Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dis oop … hm … kaarte by die Mark

Ingrid Lehmensich

Toneelstuk: Cards
Regisseur en skrywer: Mpumelelo Paul Grootboom
Akteurs: 'n Span van omtrent twintig, met Siyabonga Twala in die hoofrol
Plek: Markteater
Tot: 5 Junie 2005

Die uitnodiging op die kaartjie het gewaarsku (in rooi) dat daar eksplisiete seks gaan wees, baie geweld, en verskriklik baie vloekwoorde. Daar moet ook 'n volwassene by wees as jy jonger as 18 is (jy sal darem regtig Cards wil sien as jy op 16-jarige ouderdom 'n bus of 'n trein wil neem nadat die son gesak het in Jo'burg!).

Teen 20h20 Woensdagaand is die hoofteater by die Mark stampvol, and still the soldiers came filing in. Dit is duidelik dat die Johannesburgers nie genoeg kry van hardcore nie. Hulle wil nóg hê.

En Cards is definitief nie 'n kinderkransdans nie.

Dit gaan oor 'n Nigeriër (Siyabonga Twala) wat die Wild Cats Nite Club in Hillbrow met 'n (dwalende) ystere hand regeer. Sy meisies is pragtig, die ouens lus. Daar's ook 'n regter wat 'n smaak het vir dogters, pragtig gestileerde en gechoreografeerde hoereerdery, 'n gecoke-snuiwery, kaalgeskeerde vaginas, 'n middelslag-peester … en 'n fantastiese klankbaan!

Peter Gabriel open die eerste toneel met sy beautifully gepaste "Blood of Eden", en Miles Davis, Jimmy Hendricks, onse eie Zola (nie die atleet nie) en Tracy Chapman vertel ook lekker saam aan hierdie erg vermaaklike en by tye baie humoristiese storie!

Mpumelelo Paul Grootboom erken dat al sy teaterstukke heel eerste filmies moet wees. Hy sê: "To me cinema is beautiful, lyrical and emotional … and there is a way of bringing that (cinema) as an added value to the already present values of theatre." Grootboom vertel dat sy intensie met Cards (gebaseer op die oorspronklike manuskrip van Mothusi Mokoto) was dat hy 'n pragtige, panoramiese uitsig van die Wild Cats Nite Club-bordeel wou hê op die verhoog, met die emosionele slaankrag wat net deur film gebied kan word. En dit het hy ook reggekry: die bordeel lyk kompleet soos 'n oorgrote pophuis, en terwyl die toeskouers hulle plekke inneem, is daar omtrent tien akteur-pare op die verhoog in allerlei gevriesde, maar hetige, seksuele posisies.

Grootboom sê hy het groot agting vir Martin Scorsese se werk, veral met sy Eyes Wide Shut en A Clock Work Orange. Hierdie styl is ook dus duidelik te sien in die choreografie van Cards.

Die stuk herinner ook sterk aan Tarintino se Pulp Fiction en Reservoir Dogs, waar ellende, wreedheid en tragedie komies word. So, die mense wat hou van hierdie tipe styl, is in vir 'n groot treat as hulle Cards gaan sien.

Ek voel jammer vir die "sensitiewe" kykers wat Cards 'n mis sal moet gee. Hopelik is The Sound Of Music darem nog aan!



LitNet: 19 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.