Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dié wind gaan nog lekker waai

’n Nabetragting oor die eerste Die Burger-Suidoosterfees

Clarissa Grobler

Twee dae van teater, musiek, kos en pret het van Die Burger-Suidoosterfees iets meer as net nog ’n nuwe kunstefees gemaak. Ja, sou ons vir Francois Smith van Die Burger kon aanhaal, dis wel nog nie ’n “volksfees” nie. En ja, daar is ruimte vir verbetering. Dié fees is immers nog in sy babaskoene.

Maar die Suidooster het nog lank nie gaan lê nie.

Dankbetuigings stroom elke dag in deur ons faksmasjien en per e-pos. Daarby kry ons kommentaar, kritiek en voorstelle vir 2004. Alles goed en wel.

Van die kommentaar is:

  • Anet Pienaar: Pentech is die ideale venue en die standaard van die fasiliteite en ontspanningsareas maak dit werklik ’n lekker kuierplek.

  • Anthony Wilson: Ons het hier met ’n werklik Afrikaanse fees met al sy sprekers te doene. Op hierdie fees het jy nie soos ’n kwotaspeler gevoel nie. Die mix van die verskillende kunssoorte was net reg … Alhoewel ek nie van rap, kwaito en van die jongmense se musiek hou nie, voel ek hulle was bietjie afgeskeep …

  • Natalia da Rocha: ’n Fees op jou deur! Die bywoning van gemeenskapsproduksies kan egter verbeter.

  • Albert Maritz: Die hoeveelheid aanbiedinge het gesorg vir ’n ryk aanbod. Die tipe aanbiedinge [was ook] ’n goeie seleksie.

  • Jan Lloyd (van Craft Co-ordinate, organiseerders van die vlytmark): The general feedback from the public was all encouraging; a lot of people were excited to see such varied craft in Cape Town with many asking where to find products and crafters at a later date.

  • Lutfia Vayej: Halala to Fedics for their absolutely outstanding contribution to the festival. They interpreted the theme and spirit of the festival absolutely perfectly and this was evident in the enthusiasm of the staff members involved at the stalls and the effort that they went to to dress up each stall according to the theme. The food prices were excellent — phew! To think that you could get a decent meal for a family of 4 for under R50 and some sweets in between — fantastic!

    Dis bowenal belangrik om te onthou wat die oorspronklike missie van die Suidoosterfees was, is en hopelik sal bly: ’n soomlose kunstefees waar ’n ieder en ’n elk, ongeag ras, geslag of finansiële posisie, op plaaslike bodem kan feesvier — in Afrikaans, maar sonder om ander uit te sluit.

    Het die fees dan nie juis in hierdie missie geslaag nie?

    Danksy die gesprekkereeks kon ’n mens ook — dalk vir die eerste keer? — jouself afvra: Hoe sal non-racialism in Afrikaans lyk en klink? Is dit moontlik om dié taal los te maak van sy tradisionele baadjie? En hoe kry ’n mens dit reg?

    Daarby was die vertoning van die fantastiese Kanna hy kô hystoe ’n persoonlike hoogtepunt. Charlyn Wessels en André Samuels het my eerste ontmoeting met Makiet en haar aanneemkind Kanna ’n herinnering gemaak wat nog lank by my sal spook.

    Wat nog meer te sê van Ooswes Tuisbes (wat ek verneem sommige feesgangers met meer as net ’n traan in die oog gelaat het). En om Daar’s Vis Innie Punch vir ’n skamele R20 te kon koop by die Leesteken!

    Met altesaam 130 aanbiedinge op die fees — op beide feesdae 34 teateraanbiedings, 5 straatteatervertonings, 9 vertonings van die magiese The Alchemist’s Heart, 4 kindervertonings, 11 verskillende vertonings in die RSG-tent, en die gesprekkereeks — was daar wye blootstelling vir Kaapse talent.

    Ruimte vir verbetering? Definitief. ’n Mislukking? Nee. Volgende fees? 1 en 2 Oktober 2004.

  • Clarissa Grobler was verantwoordelik vir Die Burger-Suidoosterfees se bemarking.


    17 Oktober 2003

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.