Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Aardklop 2005 - "The little Gaulish village we know so well"

Danie Marais

Daar is altyd mense wat dit relatief eenvoudig vind om te sÍ hoe Aardklop of die KKNK in 'n gegewe jaar was.

  • Kobus Burger reken byvoorbeeld in Plus die fees was vanjaar maar teleurstellend. Hy betreur met reg die gebrek aan goeie, oorspronklike nuwe Afrikaanse teaterkuns en noem tien hoogtepunte van die fees, waaronder Marthinus Basson se Romeo + Julia, Chris Chameleon se Kantelson en Ian Marley se Dyslexic Alphabet tel. Dramatekste wat hy uitsonder, is Charles Fourie se Vrededorp en Saartjie Botha se Verkeer.
  • Jean Meiring meen in Rapport dat Aardklop by die Edinburgh Festival kan leer hoe om die alomteenwoordige Afrikaanse oempa-musiek te demp en meer vernuwende werk te bevorder.
  • 'n Ontstoke bruin vriendin het na KKNK 2005 aan my gesÍ dat Afrikaanse kunstefeeste eenvoudig nie rÍrig kunstefeeste is nie. "Kuns transendeer grense," het sy gereken, "maar by hierdie sogenaamde kunstefeeste drom mense saam wat skytbang vir die toekoms in hulle ou kampies wil bly. Dis net dronk Boere wat hulle saam sleg gedra in hulle eie taal."
Ek wil nie met enige van hierdie menings stry nie, maar vind dit hoegenaamd nie so maklik om te sÍ hoe Aardklop 2005, of enige van die Afrikaanse kunstefeeste wat ek al bygewoon het, nou eintlik was nie. Soveel so dat ek vir Louisemarie Combrink gebel het om my te kom help besluit hoe die fees rÍrig was. Louisemarie was kurator van die uitstalling 'n Oog vir Woorde en het saam met my aan 'n installasie vir die uitstalling gewerk. Sy het dus ook aan die fees deelgeneem en saam bier gedrink en shows en mense gekyk. Twee indrukke is beter as een, het ek gereken, en vir Louisemarie gevra om saam met my te onthou.

En toe onthou ons min of meer die volgende:

'n Vermoeiende gewurm deur 'n menslike polonie van lywe met die klank van Afrikaans, orals vol kieste en kake wat klap, stalletjies vol bont onbruikbaarhede, reusepannekoeke, Kurt Darren-erige-rige musiek vanuit alle oorde en die ATKV-verhoog en tieners met Fokofpolisiekar t-shirts en tieners met "Praat Afrikaans of hou jou bek t-shirts" en karwagte en straatkinders wat sing vir geld met 'n tweedehandse gumboot-dans sonder gumboots en ordentlike paartjies wat met pasgekoopte huisraad in Tomstraat afloop met 'n gatvol skreeuende krosie agterna en die alewige gesoek na parkeerplek en 7de Laan se akteurs wat as gewone mense onder ons verskyn en saam kroegtoonbank toe beur en SPAT-verkopertjies en Richardt se foon wat nie ophou lui met logistieke probleme nie en die blydskap van 'n skoon toilet (want ja, "ons kak [nog] almal [steeds] in die symste taal") en ook nog steeds g'n teken van Breyten Breytenbach nie behalwe in 'n bitter hartseer dokumentÍre film wat by die Boeke-Oase vertoon word en almal wat soek na sakdoeke of kleingeld of 'n meer aanvaarbare weergawe van die verlede.

En dan's daar die Dros en Neptune's en Ommihoek en al die lekker soms koue bier en die stadige diens en die toevallige mense, bekend en onbekend, goed en sleg of baie scary (soos die reusagtige ou van Boksburg wat 'n vriend aan ons tafel se bier begin drink terwyl hy vertel dat ons meisies "so mooi soos Bybelversies" is en ons wat bly is dat ons nie ons simpel, bang glimlagte hoef te sien nie, want die ou was rÍrig groot) en dan die benewelde laatnag-ontboesemings aan ou en nuwe vriende en die skielike gewaarwordingsnabootsende gevoel van groot moontlikhede en dan word 'n beweging, 'n nuwe uitgewery, 'n tydskrif en 'n band sonder toekoms gebore en dan die Disprins en skoolsale met skoolsaalreuke en die versierde houtpanele met dux-leerlinge en dooie krygers uit die "Derde WÍreld" wat die lewe in die Tweede WÍreldoorlog ver van hierdie sonnige middag gelaat het en plastiekstoele in skewe rye met handgemaakte sitpleknommers en sweterige knieŽ wat raak en Chris Chameleon wat almal oor en oor in vervoering en later op hulle voete het en later in die Banketsaal Romeo wat in 'n wye wit onderbroek en 'n motgevrete truitjie jag maak op 'n arme Julia met weerlose, skyndooie kniekoppe en mense wat "sies" uitloop en 'n ou tannie wat uiltjie knip in die eerste ry en Jana Cilliers too sexy for her skirt, so sexy it hurts, en dan weer later Andries Bezuidenhout wat speel vir 50 mense op plastiekstoele wat rÍrig luister en ons wat nÍrens anders wil wees nie en nooit weer terug wil kom nie en volgende jaar seker weer daar sal wees en hoegenaamd nie weet waarvoor anders ons dan nou eintlik mag hoop nie, want Aardklop is nogal soos die lewe of families of die Afrikaners - 'n groot en soms vreeslike gedoente waaroor niemand ooit saamstem nie, maar ook nie die soort chaos wat ooit heeltemal sonder sy teer oomblikke van intense skoonheid is nie - beslis nie iets wat 'n mens met 'n paar woorde of 'n bumpersticker kan afhandel nie.

Ek dink met ander woorde nie dat Aardklop of die KKNK 'n gebeurtenis of fenomeen is wat gelees kan word soos 'n weerberig of 'n handpalm nie. Dit is nie 'n feit soos 'n spoedboete of die uitslag van 'n rugbywedstryd nie. As Afrikaanse kunstefeeste iets beteken of verklaar, het dit myns insiens te make met die dilemma van klein volke, oftewel klein taalgroepe. Milan Kundera skryf oor klein nasies met betrekking tot sy eie Tsjeggiese volk in Testaments Betrayed. Hy sÍ onder andere die volgende:

Small nations. The concept is not quantative, it describes a situation; a destiny: small destinations haven't the comfortable sense of being there always, past and future; they have all, at some point in their history, passed through the antechamber of death; always faced with the arrogant ignorance of the large nations, they see their existence perpetually threatened or called into question; for their very existence is a question. [Ö]
An observer can be fascinated by the often astonishing intensity of their cultural life. This is the advantage of smallness: the wealth in cultural events is on a "human scale"; everyone can encompass that wealth, can participate in the totality of cultural life; this is why, in its best moments, a small nation can bring to mind life in an ancient Greek city.
Na 'n mens Dana Snyman se baie vermaaklike, soms dodelike beskrywing van Afrikaners soos waargeneem by Aardklop 2005 in Beeld gelees het, is dit seker moeilik om te sien wat die Afrikaners of Aardklop met 'n antieke Griekse stad gemeen mag hÍ. Dit is egter hoofsaaklik te wyte aan ons geÔdealiseerde idees van antieke Griekse stede wat Írens in 'n silwerskoon en spierwit geskiedkudige lugspieŽling gestol het. Destyds se Grieke was beslis nie almal van Sokratiese sofistikasie nie en die geboue was ook nie almal skoon en wit nie. Die plek het seker glad nie te vars geruik nie en die Griekse volkie was op sy eie idiosinkratiese manier bes moontlik maar net so 'n deurmekaar, verlore klomp soos die Afrikaners wat Dana beskryf. Die punt is dat daar soos op Aardklop 'n intensiteit in die kultuurarena was juis omdat alles op so 'n intieme skaal plaasgevind het. My ekstatiese ervaring van Chris Chameleon se Kantelson kan nie vergelyk word met my ewe ekstatiese belewenis van 'n Nick Cave-konsert in Hamburg nie, net soos my teleurstelling oor die kulturele afwesigheid van Breyten Breytenbach nie dieselfde is as my teleurstelling oor die feit dat JD Salinger ophou skryf het om Írens vir die wÍreld te gaan wegkruip nie. Ek voel anders oor die dood van Johannes Kerkorrel en Ingrid Jonker (al wens ek mense wil ophou dig daaroor) as oor die dood van Kurt Cobain of Jimi Hendrix, net soos ek anders voel oor Bitterkomix as oor Robert Crumb. Daar is 'n beduidende verskil in nabyheid, persoonlike emosionele betekenis en empatiese begrip. Chameleon se Kantelson het direk voor my oŽ en met my gebeur op 'n manier wat Nick Cave nie het nie. Cave en sy Bad Seeds het ek gefassineerd maar noodgedwonge deur 'n interkulturele verkyker dopgehou. Ek sou nie een van die twee belewenisse wou misloop nie, maar as ek moes kies tussen die twee, sou dit seker Chameleon moes wees. Nie omdat Chameleon "beter" was as Cave nie, maar omdat 'n mens nie jou pa se sestigste verjaardag of jou ouma se begrafnis vir iets anders van gelyke waarde, of liewer, betekenis, kan verruil nie.

Vanuit 'n ander hoek beteken dit ook dat alles wat positief aan 'n klein volkie is, tegelyk negatief kan wees. "Intimiteit" sluit "anonimiteit" uit - die gemoedelikheid van 'n dorpslewe kan nie terselfdertyd die kosmopolitaanse voordele van 'n groot stad bied nie. Wanneer Bruce Springsteen of Eminem president Bush en sy politiek veroordeel, doen hulle dit op M-TV, maar wanneer Breyten Breytenbach sy mense openlik kritiseer, mag hy nie meer op die Groot Afrikaanse Familiefoto verskyn nie. Binne 'n klein taal of volk resenseer bekendes, vriende en vyande mekaar se boeke en loop mekaar gedurig raak vir 'n nuwe onderonsie; gaan eet die gehoor en die sterre na die vertoning saam in dieselfde oorvol restaurante; dieselfde ou wat vanaand die speurder gespeel het, speel mŰreaand die moordenaar, en jy ken waarskynlik iemand wat familie is van die akteur en daai einste familielid gaan jy een of ander tyd raakloop op 'n fees soos Aardklop of die KKNK.

Dat hierdie toestand 'n mens bitter ongelukkig kan maak, is duidelik, maar dit lyk nie juis of daar enige alternatiewe is nie. Afrikaanssprekendes is nie besig om vinnig te vermeerder nie en die meeste Afrikaanses, wit en bruin, verkies steeds sport of Kurt Darren bo die kunste. Aardklop 2006 gaan dus waarskynlik min of meer soos Aardklop 2005 of 2004 wees. Ek is egter nie van plan om volgende jaar vir Chris Chameleon of 'n klomp ou vriende en nuwe kennisse mis te loop net omdat ek bang is vir die sweterige massas en die oempa-musiek of die alewige stryery op die markplein in "the little Gaulish village we know so well" nie.



LitNet: 18 Oktober 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.