Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ukkasie - die groot jollifikasie

Charles J Fourie - Londen

Die Ukkasie-kunstefees wat vanjaar vir die eerste keer in Londen gehou is, het die behoefte aan ’n kulturele samekoms vir Afrikaanssprekendes in die buiteland verwerklik.

Alle lof moet gaan aan die organiseerders, borge, kunstenaars en uitstallers wat met moeite die fees aangepak het.

Alhoewel die opkoms vir die eerste twee dae kommerwekkend traag was, het dit teen die naweek ’n toeloop vanuit alle oorde, so ver as Amerika en die Europese kontinent, gelok.

Veral opmerklik was die aantal jongelinge wat in Londen woon en werk wat die geleentheid bygewoon het. Vir hulle het die fees die kans gebied om weer familie en vriende te sien.

Maar dit was ook ’n geleentheid om saam te kuier, Suid-Afrikaanse produkte by talle van die stalletjies te koop, en Afrikaanse kunstenaars te sien optree.

Die Wembley-konferensiesentrum het vier dae lank behoorlik op Afrikaans gegons: Afrikaanse radiostasie, tydskrif, kerkdienste, feeskoerant — net waar jy kyk, alles Afrikaans!

Van die een lokaal na die ander, wat vir die duur van die fees na digters soos DJ Opperman vernoem is, was almal dit eens: “Afrikaans is en bly ons moedertaal — al woon ons hier in die vreemde.”

Maar dit was veral die opvoerings wat die heimwee na Suid-Afrika toegelig het.

Oudpremier Mathews Phosa het met die voorlees van sy gedigte vergete herinneringe aan die Afrika-vasteland aangewakker.

’n Emosioneel belaaide omhelsing tussen Clementine Mosimane en ’n gehoorlid tydens haar vertoning Moqoqopelo het die verlange bevestig.

Met optredes deur Afrikaanse sangers soos Coenie de Villiers kon gehoorlede hul verder vergul het aan die behoefte om hul taal op sy mooiste hier in die vreemde aan te hoor.

Om bietjie verligting midde al die heimwee te bring het die Grafsteensangers op hul beurt tong in die kies kom draak steek met gewilde Afrikaanse liedjies.

Bobaas-storievertellers soos Nico Nel het met hul eg Suid-Afrikaanse vertellinge die lagspiere verder geprikkel.

“Wanneer laas het ek so lekker gelag? Die Britte het mos ’n anderse humor,” het een gehoorlid tereg opgemerk.

Trix Pienaar se Wydekloof het plaasmoorde karmaties vergelyk met die Franse rewolusie en was stof tot nadenke vir talle landsverlaters.

’n Groep volkspeledansers het ook groot aftrek tydens die fees geniet — ironies genoeg onder die luide applous van jongmense.

Wat dalk daarop dui dat Afrikaanse kulturele aktiwiteite nie meer politieke bagasie hoef saam te dra nie.

Dat die fees heelhartig geslaag het in sy doel om ’n samekoms te bied vir diegene in die buiteland wat hul identifiseer met die Afrikaanse taal en kultuur, is waar.

Maar meer nog het Ukkasie ook ’n aar vir die behoud en uitvoer van Afrikaans na die buiteland raakgeboor, en behoort volgende jaar se feesbredie reeds in die pot te prut.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.