis, veral wanneer dit by kunste kom. Hoewel elkeen van die twee feeste hul eie geur het (wierook vs braaivleis ... grappie!) is daar tog baie wedersydse lesse wat geleer kan word. En albei moet op die ou einde die hele nasie dien, want dit staan so in hul onderskeie name!

    Ek dink egter steeds dit sal wonderlik wees om eendag by ’n kunstefees rond te dwaal en die “Click Song” en “Boesmanland” op dieselfde straathoek te hoor ...


    Erns Grundling is ’n vryskutjoernalis en tans besig met sy BPhil in Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.