Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sodat ons nooit vergeet 

Marina Griebenow, gereelde en gesoute musiekteater-resensent vir Die Burger, het District Six — The Musical by die Baxter-teater in Kaapstad gaan kyk. Haar opdrag? Skryf ’n resensie, maar neem veral ook die geskiedenis van die stuk in (her-)onskou. Ook die geskiedenis waarin (of in reaksie waarop) dit ontstaan het.


District Six — The Musical deur David Kramer (skrywer en regisseur) en Taliep Petersen (komponis en verwerker). Met Jody Abrahams (Nines), Terry Hector (Uncle Henry), Celeste Mathews (Aunty Hester), Danny Butler (Pang), Loukmaan Adams (Cassiem), Natalie Yon (Mary), Tshamano Sebe (Damaka), Emraan Adams (Sophia), Anthony Kampf (Vosloo), Jeff Shapiro (Mr Goodman), Gusain Abduraghman (Broertjie) en geselskap.

In die Baxter-teater tot Februarie 2003.


Op die tweede dag van die wantrouedebat in die Volksraad in Januarie 1966 raak PW Botha, indertyd die minister van kleurlingsake in die Verwoerd-kabinet, die volgende kwyt in reaksie op ’n tussenwerpsel:

Jy het in die eerste plek Windermere gehad; jy het Sophiatown gehad; jy het Cato Manor gehad — broeineste van euwels, wanorde en misdaad. Jy het gehad die grootste ineenstrengeling van rassegroepe in vervalle toestande en swak gesondheidstoestande, en jy het in die tweede plek hierdie uitvloeisel daaruit gehad dat waar daardie ergste toestande nie geheers het nie, daar was dit veral die blanke werker van Suid-Afrika, omdat hy nie geld in sy sak gehad het om apartheid te koop nie, wat in die posisie beland het dat hy tevrede moes wees om te woon in gebiede waar nie-blankes sy bure was en waar sy kinders en die kinders van nie-blankes op dieselfde strate gespeel het.

Eggo’s van die gehate Groepsgebiedewet.

’n Paar maande later, kort n die sluipmoord op Verwoerd, kondig Botha in die Volksraad aan, in die naam van “slum-opruiming en stadshernuwing”, dat ’n komitee aangestel is om te kyk na die “herbeplanning” en “herontwikkeling” van Distrik Ses en dat minstens die helfte van die sowat 40 000 bewoners in elk geval hervestig moet word omdat Distrik Ses weens sy ligging eintlik “’n duur buurt” is en hulle in die subekonomiese inkomsteklas val.

S begin ’n 13 jaar lange vernietigingsproses wat nie net ’n fisieke letsel op die gesig van Kaapstad laat nie, maar ook ’n spoor van vernedering, ontreddering en verlies onder ’n unieke gemeenskap. En Distrik Ses word ’n blywende simbool van ’n stelsel wat mense hul geboortereg en menswaardigheid ontneem het.

Twintig jaar later, op 20 November 1986, te midde van ’n noodtoestand en met Botha as staatspresident, kry die mense van Die Ses — of Kanaladorp, soos dit ook bekend gestaan het — weer ’n stem, met die bekendstelling van die album District Six — The Musical by die Baxter-teater in Kaapstad. Die blyspel self open met ’n spog-rolverdeling op 11 April die volgende jaar. Aand na aand pak mense van oral oor die gehoorsaal vol om vir ’n uur of twee lank deel te word van wat Distrik Ses was. Die speelvak word keer op keer verleng, kaartjies haal rekordpryse op die swartmark, en tot die oorsese media kan nie uitgepraat raak nie.

District Six is ook die begin van ’n internasionaal bekroonde musiekvennootskap tussen David Kramer en Taliep Petersen. Hulle skryf altesame 18 oorspronklike nommers vir di musiekblyspel, waarvan 13 ingesluit word op die album. Die SAUK verbied vier van die snitte, naamlik “Seven steps of stone”, “Galiema”, “The law the law” en “Hester’s complaint”, maar vroeg die volgende jaar behaal “So long, goodbye” ’n derde plek op die treffersparade. Kramer se werk was sedert die uitreiking van sy eerste album, Bakgat, in 1980 dikwels onderhewig aan sensuur. Hy en Petersen het dus maar net hul skouers opgetrek, want aan di weghol-suksesverhaal was daar in elk geval geen keer nie, verbod of te nie.

Die oorspronklike District Six was nie sonder sy kritici nie. Daar was diegene in die anti-apartheid-geledere wat die blyspel as sentimenteel en oppervlakkig afgemaak het. Dit het egter aan tradisionele wit teatergangers ’n blik gebied op iets waarvan heelwat van hulle weens die heersende klimaat van inligtingsweerhouding nie veel sou geweet het of ten minste nie die impak van besef het nie. En wat as ’n musiekblyspel oor ’n verbygegane era begin het, het uiteindelik ook gedien as katarsis vir ’n nuwe groep teatergangers, die gewone mense wat die pyn van daardie gedwonge verskuiwings moes verduur. Voor hul o het hul verhaal hom afgespeel.

Gedwonge verskuiwings was selfs in daardie laat stadium, polities gesproke, nog nie ’n verskynsel van die verlede nie. Lawaaikamp by George dien as voorbeeld. Dr is dus met die opvoerings van District Six tydens die pouse aan elk van die gehoorlede ’n kers gegee. Met di brandende kerse het hulle en die spelers aan die einde van die opvoering hul meelewing met die mense van daardie gebied betuig.

Die oorspronklike produksie van District Six is uiteindelik deur sowat 350 000 mense in 550 opvoerings gesien. Dit is ook vereer met ’n uitnodiging na die uitgelese Edinburgh-fees in Skotland, gevolg deur ’n speelvak in die Royal Lyceum-teater in dieselfde stad. Die laaste opvoering vind op 29 Januarie 1990 plaas. Dis maar vier dae voor die geskiedkundige toespraak van FW de Klerk — wat PW Botha die vorige jaar as staatspresident opgevolg het — die begin van ’n nuwe tydvak inlui.

In Oktober 2002, 15 jaar nadat dit die eerste keer in die Baxter-teater opgevoer is, spog District Six met ’n nuwe baadjie en ’n nuwe rolverdeling vir ’n speelvak in dieselfde teater waar dit destyds gedebuteer het. Die politieke landskap lyk gans anders as in 1987, maar steeds staan daar wuiwende gras op die brak kol waar Kanaladorp eens was.

Dit is ’n onbegonne taak om District Six van sy politieke konteks te skei ten einde dit “suiwer” as musiekblyspel of teaterstuk te beoordeel. Gelukkig word dit nie vereis nie, want geslaagde teater moet tog spreek tot jou as mens in die geheel. Elkeen is tog ook ’n politieke dier, veral in di land. Die emosie as jy by die teater uitstap, is dus nie een van “Ag sjoe, dit was nou mooi” soos n ’n musiekblyspel van Rodgers en Hammerstein nie.

Jy verlaat die plek met die besliste wete dat iets kosbaar destyds vernietig is wat nooit weer herstel of herskep kan word nie en dat dt gepaard gegaan het met pyn wat woorde nooit voldoende sal kan omskryf nie. Jy is egter ook vervul met bewondering vir die mens se kapasiteit om di soort pyn te deurstaan en, selfs met humor, met die lewe voort te gaan.

Die eerste wat ’n mens opval, is die bydrae van die uitstekende rolbesetting tot die egtheid, warmte en menslikheid van die verhaal. Elke speler is s nommerpas in sy of haar rol dat dit voel of jy hulle al jare lank ken — van Celeste Mathews as Aunty Hester en Terry Hector as Uncle Henry tot jong Gusain Abduraghman as Broertjie. Eintlik ken jy hulle, want hulle is argetipes van die mense wat jy in jou daaglikse omgang tekom, en juis dt maak die tragiek van die vernietiging van die gemeenskap van Distrik Ses vir elke lid van die gehoor persoonlik.

Die ongetwyfelde ster van die stuk is egter Jody Abrahams as Nines, die kordaat maar ai-tog-s-sjarmante leier van die Sexy Boys. Abrahams is nie fisiek groot nie, maar as hy op die verhoog is, vul hy die ruimte algeheel. Dis nie moeilik om te sien waarom hy kan spog met ’n Olivier-toekenning vir sy rol in die Londense speelvak van Kat and the Kings nie. Nie net het hy ’n indrukwekkende sangstem nie, maar as akteur slaag hy daarin om die gehoor subtiel Nines se groot hart en weerloosheid onder sy grootbek-uiterlike te laat raaksien. Sy komiese tydsberekening is ook vlymskerp.

Kramer se teks l gemaklik in die mond van sy karakters, gegeur met die humor wat ’n mens tipies net plaaslik raakloop. Hy handhaaf ook ’n goeie balans tussen die dialoog oor “swaar” onderwerpe en weggooi-rels wat di spanning verbreek. Daarvan getuig die gehoor se (hoorbare) meelewing met die karakters se wel en wee. Petersen se fyn toonsettings vul die teks uitstekend aan deur ’n klank te skep wat so eie is aan die Kaap dat ’n mens opnuut besef waarom jy hier woon en nrens anders ter wreld nie.

Elke aspek van District Six is professioneel en tot in die fynste besonderhede afgerond. Die interessante en funksionele stel skep die illusie van daardie vervalle, woelige buurt wat eens Die Ses was, maar oordonder nooit die spelers nie, terwyl die kostuums, beligting, klank en choreografie — veral in die nommer “It’s New Year” — bydra tot ’n produk wat op enige verhoog in enige wrelddeel net lof sal inoes.

Al hierdie ontwerp-aspekte word net so doeltreffend ingespan in die toneel waarin dele van die stel op die blinde profeet Damaka ineenstort en as die palmboom agter die huis skielik omval terwyl jy die skrikwekkende gedreun van die stootskrapers al hoe nader hoor kom. Ja, die aanslag is soms sentimenteel, die politieke retoriek bly nie altyd agterwe nie en die slottoneel het nie juis die gewenste impak nie, maar op die ou end is dit kleinighede vergeleke met die algehele ervaring — toneelmatig n emosioneel.

’n Mens word in een van die voorlaaste tonele nogal herinner aan die hartseer slot van die musiekblyspel Fiddler on the Roof, naamlik waar die Joodse handelaar, mnr Goldman (Jeff Shapiro), afskeid neem van die bewoners van Distrik Ses. Die Jode het ’n gesegde omtrent die “Holocaust” wat ook op District Six van toepassing is. Benewens die feit dat District Six ’n uiters genotvolle teaterervaring is, behoort di gesegde as genoegsame rede te dien waarom almal, vandag en nog lank in die toekoms, di produksie behoort te sien: “Lest we forget ”

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.