Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sopies met die woord saam

Yvonne Beyers

Digters op die dansvloer

“Daar is gerugte van ’n digter op die dansvloer,” sÍ my spitsvondige vriend Erns verlede Vrydagaand laat op Stellenbosch. Ek is min verbaas en kan dit goed glo dat die bewerings waar is: ek het vroeŽr die dag ’n skrywer in Shoprite gesien.

Een maal per jaar sak die literati van die land vir die Stellenbosse Woordfees op die Eikestad toe en doen die studente van diť dorp vir ’n week lank celebrity spotting.

“Vas aan die siel, los op die lippe” lui die gepaste leuse van diť fees. En dit is inderdaad hoe die taal is en hoe sy behoort te wees. Kritici van die land se kunstefeeste, en die taalbulle wat hul tog so graag uitspreek oor die Zoid-generasie en die apatie van die Afrikaanse jeug, kan gerus by die Woordfees kom aanklop om te sien hoe die vermenging van hoŽ en lae kultuur suksesvol — en sonder vervlakking — bewerkstellig word.

Die Woordfees is presies wat sy naam sÍ: ’n viering van die woord in al sy vorme.

Hier word die woord gerespekteer en bestaan die program hoofsaaklik uit stof tot nadenke. Geen geroesemoes van worsrolle, biertente, taai hande en vermaaklikheidsterre is te vinde nie. Daar is nie ’n enkele hooibaal te bespeur voor die Ou Hoofgebou en HB Thom-teater waar grootse gedagtes met uitgelese gehore gedeel word nie.

En tog is dit nie net hogere woorde wat geuiter word nie en is daar plek vir elke Afrikaanssprekende wat wil praat of proes soos hy gebek is.

“Ag nee wat. Ek gaan nie shows kyk nie. Ek word eerder dronk op die akteurs se asems wanneer hulle nŠ die shows ’n bier kom drink,” sÍ een slingel vroeg Vrydag op Bohemia se stoep terwyl hy oor sy kitaarsnare streel. “Ek kan die woord mos waardeer sonder om daaroor te moet dink?” Die student proe aan sy Klipdrift en Coke en val weg met ’n — Afrikaanse — liedjie wat hy self gekomponeer het. Langs hom sit en teken nog ’n slingel stokmannetjies wat met strak gesigte sÍ: “Afrikaans — cool!”

Het hulle reg? Is dit aanvaarbaar om opgewonde te loer na die literÍre reuse wat ’n dop kom maak sonder om te jaag van die een bespreking, lesing en toneelstuk na die ander? Myns insiens, ja. Want oor tien jaar sing Slingel nr 1 dalk sy songs in Dorpstraat-teater en hang Slingel nr 2 se werk dalk in die Sasol-kunsgalery tydens die einste Woordfees. ’n Mens weet nooit met ’n fees waar die taal toegelaat word om los oor die lippe te rol hoewel sy vas aan die siel bly nie.

Vanjaar se fees, wat van 3 tot 9 Maart in die bloedige Boland-hitte gehou is, was in alle opsigte ’n reusesukses. Die feesorganiseerders kon met geruste harte terugsit terwyl die teatersale en lesinglokale volloop; die ouer garde kon jubel oor die inhoud van die besprekings, lesings en gesprekke wat van vroegdag tot laatnag tydens die laaste naweek gehou is; en die dorp se studentekorps kon op een straathoek sit en kyk hoe hul rolmodelle en helde verbyloop.

“Ek sukkel bietjie om fees te hou sonder ’n RSG-tent, maar ten minste is Iris Bester in lewende lywe hier,” moes een joernalistiekstudent Saterdagaand toegee. En toe volg ’n bespreking oor die loopbaan van RSG se “Tossie Lochner, ItaliŽ” waartydens almal om die tafel gedweŽ moes erken hulle luister tůg soms RSG, hoewel dit volgens studentestandaarde “nie cool is nie”.

Sestig, Sestiger, Sestigste

Vanjaar se fees is opgedra aan die Sestigers, wat volgens Andre P Brink die “weg van die ewigdurende revolusie” vir die Afrikaanse literatuur gebaan het. Oorspronklike lede van die Sestiger-beweging soos Brink, Chris Barnard en Abraham de Vries het hul gedagtes rondom diť hoofstuk in die letterkunde tydens verskeie geleenthede gedeel, terwyl ander, soos Jan Rabie en Marjorie Wallace, in hul afwesigheid vereer is.

Brink se insiggewende lesing “Sestig en vernuwing” het die oploop na en nadraai van die beweging binne ’n uur gedek en die spitsvondige vriend laat snak: “What a man! What a movement!” Die nabloei van die naturalisme, Afrikaanse skrywers se ontmoeting met die eksistensialisme, hul bewuswording van hul politieke verantwoordelikheid, die eerste erkenning van die erotiek en die uitdrukking van die seksuele in die Afrikaanse roman, en die koms van Modernisme in die Afrikaanse letterkunde het so eenvoudig en logies soos “Do re me fa so la ti do” in sy lesing gevolg en die skrywer van diť artikel laat wens sy het Brink in haar eerste jaar as Afrikaans-Nederlands-student onder oŽ gekry.

Volgens ’n bron “wat verkies om anoniem te bly” het Brink en sy tydgenote selfs nog meer laat looi tydens “Insig: heildronk op Sestig”, ’n bespreking wat oor ontbyt gehou is en waartydens die gehoor aan spek en eiers kon smul terwyl hulle luister na die kultuurkonings se taaltoertjies.

Om aan die hitte te ontkom het ek en my twee feesmakkers Saterdag so net na die middaguur gaan lafenis soek in die lugverkoelde JS Gericke-biblioteek. En dit is toe daar waar ons in die dokumentÍre film Jan en Jorie ’n unieke en intieme blik op die sestigjariges agter die Sestigers kry. Die fliek is verfilm tydens die skrywer Jan Rabie en die kunstenaar Marjorie Wallace se latere jare op Onrus. Die paartjie, wat mekaar in Parys ontmoet het, se huis by die see was vir jare die toevlugsoord van die Sestigers en die spilpunt waarrondom intellektuele strominge ontstaan en uitgekring het. “Dit lyk my al die skrywers het maar agter ons aan Onrus toe getrek Ö Daar het ons dikwels lekker gesels oor ’n bietjie wyn. Nie te baie nie, net genoeg,” sÍ Jorie in die fliek. Juistemint waarom ek sÍ: laat die lieplappers maar hul drankies gedurende die fees op Bohemia se stoep geniet. Saam met elke slukkie bier word daar dalk ’n wysheid of twee ingedrink.

Die Stemme agter die stemme

Buiten die besprekings en lesings kon feesgangers ook luister na skrywers wat uit hul eie werk voorlees of in die Protea-boekwinkel met mekaar onderhoude voer.

By Vrydagaand se Skrywersgala het Brink, PJ Philander, Tom Lanoye, Etienne van Heerden, Michiel Heyns, Dalene Mathee, EKM Dido en Antjie Krog uit hul werk voorgelees en die woord laat klink soos hy moet.

Hoewel die aand hopeloos te lank geword het en die luisteraars naderhand liggies begin indommel het, was dit die lang sit werd om te wag vir Krog se voorlesing uit haar bundel Met woorde soos met kerse. Krog het haar vertalings van Xhosa-gedigte gelees, terwyl die akademikus Koos Oosthuizen die oorspronklike verse voorgedra het. Die duo se aangrypende dramatisering het bewys dat Suid-Afrika se taalskat veel wyer as Afrikaans strek en die oorwegend Afrikaanse gehoor laat verlang na ’n onbereikbare wÍreld en onpeilbare kultuur wat maar te dikwels deur Afrikaanssprekendes geÔgnoreer of oorgesien word.

Nog ’n hoogtepunt was die gesprek tussen Marlene van Niekerk en Michiel Heyns oor laasgenoemde se debuutroman, The children’s day. In die gesprek is die verantwoordelikheid van die skrywer, die ontwikkeling van karakter, die onontsnapbaarheid van liggaamlikheid, die distansiŽring van ondervinding en omgewing wat taal teweegbring, en die skrywer se plig om te vervreem en te troos, bespreek. ’n Mondvol wat sekerlik ’n M-tesis sou kon volskryf. (Heyns se beeld van “the rottweiler in the shopping trolley” vir die sonnet — waarin passie en emosie deur strofes, metrum en struktuur gedwing word om “stil te sit”, hoewel dit eintlik wil uitbeur “to chew off all the wheels of all the shopping trolleys in the world” — laat my nou nog roggel terwyl ek so stigtelik met die artikel probeer omgaan.)

Feesgangers kon later luister na Antjie Krog en Tom Lanoye se bespreking van en voorlesing uit Mamma Medea, die stuk wat deur Lanoye geskryf en deur Krog vertaal is en tydens die fees by die Oude Libertas-amfiteater opgevoer is. Wat betref die briljante meesterstuk, kan ek slegs die woorde beaam wat die keiser in Bartho Smit se Die Keiser uiter wanneer hy sy “nuwe klere” vir die eerste keer sien: “Ek het nie woorde nie.”

Die stemme en strominge in die aangrypende, ysingwekkende toneelstuk, en Die Stemme daaragter, het my stil en verstom gelaat.

Dus: die finale woord

Ek sou graag meer wou sien, my nog verder in die woord wou verlustig en meer regmerkies langs die toneelstukke en besprekings in die program wou plaas, maar die vlees bly mos maar vlees, hoe gewillig die gees dan ook nou mag wees. Daarom het ek die res van die Woordfees-naweek tussen die digters op die dansvloer spandeer en my probeer verontskuldig deur met elke slukkie Windhoek ’n heildronk op die Sestigers en die “weg van die ewigdurende revolusie” te drink.

  • Yvonne Beyers is ’n dorstige woordfeeks wat tans by Die Burger werk.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.