Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die tegnologie en meertaligheid

Prof HC Viljoen

Die rol wat die tegnologie in die fasilitering van meertaligheid kan speel, is omvangryk. Ek kyk vervolgens kortliks na slegs twee terreine, nl eerstens die impak van die informasietegnologie en sy rol in die onderwys, en tweedens die rol van tegnologie in die uitsaaiwese.

  • Informasietegnologie in die onderwys
    Dit word beweer dat die informasietegnologie-rewolusie ’n groter impak op die mensdom sal hÍ as wat ůf die Renaissance, die uitvinding van die boekdrukkuns, ůf die industriŽle rewolusie gehad het. Dit word beraam dat daar op 1 Februarie vanjaar meer as 2,1 miljard mense aan die internet verbind was, wat 35% van die wÍreldbevolking verteenwoordig. Die getal webbedieners het vanaf Januarie verlede jaar toegeneem vanaf 100 miljoen tot 190 miljoen in Januarie vanjaar — bykans ’n verdubbeling elke jaar! Die wÍreldstad (“global village”) is snel besig om beslag te kry, waar bykans elkeen op aarde met enigiemand anders, of enige inligtingsbron, in verbinding kan tree. Virtuele gemeenskappe kan dmv die internet met mekaar in verbinding bly, ten spyte van geografiese verspreiding.

























    En ofskoon 65% van diegene wat toegang het tot die internet, nie Engels verstaan nie (en volgens Global Reach 92% van die wÍreldbevolking nie Engels praat nie), is dit interessant om te let op die oorheersing van diť taal in die voorsiening van inligting (hoofsaaklik webwerwe) via die internet:

    Rangorde Taal Persentasie %
    1 Engels 82,3 %
    2 Duits 4,0 %
    3 Japannees 1,6 %
    4 Frans 1,5 %
    5 Spaans 1,1 %
    6 Sweeds 0,6 %
    7 Italiaans 0,8 %
    8 Portugees 0,7 %
    9 Nederlands 0,4 %
    10 Noorweegs 0,3 %
    11 Fins 0,3 %
    12 Tsjeggies 0,3 %
    13 Deens 0,3 %
    14 Russies 0,1 %
    15 Maleis 0,1 %
    Ander 5,6 %
    Totaal 100 %


    Dit beteken dat die dominansie van Engels, as die de facto lingua franca van die internet, die gevaar inhou dat die ander (selfs groot!) tale verswelg sal word en selfs mag kwyn en verdwyn! Vrese hiervoor is onlangs nog in Nederland uitgespreek tov die Nederlandse taal.

    Insiggewend is ook die dominansie van die VSA in die voorsiening van webwerwe op die internet. Tans is 70% van alle webwerwe gesetel in Noord-Amerika (VSA, Kanada en Meksiko), 20% in Europa, en slegs 10% in die res van die wÍreld. Dit is nie slegs die Engelse taal wat oorheers op die internet nie, dit is ook die kultuur van Coca Cola, Mc Donalds en Mickey Muis.

    Maar juis ook in die krag van die internet lÍ die potensiaal opgesluit vir tale — selfs heel klein tale — om hul voortbestaan te verseker, aangesien dit relatief maklik en goedkoop is om ’n webwerf te skep en in stand te hou. Die groei in webwerwe in ander tale as Engels was die afgelope twee jaar aansienlik groter as die groei in Engelstalige webwerwe: Spaans 22,4%, Japannees 12,3%, Duits 14%, en Frans 10%. Slegs 15% van Europa se halfmiljard bevolking praat Engels as eerste taal, en slegs 28% praat hoegenaamd Engels. ’n Onlangse studie toon dat slegs 32% van webgebruikers op die Europese vasteland die internet in Engels raadpleeg. Engels se dominansie op die internet is besig om snel af te neem.

    Dis vir Afrikaanssprekendes om te sorg dat hul taal op die internet gesien kan word, en vir Afrikaanssprekendes om daarop aan te dring dat webwerwe van firmas en openbare instansies in Suid-Afrika ůůk voorsiening maak vir Afrikaans en die ander nege inheemse tale in Suid-Afrika. Die webwerwe van owerheidsinstansies op nasionale, provinsiale en streeksvlak in SA is steeds uitsluitlik in Engels, ten spyte van ’n grondwetlike plig op die Staat om te sorg dat al elf tale gelyke beregtiging ontvang en die germarginaliseerde tale ontwikkel sal word. Tradisioneel Afrikaanse ondernemings se webwerwe is in baie gevalle steeds eentalig Engels.

    Tans is daar op “Die Knoop”-webwerf skakels aangebring na meer as ’n duisend webwerwe wat Afrikaans as voertaal het. Dit verteenwoordig egter maar ’n breukdeel van die totale getal Afrikaanse webwerwe, en sluit nie tweetalige webwerwe (Afrikaans en Engels) in nie. In wÍreldterme is Afrikaans se teenwoordigheid op die internet haas onsigbaar; op nasionale vlak is dit reeds duidelik sigbaar.

    Rekenaargesteunde intydse vertalingsdienste maak dit moontlik vir een internetgebruiker om met ’n ander in ’n heel ander taal via E-pos te gesels. Een so ’n diens, Systransoft, voorsien tans intydse vertaling tussen ses Europese tale (Engels, Frans, Duits, Italiaans, Spaans en Portugees). Taal sal binnekort nie meer ’n struikelblok wees vir twee mense sonder ’n gemeenskaplike taal om per E-pos of via internet-kletskamers met mekaar te gesels nie. Die informasietegnologie het die brug geslaan tussen die kloof wat sprekers van verskillende tale van mekaar skei. Insgelyks voorsien die betaal-internetdiens Worldlingo vertalingsdienste (weliswaar nie intyds nie) van dokumente tussen 17 tale, insluitende Afrikaans, Katalaans en Farsi).

    Masjienvertaling van geskrewe dokumente lewer nie altyd die soepelheid van mens-vertaling nie, maar is reeds (ook op die internet) beskikbaar om inligting uit ’n ander taal te ontsluit. Daar word dikwels grappenderwyse verwys na die masjienvertaling van die uitdrukking “The spirit is willing but the flesh is weak” as “Die drank is gewillig maar die vleis is verrot.” Navorsing op die terrein van die masjienvertaling — ook van die gesproke woord — gaan egter onverpoos voort, en verbeter daagliks. Taaldeursigtigheid (enige-taal-na-enige-taal-kommunikasie) met ’n 98%-akkuraatheid word binnekort voorsien. Masjiengesproke taal in die taalkeuse van die kliŽnt (soos bv telefoonnommernavrae) is reeds algemeen beskikbaar, en die voorsiening van diť diens word eerder vertraag deur politieke onwil as deur tegnologiese onvermoŽ. Ook aan die Universiteit van Stellenbosch word spraakherkenning en -vertaling van die gesproke woord in die inheemse Suid-Afrikaanse tale omvattend nagevors. Binne afsienbare tyd sal dit moontlik wees om in een taal te praat en in ’n ander gehoor te word oor die telefoon.

    Omdat die persoonlike rekenaar inderdaad “persoonlik” en op die indiwidu gerig is, maak die kragtige berekeningsvermoŽ van die rekenaar en die hoŽ spoed van kommunikasiestelsels dit moontlik dat elkeen binnekort in die taal van sy keuse toegang sal kan hÍ tot onderrigprogramme, hetsy via die internet of via lokale-area-netwerke (bv in skole). Dit is denkbaar dat leerlinge in ’n rekenaargesteunde klaskamer op skool ’n keuse van tale kan hÍ waarin hulle onderrig ontvang. Onderrig in eie taal (ook vir bv universiteitstudente wat verafgeleŽ van die kampus is en via die internet studeer) is dus reeds ’n realistiese moontlikheid, danksy die informasietegnologie. Daarom is dit jammer dat ’n firma soos Microsoft, ten spyte van vertoŽ deur die Vriende van Afrikaans, nog nie sy weg oopsien om die Windows-programmatuur (wat dwarsdeur skole in SA gebruik word) ook in Afrikaans beskikbaar te stel nie. Dit ten spyte van die feit dat Windows reeds in Nederlands en Katalaans beskikbaar is!

  • Die tegnologie in die uitsaaiwese
    TABEMA het reeds by etlike geleenthede by die SABC insette gelewer oor die gebruik van tegnologie om ’n uitsaaidiens in ’n meertalige land soos Suid-Afrika meer toeganklik vir ander taalsprekers te maak, en om op hierdie wyse te voldoen aan die grondwetlike verpligting vir die ontwikkeling van veral die inheemse tale. Die tegnologiese moontlikhede wat hiervoor beskikbaar is, sluit in die geval van TV in:

    — die gebruik van onderskrifte (subtitels) in ’n ander taal
    — oorklanking
    — koppeluitsendings
    — senderskeiding.

    Onderskrifte is die goedkoopste metode en word deurlopend gebruik in China, Taiwan, Israel en selfs sekere Europese lande (Nederland) om meertalige gehore te bedien. In Suid-Afrika het die SABC maar slegs onlangs hiermee begin om oa die Afrikaanse vervolgverhaalreeks 7de Laan van Engelstalige onderskrifte te voorsien, met baie groot sukses (en wat, as bonus, die reeks vir hardhorende persone meer toeganklik gemaak het).

    Koppeluitsendings (die gebruik van meervoudige klankkanale vir dieselfde videoprogram) is veral geskik vir sportkommentaar, en word oa deur Supersport gebruik, danksy die beskikbaarheid van twee klankkanale vir die enkele videokanaal op MultiChoice. Die benutting van die FM-netwerk vir alternatiewe klankkanale sou intydse kommentaar in ’n hele aantal inheemse tale deur die SABC kon voorsien.

    Senderskeiding (streeksuitsendings vir bepaalde tye van die uitsaaiskedule) sou die taaldemografie en die konsentrasie, in redelik klein geografiese gebiede, van bepaalde inheemse tale in ag kon neem. Hierdeur sou oa die gemarginaliseerde amptelike tale xiTsonga en tsiVenda (wat albei sterk streeksgebonde is) bevoordeel kon word deur programme vir ’n gedeelte van die daaglikse uitsaaityd op ’n senderskeidingsbasis in diť tale aan te bied.

    ’n Nuwe ontwikkeling is diť van satellietgebaseerde interaktiewe televisie, waardeur daar aan die program- en taalbehoeftes van die indiwidu gehoor gegee kan word.

    Ten slotte is die ontwikkeling van gemeenskapsradiodienste, waarvan die meeste sterk geografies gebonde is, gedurende die afgelope dekade as ’n belangrike medium daargestel om aan gemeenskapsbehoeftes, wat ook taalgesentreerd kan wees, te voldoen.

    Die tegnologie is die sleutel tot die ontsluiting van die taalvoorkeurbehoeftes van ’n meertalige gemeenskap en die bevordering van kommunikasie oor taalgrense heen.


    Slotbeskouing

    Dit is hoog tyd dat ons ook die ander kant van globalisering, naamlik die kragte geleŽ in die minderheidstale en -kultuurgroepe in die vrye wÍreld, besef. Soos Henryk M Broder in Der Spiegel van 25 September 2000 oor Ysland met slegs 275 000 inwoners geskryf het: “hulle taal, kultuur en literatuur word as die grondslae van hulle bestaan beskou.” En terwyl hulle met hulle rekenaars daagliks deel van die geglobaliseerde wÍreld bly, beleef hulle ’n “nasionalisme wat na binne gekeer is”.

    Enersyds ervaar ons agv die tegnologie ’n geglobaliseerde wÍreld van taal- en kulturele enersheid en selfs imperialisme of neokolonialisme. Maar andersyds, na binne gekeer, in ons veeltalige land is dieselfde tegnologie die sleutel tot meertaligheid, tot menslike ontwikkeling en kreatiwiteit in die onderskeie moedertale. Nie slegs ’n tuiste in eie taal nie, maar inderdaad bemagtiging en krag in eie taal.

    Om prakties te wees:

    ļ NÍrens in die wÍreld is taalkwessies sonder politieke ingryping en afdwingbare wetgewing oor taal bygelÍ nie. En Suid-Afrika sal geen uitsondering in die verband wees nie.
    ļ Net soos in ons daaglikse lewe rassisme ’n euwel is, sů ook is taal- en kulturele imperialisme. Die vrye naasbestaan van taal- en kulturele instellings en organisasies oor kleurgrense heen is een van die antwoorde op die probleem van ons reŽnboognasie.
    ļ Op die grondvlak en ter wille van voortdurende monitering en proaktiewe optrede benodig ons meer samewerking en koŲrdinasie tussen al die betrokke instansies. Wyle prof Johan Combrink het destyds ’n voorstel gehad oor ’n “allesweter” oor Afrikaans. In diť verband is die Taalsekretariaat op Stellenbosch wat reeds met ’n databank en infrastruktuur begin het, beslis ’n antwoord in ons rekenaargedrewe en veeltalige samelewing.
    ļ In soverre die krag en kreatiwiteit van Afrikaans op die pad vorentoe in ’n hoŽ mate sal afhang van die taal se funksies en status op akademiese en wetenskaplike gebied, sou die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns dit ernstig kon oorweeg om ’n leidende rol te speel in die daarstelling van ’n inklusiewe Afrikaanse Raad soos reeds voorgestel deur prof Hermann Giliomee.

    Samevattend dus: die voortbestaan en krag van enige taal hang ten nouste saam met die volgende universele waarhede:

  • Die mensdom sal nie weer in ons tegnologies-gedrewe wÍreld en ’n gediversifiseeerde wÍreld ’n toring van Babel kan bou nie.
  • Bemagtiging in die moedertaal, “menswees” in eie taal, gaan hand aan hand met die handhawing van die taal op alle lewensterreine.
  • Die sekerste manier om mense te ontmagtig, in te perk, te kolonialiseer, is om hulle taal te reduseer tot ’n “gemeenskaptaal” (of ’n nis- of “komtuis”-taal).
  • NÍrens in die wÍreld kan enige taal groei en as volwaardige moderne taal voortbestaan sonder tersiÍre inrigtings en ’n akademiese voedingsbasis nie.
  • Groeperings in terme van taal of godsdiens en die erkenning van groepregte en vryheid in diť verband is deel van ’n demokratiese leefwÍreld. Anders as met ’n politieke ideologie soos rasse-apartheid is ons met ons stryd om taalregte hierdie keer in pas met die res van die wÍreld en op die morele hoŽ grond.



    Prof HC Viljoen is ’n elektroniese ingenieur
    Referaat gelewer by die jaarvergadering van die Akademie

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.