Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Wat het 10 jaar se demokrasie vir meertaligheid in Suid-Afrika bereik?

Gesamentlike mediavrystelling uitgereik deur SAVI en i-MAG

Internasionale Vertaaldag 2004: 30 September

Op 30 September vier die wêreld Internasionale Vertaaldag (IVD). Hierdie dag, wat ter nagedagtenis aan die beskermheilige van vertalers algemeen bekend staan as St Hiëronimusdag, word reeds sedert 1991 deur die Internasionale Vertalersfederasie (FIT) bevorder om die openbare aandag op hierdie grotendeels onsigbare beroep te vestig.

Dit is gepas dat Internasionale Vertaaldag op die laaste dag van Suid-Afrika se Erfenismaand val, aangesien die tema vir IVD 2004 "Vertaling, die hoeksteen van meertaligheid en kulturele diversiteit" is. Hierdie spesifieke tema is des te meer gepas omdat ons ons tiende jaar van demokrasie vier en 'n opname maak van wat daar in hierdie tydperk bereik is.

In sy grondliggende bepalings gee die grondwet van Suid-Afrika die land 11 amptelike tale, en staan daar hulle moet "gelykheid van aansien geniet en billik behandel word". Daarbenewens word gestel dat die staat, gesien die historiese inkorting van die status en gebruik van die inheemse tale, maatreëls moet tref om die status van dié tale te verhoog en hul gebruik te bevorder.

Een van die maklikste maniere om dit te doen, is om bevoegde vertalers en tolke in te span. Daardeur word mense in staat gestel om hulle moedertale te gebruik - die tale waarmee hulle tuis voel en waarin hulle hul die maklikste kan uitdruk. Dan kan hulle konsentreer op die boodskap wat hulle wil oordra sonder om te wonder of die woorde wat hulle gebruik die regtes is of die beste by die situasie pas.

Suid-Afrikaners is algemeen gesproke 'n meertalige nasie; die meerderheid is meer as een taal magtig - in baie gevalle selfs drie, vier of vyf. Dit beteken egter nie noodwendig dat hulle ewe goed met al daardie tale oor die weg kom en hulle gedagtes ewe vlot in almal kan uitdruk nie.

Die feit dat so baie Suid-Afrikaners van meer as een taal gebruik maak, maak ons afgestomp, en baie mense aanvaar dat as jy twee of meer tale kan praat, jy maklik tussen die twee sal kan vertaal. Dié gevolgtrekking is nie noodwendig waar nie - party mense kan wel met verskillende tale oor die weg kom, maar slaag nie ewe goed daarin om die boodskap AKKURAAT tussen daardie tale oor te dra nie. Die algemene strekking is wel daar, maar die nuanses gaan verlore.

Dit is 'n ongelukkige toedrag van sake dat Engels steeds domineer ondanks ons grondwetlike mandaat om al Suid-Afrika se amptelike tale te ontwikkel en te gebruik. Natuurlik het die uitlewing van meertaligheid, eerder as blote lippediens aan die beginsel, finansiële en logistieke implikasies. Maar as dit 'n beginsel is wat steun verdien, dan moet daar kreatiewe oplossings gevind word. Die regering het wel stappe gedoen om die raamwerke daar te stel - die Kabinet het 'n Nasionale Taalplan aanvaar, en die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad is intussen al goed gevestig - maar wanneer die geraamte lyf moet kry, is die vordering maar bra stadig. Dit lyk nie asof taal hoog op enigiemand se agenda is nie. Daar is 'n nasionale taalliggaam vir elke amptelike taal, maar hoe dikwels hoor ons wat hulle doen? Daar was 'n pragtige regeringsinisiatief om 'n telefoontolkdiens in Suid-Afrika op die been te bring, en die proefprojek was 'n dawerende sukses, maar hierdie skip is nou skynbaar uit die vaart gehaal. Ons het uitstaande tolke in die land (dink maar aan die tolkwerk tydens die WVK-sittings), en die meeste van ons nasionale en provinsiale wetgewers is met tolktoerusting toegerus, maar hoe dikwels hoor ons ons politici ander tale as Engels praat? Ons hoor hoe verskillende tale in die Afrikaparlement, by die Verenigde Nasies en in die Europese Gemeenskap gebruik word; hoekom dan nie in Suid-Afrika nie? As die voorbeeld nie van bo af kom nie, hoe kan ons van ons kinders verwag om trots te wees op hulle taal en kultuur?

Op Internasionale Vertaaldag doen die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut 'n beroep op regering en nywerheid om die wonderlike taalhulpbronne en -erfenis waaroor ons land beskik, te benut en vir die wêreld te wys dat meertaligheid in die praktyk kan werk.

*


Vertalers en tolke vier kulturele diversiteit

Mediavrystelling

Internasionale Vertaaldag 2004: 30 September

Internasionale handel… Globalisasie… Alternatiewe tot globalisasie… Maatreëls teen konflik… Die wêreld beweeg, en kommunikasie speel 'n steeds groter rol. Maar moet die kompleksiteit van hierdie omstandighede ons dwing om ter wille van die eenvoud terug te staan vir 'n "lingua franca", of moet ons afsonderlike identiteite, kulturele verskeidenheid en inheemse tale verdedig? Die antwoord is duidelik, en UNESCO het dit aangeroer in sy universele verklaring oor kulturele diversiteit: "Kulturele diversiteit is net so noodsaaklik vir die mensdom as wat biodiversiteit vir die natuur is."

Dit word wel nooit gesê nie, maar nogtans sou hierdie diversiteit en die gepaardgaande regte nie sonder die diskrete teenwoordigheid - die alomteenwoordigheid - van vertaling gewaarborg kan word nie. Vertalers en tolke is permanent betrokke by die kern van kommunikasie, voortdurende oordraers van idees en aksies wat gestalte gee aan die wêreld waarin ons leef. Vertaling is dus terselfdertyd 'n meertalige kommunikasievektor en sinoniem met 'n oopmaak buitentoe na andere en 'n openheid vir demokrasie.

Op 30 September vier die wêreld Internasionale Vertaaldag (IVD), en dit bied ons die geleentheid om oor die rol van hierdie meestal onsigbare professie te besin. Vanjaar is die tema van Internasionale Vertaaldag, wat heel toepaslik op die laaste dag van Suid-Afrika se Erfenismaand val, "Vertaling, die hoeksteen van meertaligheid en kulturele diversiteit".

Suid-Afrika besit 'n ryke kulturele erfenis, en vertalers en tolke speel 'n lewensbelangrike rol in die handhawing en die verspreiding van kennis van hierdie erfenis. Daar word natuurlik 'n enorme hoeveelheid werk op internasionale vlak gedoen, maar ook hier op die tuisfront dra vertalers tot onderlinge begrip en respek by.

Hierdie bydrae word op verskillende maniere gelewer, maar een van die opvallendste is die vertaling van literatuur. Literatuur gee uitdrukking aan 'n nasie se siel, en blootstelling aan die literatuur van andere help ons om hulle beter te verstaan en hulle kulturele rykdom te waardeer. In 2000 het die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut 'n Toekenning vir Voortreflike Vertaling ingestel met die oogmerk om, onder andere, "begrip tussen kulture" te bevorder en "om bewustheid van die rol van vertalers in die vereniging van die mense van Suid-Afrika te verhoog". Die 2003-toekenning is aan Antjie Krog gemaak vir haar vertaling van inheemse digkuns in haar bloemlesing Met woorde soos met kerse. Sedertdien het Me Krog nog 'n bloemlesing die lig laat sien, hierdie keer vertalings van poësie van die San: Die sterre sê Tsau. Hierdie werke het 'n verskeidenheid kultuurgoedere vir die res van die nasie asook vir die internasionale leserspubliek ontsluit. Dit is maar een voorbeeld van die waarde van die vertaalberoep.

'n Paar interessante feite:

  • Het u geweet dat die Bybel in 414 tale vertaal is, en sommige Bybelboeke selfs in 1 941 tale en dialekte? Afrika is op die voorpunt, met volledige Bybelvertalings in 153 tale en dele van die Skrif in 'n verdere 512 tale en dialekte!
  • Het u geweet dat Asterix en Tintin (Kuifie) albei in meer as 40 tale of dialekte vertaal is?
  • Die 10 outeurs/boeke wat die meeste vertaal is (oor die 1 500 vertalings elk) is Walt Disney Produksies, Agatha Christie, Die Bybel, Lenin, Jules Verne, Barbara Cartland, Enid Blyton, William Shakespeare, Hans Christian Andersen, en die Grimm Broers.

Uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut www.translators.org.za Skakel vir verdere inligting of onderhoude: Marion Boers 011 803 2681
Wilna Liebenberg 021 976-9563

Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut
Posbus 27711
Sunnyside
0132
Tel/faks: (011) 803-2681.
E-pos: publications@translators.org.za
Webwerf: www.translators.org.za

Die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut is die enigste professionele liggaam wat vertalers en tolke in Suid-Afrika verteenwoordig en het meer as 600 lede wat gesamentlik in ongeveer 50 verskillende tale werk. Die Instituut akkrediteer vertalers en konferensietolke asook taalversorgers en terminoloë.

  • Click here for the English version



    LitNet: 28 September 2004

    Have your say! To comment on this piece write to webvoet@litnet.co.za, and become a part of our interactive opinion page.

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.