Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Maar is dit teater?

Paul Cilliers

was eers n ingenieur en is deesdae 'n filosoof aan die Universiteit Stellenbosch. Sy werk fokus op kompleksiteitsteorie en dekonstruksie. Hy oorleef deur musiek te luister en te lees.

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!

Pous Johanna II (nuwe vertaling)
Spel: Jana Cilliers
Regie: Mark Graham
Oorspronklike teks: Esther Vilar
Teksverwerking: Saartjie Botha
Verlede week opgevoer in die HB Thom-teater, Stellenbosch

Wanneer is iets teater? n Maklike vraag met n moeilike antwoord. Miskien sou mens minstens kon s dat dit te doen het met die dramatiese teenwoordigheid van iets of iemand op n verhoog van een of ander aard, iets wat dit sou onderskei van wat in n ander genre gedoen kan word. Daar moet iets wees wat jou aan die gebeure bind, of dit nou liggaamlik, intellektueel of esteties is.

Jana Cilliers doen haar bes om dit met hierdie stuk te doen, en dit is n moeilike taak. Pous Johanna II bestaan uit die intreerede (op TV) van die eerste (demokraties verkose!) vroulike pous in die jaar 2033. Vir n uur en n kwart moet sy vrou-alleen alles doen, en dit met n minimum van hulpmiddels: n doek, n stoel, n paar beelde. Alleen die taak om meer as n uur se ononderbroke gepraat te memoriseer, sonder narratiewe of dramatiese lyn om mens te help, is n formidabele opdrag een wat sy op die openingsaand amper reggekry het. Haar teenwoordigheid op die verhoog is sterk, en in die meer dramatiese laaste paar minute van die stuk is sy oortuigend. Mens het respek vir haar dapperheid.

Maar is dit teater? Ek is nie so seker nie, en ek dink die fout l by die teks. Daar gebeur net te min (en ek bedoel nie fisiese aksie nie). Die rede is eintlik n soort besinning oor die rol en status van die (Katolieke) kerk in n gekommersialiseerde en prestasiegedrewe kultuur Jesus word n wenfiguur. Party mense sou dalk ontstig wees deur sommige van die idees, maar eintlik is daar min nuut. Ons kry n redelik oppervlakkige soort God-is-dood-teologie. Die amper-filosofiese besprekings van vryheid, geloof, seksualiteit, die menslikheid van Jesus en die rol van die kerk styg nooit bo die banale nie.

Die oorspronklike teks is al 25 jaar oud, en het miskien toe meer getref. Ek is ook nie in n posisie om te kan oordeel hoeveel van wat ons hier gehoor het, aan Vilar toegeskryf moet word, en hoeveel aan die verwerking van Saartjie Botha nie. Vir my was die taal vlak en droog, sonder veel letterkundige kwaliteite, n soort joernalistiek. Dit mag wel die bedoeling gewees het, maar die resultaat is dat daar werklik niks was wat my geboei het nie. Mens ontwikkel geen deernis met die karakter, wat grotendeels n ironiserende afstand behou, nie. Weer eens was dit waarskynlik die bedoeling, maar as die afstand groot is, en die teks boei nie, wel, dan is dit nie teater nie.

In teenstelling met hierdie stuk onthou ek n opvoering van Report to an Academy, die stuk van Kafka waarin n aap wat geskool is, moet verslag doen van wie en wat hy is. Dit is ook n lang monoloog waarin die aap by sy tafeltjie staan en praat. Die teks neem mens na wonderlike plekke wat dit is om mens te wees, wat beskawing is en die taal self is meesterlik gebruik. Ek het dit gesien met Marius Weyers, en was elke oomblik vasgenael. Dit ws teater.

Pous Johanna II het iets hiervan in die laaste kwartier. Hier maak die nuwe pousin n dramatiese gebaar waarin sy die pouslike status, met al sy verhewenheid, volledig aan haarself toe-eien as n selfopgelegde straf. Hierdie identifisering met Christus deur n gesekulariseerde amptenaar wat probeer doen wat goed is, al glo sy nie daarin nie, transendeer die banaliteit van die vorige uur. Of dit die stuk red, moet mens maar self besluit. Vir my was dit te min, te laat.

My frustrasie met die teks het ook te doen met die feit dat mens eintlik n meer kritiese aanslag verwag het. Heel verbasend kom daar, afgesien van n paar opmerkings aan die begin, nie veel tereg van n kritiek op patriargie of die onderdrukking van vroue nie. Die nuwe pous kon amper maar net sowel n man gewees het. Die stuk se fokus is op teologiese issues. Hoewel dit duidelik n antiteologie is, rehabiliteer dit op die ou end kennelik as n konstruksie, maar steeds onkrities n konvensionele religiositeit. Ek het die hele tyd gevoel ek luister na n preek, en dit was amper net so vervelig as om regtig kerk toe te gaan.

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!




LitNet: 1 Junie 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.