Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dramabiblioteek ’n noodsaak

Jean Meiring


Ek verdraai effe die titel van Timberlake Wertenbaker se puik toneelstuk Die nagtegaal se liefde, wat onlangs deur die Universiteit van Stellenbosch se drama-departement opgevoer is: dié twee Nagtegaals — dit wil sê romansier Reinet en haar man Dirk — se liefde lê duidelik by die Afrikaanse teater.

Die verhoogtekskompetisie wat hulle in die lewe geroep het en borg, en wat vanjaar sy eerste lewe beleef het, het na berig word, suksesvol verloop.

Byna ’n honderd tekste is ingeskryf; sewe is met louere uitgesonder. Sewe nuwe opvoerbare stukke in Afrikaans is ’n prestasie waaroor niemand haar neus sou wou optrek nie. Trouens, dis ’n groot prestasie.

Dat die kompetisie ’n ou Griek bekroon en geen nuwe Turk van onder ’n maatemmer uitvee nie, is nie noodwendig ernstige kritiek nie. Daar is genoeg onbekende name onder die presterende uitgesonderdes om teatergangers opgewonde te maak.

Daar kan (en behoort ook) baie oor die afgelope kompetisie besin (te) word om ’n goeie ding nóg beter te maak. Dít gebeur wel. (Sien OpStage passim.)

Maar die een stukkie nuus — of waarskynlik eerder in-die-vooruitsig-stellery — wat my veral opgewonde stem, het ek êrens (byna weggesteek) aan die einde van ’n nuusberig in Die Burger gelees.

En dit is dat die Nagtegaal-egpaar, ’n herrese meneer en mevrou Maecenas, beplan dat daar mettertyd (stellig) op Oudtshoorn ’n “databank” van die ingeskrewe toneelstukke ingerig en opgebou word. Sodat toneelgeselskappe en individue in die toekoms tekste daar kan soek. Tekste daar kan lees, bespreek, kritiseer?

My gedagtes gaan onwillekeurig na die pragtige Poetry Library, wat as deel van die Royal Festival Hall-kompleks op die opnuut trendy en vibrante suidelike bank van die Teems een van die blinkste sterre in Londen se belletristiese kroon is.

Dié biblioteek is in 1953 ingerig en het vele omswerwinge onderneem voordat dit in 1988 in die Royal Festival Hall-kompleks ’n intrek geneem het. Dit huisves twee kopieë van elke digbundel wat sedert 1912 in Brittanje gepubliseer is, en ook talle buitelandse digbundels, oorspronlike werke in Engels en ook vertalings uit die wêreldletterkunde.

Een kopie word — vir navorsingsdoeleindes — altyd op die rak gehou, en ’n ander mag deur ingeskrewe lede geleen word. Vandag bevat dit byna 80 000 bundels; so te sê elke land in die wêreld word verteenwoordig.

Ook bevat dit baie materiaal wat andersins moeilik opgespoor sou kon word: little magazines, geleentheidspamflette, koerantknipsels, noem maar op.

Gesien die tragiese feit dat bitterweinig Afrikaanse drama- en kabarettekste enigsins meer gepubliseer word, is so ’n “databank” van dramatekste ’n uitmuntende idee.

Maar, sou ek die Nagtegaals aanraai, dink gróót.

Maak dit ’n dramabiblioteek geskoei op die Poetry Library in Londen. (En vermy tog ten alle koste die onpoëtiese woord “databank”.)

Laat die dramabiblioteek gaandeweg wyer as net die kompetisie-inskrywings self strek. Versamel die waarskynlik meer as ’n honderd nuwe tekste wat oor die afgelope dekades uit die AKTV Tienertoneeltoneelkompetisie gespruit het — en waarvan talle baie goed is — en wat ongepubliseer êrens in ’n laai of legger stof opgaar.

Versamel ook die honderde nuwe tekste wat oor die afgelope byna tien jaar vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees en die Aardklop Nasionale Kunstefees geskryf is. Ook die talle ou Afrikaanse toneeltekste — dikwels wel van twyfelagtige kwaliteit — wat uit druk is.

En waarom dit tot net Afrikaanse tekste beperk? Laat dit groei tot iets groter en meer omarmend.

Sodoende sal aspirant-teksskrywers goeie — en minder goeie — tekste kan lees, en in die proses leer. Regisseurs en vervaardigers sal tekste vir produksies kan soek. En navorsers sal AARS! of Spanner of bob-bok staan styf te lese kan kry.

Die wankelrige (Suid-) Afrikaanse kanon sal dus bestendig word.

Die intertekstualiteit waarna Salomi Louw, een van die beoordelaars van die eerste kompetisie, elders in OpStage vewys as ’n tipiese kenmerk van ’n suksesvolle teks, sal sodoende gestu word. Hoe kan ’n skrywer intertekstualiteit pleeg as nóg sy nóg haar gehoor toegang tot ander tekste het?

Dié dramabiblioteek moet natuurlik — of vernaam — ’n elektroniese sy hê: Sodoende kan lede, wie se niebuitensporige ledegeld die koste van die projek sal help dra, in die kleinste uithoekies van die land in hul eie studeerkamers toegang tot die biblioteek hê.

Ja, klein begin ... Maar mettertyd sal so ’n biblioteek die tuiste kon word van rehearsed readings, teksskryfwerkswinkels, ’n kompetisie tydens die KKNK vir kort komiese sketse.

Die moontlikhede is — soos ’n goeie (?) hoërskoolredenaar sou sê — legio ...

  • Besoek die Londense Poetry Library by www.poetrylibrary.org.uk.

    boontoe / to the top


  • NOT FOUND