Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Mammon ruk hart uit

Marina Griebenow


Spirit of the Dance met die Ierse Internasionale Dansgeselskap. Onder spelleiding van en met choreografie deur Alan Harding. Vervaardig deur David King. By die Kunstekaap-teaterkompleks.


In die rolprent Mermaid is daar ’n heerlike oomblik wat tegelykertyd die lagspiere prikkel en hartstilstand veroorsaak. Wynona Ryder se skigtige karakter beplan om saam met haar nuwe kêrel te gaan visvang en vir dié geleentheid maak sy vir haarself ’n heilsame toebroodjie met iets van alles daarop - ’n “sarmie” waarin jy regtig jou tande kan slaan. Haar kugel-ma, vertolk deur Cher, kom verbygestap en voor enigeen “versnapering” kan sê, verneder sy dit tot vier of vyf sterretjies met ’n koekiedrukker. Dis steeds ’n toebroodjie, maar die wese daarvan is verwoes.

Dieselfde kan gesê word van Spirit of the Dance. Die bestanddele is essensieel dieselfde as die van die oorspronklike Riverdance - ’n uiters bedrewe groep dansers wat met vernuftige voetwerk verstom - maar dis asof die hart daarvan uitgeruk is deur kommersiële sukses. Die skuld hiervoor moet waarskynlik reeds aan die blitsige voete van die wispelturige Michael Flatley gelê word, want met sy Lord of the Dance het die tradisionele Ierse klopdans mettertyd gedienstig geraak aan die glorie en ego van die kunstenaar. Die kunstenaar was dus op die ou end groter as die kuns.

In Spirit of the Dance word die program van tradisionele Ierse klopdans aangevul met voorbeelde van verskeie ander dansvorme, onder meer in “Highland Fling”, “Waltz Viennese” en “Flamenco Fiesta”, afgewissel deur sangnommers en ’n gek vioolspeler wat ’n verskeidenheid deuntjies teen ’n ongelooflike tempo speel terwyl hy die hele verhoog vol rondspring.

Soos met die Ierse klopdans word die ander dansvorme voortreflik uitgevoer en is dit duidelik dat jy te doen het met ’n talentvolle groep dansers wat boonop uiters veelsydig is. Inderdaad wêreldstandaard. Een van die treffendste nommers is “Fosse Follies”, gewone klopdans in kabaretstyl aangebied met elke danser in manel en bolkeil. Die hoogtepunt van die vertoning is egter “Applause”, en dis nie eens ’n dansnommer nie. Al die dansers sit in gelid op die voorverhoog met wit handskoene aan en begin dan met gechoreografeerde applous, wat ’n indrukwekkende prentjie vorm.

Benewens die preutse Sondagskoolbroeke wat die mans dra, is daar niks aan die vertoning wat werklik steur nie, maar daar is ook niks wat juis inspireer nie. Wie weet, dalk het ’n mens oor die jare blasé geraak. Na my mening lê die “fout” egter by die musiek. Die komponis van Riverdance, Bill Whelan, het gesorg dat Riverdance méér as net ’n dansvertoning was. Die musiek was ’n integrerende deel daarvan en die pragtige melodieë met hul tipiese Ierse weemoedigheid het jou lank daarna nog bygebly. David King se melodieë het ongelukkig nie dieselfde trefkrag nie.

Spirit of the Dance is al deur sowat 20 miljoen mense wêreldwyd gesien. In Suid-Afrika sal dit waarskynlik ook vol sale trek. ’n Mens gun hulle die sukses, maar kan ook nie anders nie as om effe nostalgies te voel oor wat (dalk vir altyd) verby is. Nog ’n outentieke kunsvorm het geknak voor Mammon.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.