Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Diť poppe loop hulle lelik disnis

Cor Scholtz

Botspoppe
Belville Afrikaanse Teater
Deur: Nico Burger
Regie: Albert Maritz
Met: Johann Nel, Floyed de Vaal, en Nanette Nel op viool
21 tot 24 Julie 2004

Ek kan aan net een goeie ding dink om oor hierdie produksie te sÍ: Johann Nel se toneelspel beÔndruk soos altyd. Dalk is die feit dat die stuk genadiglik net 'n uur lank is, ook iets wat ek kan byvoeg, maar dŪs 'n twyfelagtige pluimpie.

'n Skyfievertoning van die stadsprofiel van New York, die gebeure op 11 September 2001 en beelde van botspoppe ('n ongemaklike Afrikaanse nuutskepping vir crash test dummies) aan die begin stel die konteks waarin die drama afspeel en gee ook skynbaar 'n leidraad tot die eksistensiŽle kommentaar wat gelewer word op die toestand van die moderne mens. Sover lyk alles nog belowend.

Johann Nel vertolk die rol van Basil, 'n middeljarige, geskeide man hom wat nŠ 'n werkspartytjie (neem ek aan) die volgende oggend in sy kantoor bevind met 'n erge hangover. Wel, eintlik is Basil nog steeds dronk. Vermoedelik het hy wakkergeskrik van die slag van 'n gekaapte vliegtuig wat deur die venster bars.

Floyed de Vaal speel Basil se alter ego wat in diť se drankbenewelde weeklag ten aanskoue van die naderende einde 'n spastiese en irriterende klankbord is. Vir 'n uur lank moet die gehoor luister na Basil se gekerm oor sy ongelukkige kinderdae en verbroude huwelik met ene Gloria. Ongelukkig is die vent te vlak om met enigiets betekenisvol, oorspronklik of insiggewend vorendag te kom wat mens anders sou laat dink oor spyt, verspeelde geleenthede, intieme verhoudings, selfmoord of die dood.

Enigiemand wat al ooit nugter 'n dronklap se filosofering moes aanhoor, sal 'n idee hÍ waardeur hierdie teaterganger moes sit. Asof dit nie erg genoeg is nie, verskyn Nanette Nel elke dan en wan op die verhoog om bejammerende geluide uit haar viool te stryk wat alle grense van aanvaarbare sentimentaliteit oorskry. Om nie te praat van die musikale items waarmee die twee akteurs die groter gesanik mee artikuleer nie.

Ek lÍ die skuld vir hierdie sondes voor die deur van die teksskrywer en moet seker toegee dat die regisseur en die spelers hul bes gedoen het om bloed uit 'n crash test dummy te probeer tap. Ja, hier en daar is daar 'n goeie grappie en dit het gelyk asof die BAT-teater se gehoor tog van die stuk gehou het.

Dit spyt my dat ek nie 'n positiewe opinie oor Botspoppe kan skryf nie. Siende dat soveel stryders wakker lÍ oor die voortbestaan van die Afrikaanse teater, wil mens nie graag die oorsaak wees dat 'n enkele kaartjie onverkoop bly vir 'n produksie soos hierdie nie. Nadat ek egter soveel goeie dinge gehoor het van Albert Maritz se Maljan onder die hoenders was die teleurstelling net te groot.



LitNet: 30 Julie 2004

Stem jy saam? Stuur jou reaksies na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


NOT FOUND