Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

“My mense’s beslis nie stil nie”

Clayton Swart


’n Vriendin van Namibië vra my nou die dag hoe ek ’n bruin persoon en ons kultuur sal beskryf  …

Wel djy sien, ons is ’n mengelmoes van nasies wat gekom het na die Kaap van Storms. Dit is dus dié mengelmoes wat deur ons bloed vloei en die kleur verskaf aan die verskeidenheid mense, met of sonder kunstande (soms vol goud en diamante), soos gesien kan word in die gelaatstrekke van ’n tipiese familie oppie Flats. Die broers en susters het almal ’n eenderse voorkoms, maar daar is altyd een wat soos die portret teen die muur lyk van Ouma met die balrok en verfynde postuur van Britse afkoms. Daar is ook nooit ’n foto van die inheemse slaaf wat die oupa was nie.

Kerkopvoerings, jaarlikse plays by die skool, variety en karaoke shows by die civics en skole waar ons mense — jonk en oud — die skare laat gil het met hul duidelike optredes. Hierdie shows was oor die afgelope jare die enigste platform waar uiting gegee kon word vir ons kuns en kultuur. Ons kunstenaars was weinig buite dié shows te sien.

Wel, met die koms van die Suidoosterfees vanjaar word ’n groter platform geskep en kry ons talentvolle mense die kans om hulle styles uit te haal en te wys. Die res van Suid-Afrika kry ook ’n kans om te deel in hierdie potpourri van kulture.

Ons is ook in die “versoeningsposisie” in SA en kan met beide swart en wit mense identifiseer vanweë ons gemengde agtergrond. Ons gebruik verskeie elemente van nasies regoor die wêreld, kombineer dit met die ritme van Afrika en siedaar, ’n klank en ritme wat hip, modern dog inheems klink.

So as die ritme jou van binne roer en die kunstenaars gaan mal te kere, sluit by hulle aan, spring op jou voete en skreeu, want ons is beslis nie stil nie en verskeidenheid is wat jy kan verwag.

Jy kan gerus kyk en sien hoe party mense met hul motors aangery kom, musiek wat blêr en deftig geklee in die duurste tekkies en jeans reg vir die optrede by enige show soos ’n kerskonsert, easterplay of skoolplay.

Onthou dit is die begin; jy kan later jou talente hier kom uitstal, waar daar vir elkeen ’n plekkie in die son geskep word waar ook al jy vandaan kom.

* Hierdie rubriek het in die Suidoosterfees se koerant Sedoos verskyn.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.