Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Deksels lekker diva-va-voem: 'n vonkresensie

Sarah Prinsloo

Diva!
Theatre on the Square, Nelson Mandela Square, Johannesburg
1 tot 18 September 2004.

Ter inleiding sê Genna Lewis, wat die stuk geskryf en ook saam met Kevin Feather die regie behartig het: "Divas are living proof that God is a woman with a silly sense of humour!" Ongetwyfeld, is hoe ek dit kan beaam.

Fopossers is dié girls gewis ook nie. Sumari, Genevieve en Tahirib is pure vrou, een hnderd persent, en hulle kan die krane behoorlik oopdraai as dit by perform kom. Suiwer, onpretensieus en met oorgawe vertel hulle die stories van ander merkwaardige vroue, deur 'n song, 'n dans of 'n staaltjie.

Hulle vat 'n mens op 'n mallemeule, 'n rondomtalie van bekende treffers deur van Piaf tot Aretha. Gooi selfs 'n Afrika-flavour in, met lekker saamklap- en saamsing-songs deur ons eie Mama Afrika, Miriam Makeba. Op hierdie trant word selfs Sarie Marais opgejazz vir die okkasie.

Dus, as regte meisies met groot hare, plenty houding en allemintige stemme, begelei deur 'n live, all-woman band, jou opgewonde maak, is die show beslis vir jou. Baie bly ek het dit nie misgeloop nie.



LitNet: 22 September 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.