Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Verslag oor taaldinkskrum, 2 — 5 Oktober 2000

    Sakesektor

    A. Huidige probleme

    Die volgende probleme is tydens die besprekings op 2 en 3 Oktober uitgelig:

    1. Politieke probleme
    2. Koste en tyd
    3. Dienslewering
    4. Vaardighede en bronne
    5. Globalisering

    1. Politieke probleme

    Daar is ’n dringende behoefte aan ’n taalbeleid wat as regsraamwerk kan dien. Die gebrek aan ’n taalbeleid veroorsaak dat daar meestal op Engels teruggeval word. Die gebruik van ander tale sal aangemoedig word wanneer so ’n beleid ingestel is. Dit kan egter nie gebeur as die nodige politieke ondersteuning vir veeltaligheid afwesig is nie. Of so ’n beleid aan alle deelnemers se verwagtinge sal voldoen, is steeds ’n ope vraag.

    2. Koste en tyd

    Die koste wat aan die gebruik van al elf tale verbonde is, word deur nasionale maatskappye as ’n struikelblok beskou. Om handel in al elf tale te dryf, is onprakties en ’n vermorsing van tyd. Die kommunikasie-onkoste van maatskappye sal die hoogte inskiet en die proses vertraag. Die keuse lÍ uiteindelik tussen ekonomiese besparing en kulturele behoeftes. Maatskappye skuil dikwels agter die koste-ondoeltreffendheid van veeltaligheid en praktiese oorwegings as redes vir die oorheersing van Engels. Of die argument dat veeltaligheid nie koste-doeltreffend is al ooit wetenskaplik bepaal is, moet egter bevraagteken word.

    3. Dienslewering

    Diente word nie in die kliŽnt se moedertaal gelewer nie. Praktiese diensleweringstrategieŽ, soos die verskaffing van kontrakte in meer as een taal, kry geen erkenning of aandag nie. Die aard van die gemeenskap, of dit stedelik of landelik is, bepaal watter taal gebruik word as dienste gelewer word. Die feit dat die bevolking gedurig verander as gevolg van die verskuiwing tussen provinsies, gee aanleiding tot die gebruik van ’n taal wat nie algemeen bekend is nie. Wanneer taalbehoeftes bepaal word, moet die belangrikheid van die noue verband tussen taal en kultuur nie uit die oog verloor word nie. Die taal in advertensies is gewoonlik nie die moedertaal van die meeste mense in die provinsie nie.

    4. Vaardighede en bronne

    Werknemers se taalvaardighede is onvoldoende. Verskeie redes, soos nie-moedertaal onderrig en ongeletterdheid, is hiervoor verantwoordelik. Vernuwing en kreatiwiteit word onderdruk omdat werksverrigtinge in ’n tweede taal plaasvind. Vaardigheid in Xhosa is in hierdie verband ’n dringende probleem. Kommunikasie op tegniese gebied word verhinder deur die tekort aan tegniese terminologie wat in sekere tale onderontwikkel is. Die probleem word verder vererger deur die feit dat die meeste opleidingshandleidings in Engels is en tegniese taal word gebruik.

    5. Globalisering

    Globalisering het ’n toenemende uitwerking op die taalgebruik in die privaat sektor. Deelnemers in die globale wÍreld en aan e-handel voel hulle genope om in Engels te kommunikeer. So is die internet byvoorbeeld in Engels.

    B. Ideale scenario

    Die ideale scenario wat deur die deelnemers geskets is, kan in drie hoofkategorieŽ verdeel word:

    1. Beleid en begroting
    2. Taalhoudings
    3. Vaardighede en ontwikkeling

    1. Beleid en begroting

    ’n Taalbeleid wat geÔmplementeer word om aan almal se behoeftes, verwagtinge en vereistes te voldoen. Genoegsame voorsiening vir taaldienste word in die begroting gemaak. Taal-verwante probleme word op ’n doeltreffende manier opgelos. Xhosa word tot gelyke status met die ander tale verhef. Tale word binne ’n spesifieke kulturele omgewing bevorder. ’n Gemeenskap erken ten minste twee tale. ’n Doelgerigte ombudsman word aangestel. Erkenning word aan taalverspreiding gegee, byvoorbeeld in ’n gebied waar een taal oorwegend gepraat word, soos in Bellville wat 80% Afrikaanssprekend is.

    2. Taalhoudings

    Die taalvoorkeur van die kliŽnt word gebruik en gerespekteer. Veeltaligheid lewer ’n bydrae tot wins omdat dit kreatiwiteit toelaat en die mark optimaal benut. Veeltaligheid word deur die hele maatskappy as belangrik beskou en almal strewe daarna om al drie amptelike tale te praat en mekaar te verstaan. Handelsondernemings besef dat e-handel in meer as een taal bedryf kan word. Engels kan as lingua franca gebruik word om handel ekonomies en prakties te bedryf.

    3. Vaardighede en ontwikkeling

    Deskundiges word uit elke taalgroep aangestel om taalverwante funksies te verrig. Terminologie word op hoŽ vlak in al drie tale van die Wes-Kaap ontwikkel. Alle regs- en tegniese dokumente word in drie tale vrygestel. Kinders moet op skoolvlak aan drietaligheid bekendgestel word, en respek, verdraagsaamheid en waardering vir ander se tale moet aangekweek word.

    C. Moontlike kreatiewe oplossings

    Kreatiewe oplossings wat volgens die deelnemers na ’n beter taalbedeling kan lei, kan in die volgende kategorieŽ verdeel word:

    1. Beleid
    2. Opleiding
    3. Tolk- en vertaalwerk
    4. Regering en onderwys
    5. Taal- en kultuurbewustheid

    1. Beleid

    Die Taalkomitee behoort maatskappye te help om as deel van die maatskappy se kommunikasiestrategie ’n taalbeleid saam te stel. Die maatskappy sal dan gerat wees om taalverwante navrae te hanteer. Sake-ondernemings kan ’n taalbestekopname van kliŽnte in elke streek doen. ’n Ombudsman kan aangestel word om die gebruik van die drie amptelike tale in die Wes-Kaap te monitor.

    2. Opleiding

    Die taalvaardighede van werknemers kan verbeter word deur taalopleiding toeganklik te maak. Slypskole om basiese taalvaardighede, soos hoe om ander werknemers in hul eie taal te groet, aan te leer, moet aangebied word. ’n Sentrale taaldiensburo kan andersinds ingestel word om navrae te hanteer. Rekenaartegnologie kan hiervoor aangewend word, of anders kan ’n taalwerker in die kommunikasie-afdeling van elke sake-onderneming aangestel word. Ervare taalopleiers wat opleidingsessies aanbied, sal kommunikasie verbeter, en terselfdertyd vertaalkoste van opleidingshandleidings bespaar.

    3. Tolk- en vertaalwerk

    Tolke kan as fasiliteerders in vergaderings gebruik word. Intensiewe opleiding van aspirant tolke behoort aandag te geniet. Daar behoort ’n vertaaldiens vir elke bedryf te wees. Interne tydskrifte moet in die Wes-Kaap in drie tale uitgegee word.

    4. Regering en onderwys

    Belastingvrystelling behoort aan maatskappye aangebied te word as aansporing om veeltaligheid te bevorder. Veeltaligheid behoort ’n vereiste te wees wanneer uitnodigings en aansoeke om tenders ingestuur word. Skole moet die nuwe geslag voorberei om aan ’n veeltalige omgewing gewoond te raak. Opvoeders moet in drie tale her-opgevoed word. Sulke stappe sal ’n veeltaligheidsbewustheid kweek.

    5. Taal- en kultuurbewustheid

    Die film- en televisiebedryf behoort meer inheemse films te vervaardig om ’n bewustheid van inheemse kulture aan te wakker en die veramerikaniseringsproses teen te werk. ’n Liggaam wat die gebruik van Xhosa aanmoedig, moet in die lewe geroep word. Die sakesektor moet van kliŽnte se ontevredenheid oor taalsake bewus gemaak word.

    boontoe


    NOT FOUND