Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Verpligte kykstof vir besluitnemers

Marina Griebenow

Auditioning Angels deur Pieter-Dirk Uys
Met Clive Scott, Jo da Silva, Thoko Ntshinga, Nandi Nyembe en Paul du Toit
Theatre on the Bay, Kaapstad
Tot 23 Augustus.

Akteur, dramaturg, vigs-kampvegter en ’n volk se gewete. Pieter-Dirk Uys is al hierdie dinge, en mťťr, en dis dus met afwagting dat ’n mens die teater betree vir sy eerste volwaardige drama in bykans 12 jaar. Auditioning Angels is ’n welkome toevoeging tot vroeŽre toneelstukke soos Selle ou storie, Paradise is closing down, Die Van Aardes van Grootoor en Die Vleiroos.

Benewens sy solo politieke satires het Uys hom die afgelope paar jaar hoofsaaklik toegespits op opvoedingsprojekte oor vigs. Die uitwerking van diť pandemie op die maatskappy is dan ook die fokus van sy jongste drama, meer spesifiek die lot van vigs-wesies, hoewel hy soos gewoonlik ook heelwat te sÍ het oor kwessies soos kinderverkragting, swak hospitale, die huidige politieke bestel se onbeholpe hantering van sake, gesinsverhoudings, kapings, en dies meer.

Auditioning Angels speel hom af in ’n staatshospitaal in Johannesburg, waar die toestande so te sÍ postapokalipties is — bloeiende pasiŽnte wat op die grond rondlÍ weens ’n gebrek aan beddens en aandag, lewensbelangrike toestelle wat nie werk nie, ’n tekort aan personeel, en noodsaaklike medisyne en toerusting wat gesteel word. Diť toestande word ironies belig deurdat ’n Kubaanse dokter wat by noodgevalle moet aanmeld, in Spaans oor die luidsprekerstelsel geroep word en selfs die wennommers van die Lotto met tussenposes kliphard aangekondig word. In die vertrek waar die gebeure plaasvind, is ook ’n stukkende televisiestel wat om onverklaarbare redes kort-kort aangaan. Die onrealistiese dialoog van ’n sepie wat dan gehoor word, lewer insiggewend kommentaar op die gebeure wat op die verhoog afspeel.

Gloria Nathan-De Villiers (Jo da Silva) wag in ’n stoorkamer Írens in die hospitaal op die uitslae van toetse op haar agtjarige dogtertjie nadat diť verkrag is, oŽnskynlik deur ’n voormalige tuinier. Diť toetse sluit natuurlik ’n vigstoets in. Sy word bygestaan deur haar sakevennoot, Majuba Xhaba (Thoko Ntshinga), terwyl haar vervreemde broer, Matthew Nathan (Paul du Toit), en politikus-pa, Dr Gerald Nathan (Clive Scott), hulle later by haar aansluit. Tussendeur kom en gaan verpleegster Tessie Bredenkamp (Nandi Nyembe) met kartondose vol antiretrovirale middele wat sy in die stoorkamer opgaar. Die rede hiervoor word aan die einde duidelik.

Namate die verhaal episodies ontvou, word die gehoor bewus van die verbrokkelde verhoudings onderling, net soos die omgewing waarin die karakters hulle bevind — tussen pa en seun, suster en broer, pa en dogter en selfs oudkamerade in die struggle. Die lot van die verkragte dogtertjie dien egter as katalisator en die gesin se gedeelde angs dwing hulle om hul onopgeloste probleme sodanig uit te pluis dat misverstand en onbegrip omsit in ten minste ’n tydelike skietstilstand en die vooruitsig daarop dat hulle voortaan harder sal probeer.

Hoewel die aard van die tema donker is, is daar tog ’n ondertoon van lig in Auditioning Angels. Uys verval nooit in ongebreidelde swartgalligheid nie. Sy boodskap is juis dat daar altyd hoop is as elke individu dit op hom of haar neem om iets omtrent die saak te doen, soos hy self.

Vanuit ’n toneelmatige oogpunt gesien, is die manier waarop diť boodskap oorgedra word, egter die swakpunt. Die ontknoping, waar die verskillende lede van die gesin versoen — Dr Nathan en Matthew vind mekaar darem te maklik nŠ laasgenoemde ’n kragwoord teenoor sy pa uiter — en die karakters uiteindelik die verhoog verlaat, elk met ’n vigsbaba in die arms, is so onrealisties as wat die res daarvan dapper en realisties is.

Ook dat die dogtertjie se agtjarige speelmaat aangebied word as die “verkragter” in plaas van die aanvanklike verdagte, ruik na politieke korrektheid in die ergste graad. Dit kan selfs gesien word as ’n ontkenning dat sulke verkragtings inderdaad plaasvind. ’n Mens wonder of Uys se intieme betrokkenheid by die saak dalk sy objektiwiteit as waarnemer en kommentator beÔnvloed het. Ongeag die rede, dit ontneem die stuk ’n mate van sy impak en krag. Moet egter nie diť punt van kritiek inspan as verskoning om nie Auditioning Angels te sien nie — daarvoor het die stuk in die geheel oorgenoeg meriete en rŠŠk dit jou.

Die sterkste aspek van diť produksie is ongetwyfeld die spel van die onderskeie akteurs en die manier waarop die regie kompenseer vir gebreke in die teks. Die karakterontwikkeling skiet tekort, maar die akteurs slaag daarin om tog geloofwaardige karakters te skep. Veral Paul du Toit beÔndruk met sy genuanseerde vertolking van ’n bombastiese Oos-Kapenaar wat onder sy traak-my-nie-agtige houding baie hartseer en onsekerheid verberg, terwyl Clive Scott stewig vertoon as ’n verloopte Suid-Afrikaner wat nie meer sy vaderland of sy kinders ken of verstaan nie.

Van Jo da Silva word ’n hele spektrum van emosies vereis en ook sy stel nie teleur nie. Thoko Ntshinga se karakter verskaf dikwels komiese verligting en ’n mens moet jou hoed afhaal vir die gemak waarmee sy haarself op die verhoog hanteer, asook haar uitstekende tydsberekening. Nandi Nyembe — die goedhartige verpleegster wat die sterkste vigs-wesies “steel” om hulle aan die lewe te probeer hou — se speelervaring as ’n verpleegster in die televisiedrama Soul City blyk duidelik uit die warm, menslike karakter wat sy skep.

’n Mens wil hoop dat elkeen wat by die besluitneming omtrent hierdie vreeslike siekte betrokke is, in die een of ander stadium Auditioning Angels sal sien, want soos in die verlede slaag Uys daarin om met humor en empatie die waarheid bloot te lÍ.

25 Augustus 2003


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.